<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 6

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 2

Om ‘n kanon te sing

MUSIEK

Aktiwiteit 1:

Om ‘n kanon te sing

[lu 3.5]

STAP 1

  • Hier volg die notasie van die kanon Viva la Musica .

  • Gee ‘n grafiese voorstelling van die melodie van al drie frases:
Frase 1
Frase 2
Frase 3

STAP 2

  • Kies die regte beskrywing t.o.v. van die melodie:
Frase 1 Het ‘n sprong Beweeg hoofsaaklik trapsgewys
Frase 2 Het ‘n sprong Beweeg hoofsaaklik trapsgewys
Frase 3 Het ‘n sprong Beweeg hoofsaaklik trapsgewys
  • Kies die regte beskrywing t.o.v. van die ritme:
Frase 1 Voortstuwend Minder beweging en sinkopasie Herhaling van vorige frase
Frase 2 Voortstuwend Minder beweging en sinkopasie Herhaling van vorige frase
Frase 3 Voortstuwend Minder beweging en sinkopasie Herhaling van vorige frase

STAPPE 3 en 4

  • Verdeel in groepe en volg Juffrou se instruksies.
  • Die klankkleur verander deurdat harmonie gevorm word. Dieselfde harmonie word deurgaans gebruik.
Kies die woord wat die beste pas:
HARMONIE RITME MELODIE
Hoe lank of kort die note is
Die wysie
Die saamklink van note

Aktiwiteit 2:

Om ‘n twee-stemmige lied te sing en warm en koue klanke te produseer

[lu 3.5]

Stap 1

  • Hier volg ‘n tradisionele Zulu-kinderlied: Siyanibingelela (Ons groet julle).

Stap 2

  • Verdeel in twee groepe (warm en koud) en volg Juffrou se instruksies om die lied twee-stemmig te kan sing.

Stap 3

  • Probeer die volgende en luister goed na die verskil:
KOUD WARM
Klap met plat hande Klap met geronde hande
Skud blikkie met klippies Plaas jou hand bo-op die blikkie en skud dan
Slaan ‘n hangende driehoek met ‘n metaalstokkie Hou die driehoek in die hand en slaan dan met die stokkie daarop
Klap jou tande op mekaar - oopmond Klap jou tande op mekaar – toemond
Helder, skerp oopklanke Dowwe geslote klanke(meer resonant)

Voeg nog voorbeelde by , m.a.w. twee verskillende klanke op dieselfde instrument.

STAP 4

  • Volg Juffrou se instruksies en voer die lied uit met ‘n “instrumentale” tussenspel.

Aktiwiteit 3:

Om twee verskillende liedere te kombineer en te sing as ‘n twee-stemmige lied

[lu 3.5]

STAP 1

  • Hier volg twee liedere, een Afrikaans en een Engels!

Dié twee liedere se karakter verskil – albei klink verskillend. Hoekom?

  • My persoonlike opinie: (Kies geskikte beskrywing)
Kleure meer ritmies meer melodies
Kleure manlik vroulik
John Brown meer ritmies meer melodies
John Brown manlik vroulik

STAP 2

Verdeel in twee groepe bv. dogters (vroulik en melodies) en seuns(manlik en ritmies).

  • Dogters sing Kleure en onmiddellik daarna volg seuns met John Brown.
  • Ons gaan nou die twee liedere kombineer. Lees ? op ‘n fluisterstem deur in die twee groepe – volg die polsslag wat Juffrou aangee

STAP 3

  • Sing die lied twee-stemmig! Wanneer twee liedere saamgesing word kry ons ‘n nuwe lied. Sekere elemente van die musiek moet egter dieselfde wees.

Stap 4

  • Juffrou sal nou ‘n begeleiding byvoeg. Kan jy hoor dat dieselfde akkoorde gebruik word, anders sal dit verkeerd klink!

Stap 5

  • Sing nou ? op la-la of ander klanke.

STAP 6

  • Probeer die Skoollied of Nkosi Sikilel'i Africa en John Brown saam!

Dit klink nie goed nie!

Hoekom nie?

. Voltooi die volgende kontrolelys: JA NEE
Ek kan John Brown sing
Ek kan Kleure sing
Ek kan saam met my groep sing
Ek kan die tempo hou

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ALGEMEENt.o.v. 3.1 – 3.6 hieronder, die volgende toon:
  • samewerking met ander lede van ‘n groep gedurende kunsaktiwiteite;
  • die vermoë om eie bydraes binne groepverband te lewer;
  • aanvaarding van medeleerders;
MUSIEK (3.5)
  • in ‘n groep – kanons, ronde- en tweedelige liedjies vanuit minstens drie kulturele tradisies kan sing en/of speel;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11006/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask