<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Navorsingstaak

Ouerpaar in China beboet oor hulle ‘n derde kind kry

Elke leerder moet ‘n navorsingstaak in hulle portefeulje hê. U sal die leerders moet help met bronne wat hulle kan gebruik. Dit is ook belangrik in UGO dat daar kruisbestuiwing tussen die verskillende leerareas moet wees. U kan dus vir die Aardrykskunde-mense vra om u te help deur hieroor met die leerders te gesels.

  • Gebruik die matriks om die taak na te sien.

AKTIWITEIT 2

‘n Taaloefening Lydende en Bedrywende vorm

1. ‘n Tweede seun is (deur die egpaar) gekry.

2. Sy vrou is (deur die sakeman / hom) na ‘n ander stad gestuur.

3. Die wet sal nie weer (deur hulle) oortree word nie.

4. Sowat 70 000 yuan word per jaar (deur die Zhangs) verdien.

5. China se wet is (deur hulle) oortree.( ) = opsioneel

AKTIWITEIT 3

Nog ‘n taaloefening

Sout in seelug is natuur se “lugskoonmaker”

Homofone

Skakel die lig aan, asb.

Homonieme

1. Die hond byt my.

2. Ek lug my mening.

3. Ek skrop my vuil hande.

4. Ons span die perde in.

Lande en Volke

1. Gautenger

2. Kapenaar

3. Suid-Afrikaner

4. Bellvilliet

5. Israeliet

6. Chinees

7. Gautengse

8. Kaapse

9. Suid-Afrikaanse

10. Israeliese

10. Chinese

Meervoude

1. rugsakke

2. rûe

3. prosesse

4. projekte

5. programme

6. bedrae

7. egpare

8. ouerpare

9. krokodille

10. klapmusse

Voegwoorde

1. Seesproei help om lugbesoedeling teen te werk, aangesien dit (seesproei) souterig is.

2. Besoedelde lug word gereinig, indien dit (besoedelde lug) van die land oor die see beweeg.

3. Voegwoord: Laat leerders in hul eie woorde die samevoegingsfunksie van die voegwoord beskryf.

AKTIWITEIT 4

Kom ons wees kreatief “Groen” trouskepping van herwinde papier

KLASGESPREK

Hier kan u baie lekker gesels oor die kwessie van besoedeling, herwinning, die Aardeberaad wat in 2002 in Gauteng gehou is, ens.

Die leerders kan weer artikels uit tydskrifte en koerante bring wat oor hierdie tema handel. Vra ook dat hulle spesifiek advertensies/plakkate bring. As u nog nie ‘n voorbereide leespunt het nie, kan u dit nou laat doen.

STELWERK (kreatief)

Gebruik van die leerders se advertensies en plakkate wat hulle gebring het, bv. spesifiek aan “Hou die Kaap in die haak” en wat van Zibi? Zip dit in ‘n Zibiblik! Daar was ook iets soos, “Is jy die Jors wat die plek bemors?” Dit kan goed werk saam met die gedig wat volg.

  • ‘n Matriks wat u kan gebruik by die beoordeling van die plakkate is ingesluit.

GEDIG

U kan baie tyd spandeer aan die verskynsel van dialekte in Afrikaans. Dink aan die Trônsvôlers, die Namakwalanders, Malmesbury se bryers, ens.

As u miskien ‘n episode van die destydse televisiereeks, Manakwalanders, kan opspoor, kan u dit vir die leerders wys. Dan kan u ‘n opdrag uitwerk wat kan dien as ‘n respons op teks wat in die portefeulje geplaas kan word. Of miskien kan u ‘n program waarin bv. spesifiek die Kaapse dialek gepraat word, gebruik. Daar is baie van hulle.

Dink ook aan die roman, Diekie van die Bo-Kaap . Daar was sprake dat ‘n rolprent daaroor gemaak word. Miskien word dit vrygestel en dan het u wonderlike materiaal om mee te werk.

Verder is daar honderde gedigte wat spesifiek in die Kaapse dialek geskryf is. Spandeer gerus tyd om nog sulke gedigte met u kinders te lees en te bespreek.

Doen byvoorbeeld Ek is oek important

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask