<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Uit: Jip, 9 Sept. 2002

KLASGESPREK

  • Terwyl julle as klas oor die volgende praat, kies die korrekte of beste gedagtes en skryf hulle neer.

1. Aardeberaad: Wanneer en waar is die laaste Aardeberaad gehou? Wat is die doel daarvan?

2. Herwinning van afvalmateriaal: Doen ons genoeg?

3. Besoedeling: Hoe lyk dit in Suid-Afrika?

LU 2.4

STELWERK (kreaktief)

  • Ontwerp jou eie plakkaat om mense aan te moedig om te herwin. Dink aan ‘n treffende sin of twee.
  • IS DIE PLAKKAAT ‘N BEWYS DAARVAN DAT EK MY BESTE WERK GELEWER HET?
LU 4.2

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
2.2 idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe akkuraat en samehangend oordra deur ‘n verskeidenheid feitelike, mondelinge tekssoorte te gebruik;
2.4 gevorderde interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings, gesprekke, debatte en ondersoeke deel te neem.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf
Dit word bewys as die leerder:
4.1 ‘n wye verskeidenheid verbeeldingstekste skryf om die kreatiewe, kritiese en speelse gebruik van taal te verken deur die skryf van gedigte en briewe;
4.2 ‘n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste vir verskeie doeleindes lewer deur waar gepas, visuele beelde en ontwerpe in die volgende te gebruik: e-boodskappe, verslae oor aktuele sake, advertensies, plakkate, boek- en filmresensies, ooggetuieverslae, koerantberigte, cv’s, persbriewe, aansoekbriewe, dekbriewe, agenda en notule van vergaderings.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
  • denk- en redenasievaardighede, identifisering van skrywer se standpunt en perspektief, oorsaak ontleed, redenasies wat logika duidelik maak en/of reaksies en teenkanting antisipeer, argumente en alternatiewe, feite om argumente te staaf, eie ervaring om standpunt te verduidelik, vrae, afleiding en analise vir kreatiewe en probleemoplossende denke;
5.2 taal gebruik om te ondersoek:
  • vrae oor nasionale vraagstukke bv MIV/VIGS, herken dubbelsinnigheid, verkeerde gebruik van bewyse, moontlikhede bevraagteken en oorweeg, uitbreiding van bronne en metodes om inligting te vind, toenemend ingewikkelde projekte.
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
  • spelreëls en –strategieë, eie spellys vir moeilike woorde, gebruik van hoofletters en skryftekens, die woordeboek en tesourus gebruik, afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels gebruik om woordeskat uit te brei, woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat uit te brei, die leen van woorde deur tale en die ontstaan van nuutskeppings verstaan, sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme verstaan en gebruik, alledaagse afkortings en anonieme gebruik;
6.2 met sinne werk:
  • voornaamwoorde, hoofwerkwoorde, medewerkwoorde en deelwoorde, adjektiewe, bywoorde, voegwoorde, determineerders, telwoorde, tussenwerpsels, voorsetsels, grammatikale verskil tussen die funksie van sinsoorte, gebruik van sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp, bywoordelike en byvoeglike bepalins, hoofsinne en bysinne, tydsvorme, woordorde, aktiewe en passiewe vorm, verandering van sinne van direkte na indirekte rede en andersom, ontkennende vorm, punktuasie;
6.4 ontwikkel bewustheid van styl:
  • sinslengtes en sinsoorte, formele en informele taalgebruik, idiomatiese uitdrukkings en taalidioom.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask