<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 9

Module 2

AKTIWITEIT 1:

Navorsingstaak

Jy moet ‘n navorsingstaak doen, wat behels dat jy inligting inwin om bepaalde vrae te kan beantwoord.

Inwin van inligting en beantwoording van vrae (navorsing).

  • Lees onderstaande beriggie en doen dan die navorsing soos beskryf. Vra jou opvoeder ongeveer 2 weke tyd om die stuk te voltooi.
  • Onthou, hierdie taak gaan elke kwartaal deel van jou punt vir Afrikaans uitmaak.

Ouerpaar in China beboet oor hulle ’n derde kind kry

BEIJING. – ’n Sakeman en sy vrou is met ’n rekordbedrag van 420 000 yuan (meer as R500 000) beboet omdat hulle China se wet van een kind per ouerpaar oortree het. Die Zhang-egpaar van die provinsie Jiangsu het ’n tweede seun gekry. Hulle het ook ’n dogter. Die sakeman het glo sy vrou na ’n ander stad gestuur om die geboorte stil hou, maar die owerhede het dit agtergekom. Kragtens wet mag ’n Chinese paar met tot ses keer hul jaarlikse inkomste beboet word as hulle die eenkind-wet oortree. Die Zhangs verdien sowat 70 000 yuan per jaar. – (Sapa-AFP)

Uit: Die Burger, 10 Sept. 2002

Bevolkingsontploffing lei tot gedwonge enkelkind-gesinne.

  • Sal Suid-Afrika in China se voetspore moet volg?
  • Het ons die nodige hulpbronne ? (water, kos, ens.)
  • Wat is ons bevolkingsgroei? (geboortes en sterftes)
  • Win die mening van ander in of versamel inligting uit toepaslike bronne in en skryf ‘n navorsingsverslag van 300 woorde oor die drie punte.
  • Liasseer jou navorsingstaak in jou portefeulje.
LU 5.1 LU 5.2

AKTIWITEIT 2:

’n Taaloefening

Lydende en Bedrywende vorm

Voorbeeld:

Bedrywend Lydend
Teenwoordige tyd: Die hond eet die been. Die been word deur die hond geëet.
Verlede tyd: Die hond het die been geëet. Die been is deur die hond geëet.
Toekomende tyd: Die hond sal die been eet. Die been sal deur die hond geëet word.
  • Doen nou dieselfde met die volgende: (Begin met die onderstreepte gedeelte.)

1. Die egpaar het ‘n tweede seun gekry.

2. Die sakeman het sy vrou na ‘n ander stad gestuur.

3. Hulle sal nie weer die wet oortree nie.

4. Die Zhangs verdien sowat 70 000 yuan per jaar.

5. Hulle het China se wet oortree.

LU 6.2

AKTIWITEIT 3:

Nog ’n taaloefening

Ons gaan nou weer aandag aan taalverskynsels gee. Maak seker dat jy die werk verstaan.

  • Lees die koerantberig en doen dan die daaropvolgende opdragte.

Sout in seelug is natuur se ‘lugskoonmaker’

WASHINGTON. – Die souterige sproei van die see gee skynbaar nie net die lug ’n verfrissende byt nie, maar ook ’n goeie skrop. ’n Span Israeliese navorsers het verlede maand berig dat seesproei help om lugbesoedeling teen te werk. “Die gevolgtrekking is dat die lug wat naby die see-oppervlak ingeasem word, skoon is vanweë die souterigheid in die oseaan,” het Daniel Rosenfeld van die Hebreeuse Universiteit in Jerusalem gesê. “Ons het ’n proses ontdek waarvolgens die natuur skynbaar besoedelde lug taamlik doeltreffend kan ‘reinig wanneer dit van die land oor die see beweeg,” het hy gesê.

Uit: BuiteBurger, 10 Sept. 2002

Homofone en Homonieme

  • Homofone is woorde wat dieselfde klink, maar verskillend gespel word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask