<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 1

Alles oor my

Module 1

My gesin

Ons kry verskillende soorte gesinne. bespreek.

  • Sommige mense het een groot gesin.
  • Sommige mense het ’n klein gesin.

My gesin

Teken jou gesin :

Dit is my gesin!

My gesin

  • Sê vir jou vriende wat jou pa, ma, broers en susters se name is.
Ja Nee
Ek het een gesin.
Ek het twee gesinne.
  • Hoe voel jy wanneer jy tuis is? Kleur die gesiggie in wat wys hoe jy voel wanneer jy tuis is.

  • Verbind die blokkies wat by mekaar pas.
  • Bespreek die prente.

Bespreek die prent:

  • Wie doen wat in die huis? Bespreek in groepe.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
lewensoriënteringLU 2
SOSIALE ONTWIKKELING:Die leerder kan begrip van en ‘n verbintenis tot konstitusionele regte en verantwoordelikhede toon, asook sensitiwiteit vir verskillende kulture en godsdienste.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.3 verhoudings met gesins- en familielede en die uitgebreide familie kan verduidelik.
GESKIEDENISLU 2
HISTORIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder kan historiese kennis en begrip toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 eie en ander mense se ervarings in die verlede en die hede kan bespreek;
EBWLU 2
VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELINGDie leerder kan begrip van heropbou, volhoubare groei, en ontwikkeling toon en krities oor verwante prosesse nadink.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 spanwerkvaardighede toon wanneer take by die skool onderneem word.
KUNS EN KULTUURLU 1
SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGDie leerder kan werk skep, dit interpreteer en aanbied in elk van die verskillende kunsvorms – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.3 ( drama ) – deelneem aan eenvoudige dialoog en aksiereekse wat gebaseer is op bekende ervarings in eie gesin of gemeenskap;1.9 ( visuele kunste ) – betrokke raak by skeppende kunsprosesse deur die sintuie en emosies te gebruik om ontwerpelemente te verken, met die klem op primêre kleure en lyn;1.10 ( visuele kunste ) – ontdek eenvoudige geometriese vorms soos lyne en vierkante.
LU 2
REFLEKTERINGDie leerder kan krities en kreatief reflekteer op artistieke en kulturele prosesse, produkte en style in die verlede en die huidige kontekste.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.6 (visuele kunste) -verduidelik wat in eie kuns oorgedra word en wat die leerder dink in ander se kunswerke oorgedra word;2.7 (saamgesteld) – stories vertolk deur spel, fantasie en die verbeelding.
LU 3
DEELNAME EN SAMEWERKING:Die leerder kan persoonlike en interpersoonlike vaardighede deur individuele en groepdeelname in Kuns- en Kultuuraktiwiteite demonstreer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.7 (saamgesteld) – besluite neem en keuses maak en instruksies in kunsaktiwiteite volg.

Memorandum

Die familie/gesin

  • Leerders vertel vir die klas van iets wat gebeur het toe hulle baie klein was. Voer ook ‘n onderhoud met ‘n ouer of grootouer. Hulle kan vir die klas van hulle ondervindinge kom vertel (Gesk. 2.1). Leerders bring iets van die huis af wat baie jare gelede deur hulle ouma/oupa gebruik is (Gesk. 3.3).
  • Verdeel die klas in groepe. Elke groep moet een van die stories kies wat hulle van hulle ouers/grootouers vertel het en dit dan dramatiseer (K+K 1.3; 2.7 ).
  • Leerders verf ‘n prent van hulleself. Maak gebruik van verskillende materiale vir klere, hare en oë. (lap, gras, tydskrifte, ens.). Teken ‘n raam met patrone rondom die prent en maak van verskillende vorms en kleure gebruik. Leerders wys dit vir die res van die klas en verduidelik wat hulle gedoen het (K+K 1.9; 1.10; 2.6; 3,7).
  • Elke leerder bring ‘n foto van die gesin skool toe. Wys die foto vir die klas en vergelyk die ouderdomme en verskillende gesinslede met mekaar. Maak van die verskillende woordeskat soos oud, jonk, middeljarig, ens., gebruik. Sien werkvel (Gesk. 2.2). Laat hulle hulle gesin teken.
  • Prentebespreking: ‘n Gesin wat besig is met daaglikse aktiwiteite. Bespreek op watter manier jy vir jou gesin kan wys jy gee om vir hulle en watter soort gedrag ‘n ander persoon seermaak. Wat ervaar hulle as negatief en as positief. Verduidelik eers die twee begrippe. Kleur werkvel in.
  • Leerders verdeel weer in groepe. Dramatiseer ‘n dialoog waar ‘n gesin eers wys hulle gee vir mekaar om en daarna weer waar ‘n gesin twis (K+K 1.3; EBW 2.2).
  • Leerders ontwerp en maak ‘n fotoraam vir die gesinsfoto. Wys en bespreek die verskillende soorte vorms en rame wat ‘n mens kry. Leerders ondersoek watter soort materiaal vir ‘n raam gebruik kan word. Verduidelik die verskillende stappe. Leerders voltooi die werkvelle om al die verskillende materiale te herken wat hulle vir die raam benodig, asook die ontwerp van die raam. Evalueer die produk (Teg. 1.2 – 1.4).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11102/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede' conversation and receive update notifications?

Ask