<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 6

Ontwikkeling van die mediese wetenskap

Module 2

Jenner oorwin pokke

Verskeie wetenskaplikes het aan die begin van die 19de eeu hard gewerk om middels teen dodelike siektes te vind. Siektes waaraan mense tot onlangs oorlede is, soos pokke, hou vandag nie meer so 'n groot gevaar vir die mens in nie.

Wetenskaplikes is deesdae besig om teenmiddels vir ander siektes wat die mens bedreig, byvoorbeeld kanker en MIV/VIGS, te soek.

In die volgende afdeling sal julle uitvind watter persone belangrike bydraes gelewer het om gevaarlike siektes te oorwin.

a) Die stryd teen pokke

Lees meegaande artikel en beantwoord die vrae wat volg:

VERSKRIKLIKE RAMP TREF KAAPSE SAMELEWING

Kasteel die Goeie Hoop, 31 Desember 1755. Vanjaar is die Kaap weer getref deur die vreeslike poksiekte wat in 1713 so kwaai oor die hele land gewoed het. In daardie jaar het 'n skip Kaapstad aangedoen met matrose wat pokke onder lede gehad het. Honderde mense het gesterf en in die binneland is veral die Khoina swaar getref. Hele Khoina-stamme het uitgesterf, en dit het die mag van die Khoina finaal gebreek.

Gedurende 1755 het 987 Vryburgers en 492 slawe aan die Kaap aan pokke gesterf. Op die platteland was die siekte nie so erg nie, waarskynlik omdat die boere van die Kaap af weggebly het toe hulle van die pokke gehoor het.

Die besmetting is na die Kaap gebring deur 'n skip wat vanaf Ceylon (Sri Lanka) gekom het. Klere van mense wat aan pokke oorlede is, is deur ander mense opgekoop en so het die siekte vinnig versprei. Die goewerneur het daarna streng maatreëls getref om te keer dat die siekte nie weer na die Kaap gebring word nie.

Op 7 April 1756 is ‘n dag van verootmoediging en gebed gehou.

Aangepas uit: A. Boëseken: Die Nuusbode

Aktiwiteit 1:

Om jou verduidelikings oor pokke met relevante getuienis te staaf

[lu 1.3]

(i) Hoeveel pokke-epidemies het die Kaap getref? Skryf ook neer hoeveel mense ongeveer met elke epidemie gesterf het.

(ii) Skryf twee dinge neer wat veroorsaak het dat die mense aan die Kaap pokke gekry het.

(iii) Waarom is die mense op die platteland nie so erg deur die siekte getref nie?

(iv) Jy is goewerneur aan die Kaap en jy moet sorg dat die Kaap nie weer deur die siekte getref word nie. Skryf 'n paar maatreëls neer wat jy sal toepas om die Kaap te beskerm.

(v) KLASGESPREK

Vertel aan jou klasmaats wat jou maatreëls sou wees om pokke aan die Kaap te voorkom.

b) Edward Jenner oorwin die siekte

Edward Jenner het teen die einde van die 18de eeu gehoor dat 'n boeremeisie sê dat sy nie pokke kan kry nie omdat sy koeipokke gehad het. Mense het koeipokke gekry van die sere op koeie se uiers wanneer hulle die koeie gemelk het. Jenner het begin proefnemings (eksperimente) doen om 'n teenmiddel vir pokke te vind.

Hy het 'n groot waagstuk aangegaan. Hy het 'n agtjarige seun, James Phipps, met koeipokke ingeënt. Hy het 'n snytjie op die seun se arm gemaak en die vog van die sere op 'n melkmeisie se hand in die snytjie in gevryf. Die seun is later met regte pokkekieme ingespuit en hy het nie pokke gekry nie. Hy was immuun (gesout) teen die siekte. (Ek wonder of jy jou sou laat inent het as jy James was?)

Jenner het die eksperiment verskeie kere herhaal en niemand wat ingeënt is, het siek geword nie. Sy metode van inenting het gou bekend geword en in lande is dieselfde metode begin gebruik.

Deur Jenner se werk is die mensdom van die gevaarlike siekte gered. Vandag kry mense nie eintlik pokke nie – die siekte is so te sê uitgeroei.

c) Opdrag

Skryf neer wat jy dink Jenner in sy dagboek geskryf het nadat hy vir James Phipps met regte pokkekieme ingespuit het.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
HISTORIESE ONDERSOEK Die leerder is in staat om historiese kennis en begrip aan te wend om die verlede en hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 bronne vind:
  • bronne identifiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord;
1.2 vrae beantwoord:
  • relevante inligting vir ‘n spesifieke doel uit ‘n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken;
1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne:
  • inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke uit die verlede beantwoord word.

Memorandum

Aktiwiteit 1

a) i) Twee. In 1755 sterf ongeveer 1 479 mense

(Ongeveer 15 persone uit ‘n duisend het gesterf – 30 % was kinders)

  1. Skip vanaf Ceylon, klere
  2. Meer geïsoleerd
  3. Voer nuwe slawe in

v) Vestig slawe op verskillende plekke

vi) Verbrand siekes se klere

vii) Stel groot byeenkomste aan die Kaap af

  • Verbied verhuring van klere (bv. vir begrafnisse)

ix) Gereelde skoonmaak van beddegoed

x) Strenger toesig en beheer oor aankomende skepe

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask