<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  1. 'n Selfoon of 'n Walkman?
  2. ‘n Fiets of ‘n stel TV-speletjies?
  3. ‘n Vakansie by die see of ‘n 4 x 4-toer?
  4. Nike draskoene of Levi-jeans van jou keuse?

Verskaf ‘n rede of redes waarom jy in elke geval die spesifieke produk bo die ander een verkies het.

  • In ‘n vorige paragraaf is aangedui dat vanaf die selfvoorsienend stadium van ekonomiese ontwikkeling beweeg word na die fase van SPESIALISASIE, SURPLUSSE EN RUIL. Soos wat gemeenskappe meer en meer ontwikkeld geword het, het hul behoeftes in omvang, maar ook in gesofistikeerdheid begin toeneem. Byvoorbeeld: Die behoefte aan voeding is tans nie net meer beperk tot die eet van vleis in sy eenvoudigste vorm nie, maar ons kan vandag kies uit ’n wye verskeidenheid, waaronder frankfurters, polonies en hamskywe en vele ander nasionale en internasionale spesialiteitsprodukte. Die uitbreiding in die behoeftes van die mens het groter geleenthede vir gespesialiseerde produksie geskep wat op sy beurt weer geleenthede vir ruil en gevolglik handel oor ‘n breë spektrum bewerkstellig het.

Aktiwiteit 4

LU 1.2

UITBREIDING VAN BEHOEFTES

Verwys na die behoeftes wat hieronder genoem word en dui aan hoedat die verskeidenheid en gesofistikeerdheid van die produkte verander het van vroeër tot vandag.

Behoefte aan: VROEëR VANDAG
VOEDING: Opgekookte Rys
Vleis
Aartappels
Groente
KLEDING: Tuisgemaakte Klere
Skoene
BEHUISING: Eenvoudige woning op een vlak

Soos wat vervoer en kommunikasie verbeter, kan produkte versprei word na waar daar ‘n behoefte aan die produkte bestaan. Kommunikasie tussen produsente en handelaars lei daartoe dat handelstransaksies binnelands sowel as buitelands gesluit word. Vinnige vervoer per lug, pad, spoor en see sorg dat die produkte sonder onnodige vertragings die eindverbruiker betyds en in goeie toestand kan bereik. Vergelyk die bemarking van vars produkte, maar ook ander gespesialiseerde artikels.

Aktiwiteit 5

LU 1.2

KOMMUNIKASIE

Stel ‘n lys saam van organisasies en / of instellings wat vir kommunikasieverbindings binnelands sowel as internasionaal, verantwoordelik is.

Aktiwiteit 6

LU 1.2

VERVOER

Verskaf die name van organisasies / instellings wat vir die vervoer en verspreiding van goedere binnelands sowel as internasionaal, verantwoordelik is. Vergelyk onderling nadat elkeen se lysies voltooi is.

  • Per pad
  • Per spoor
  • Per lug
  • Per see
  • Wanneer ‘n land soos Suid-Afrika sy produkte aan ander lande verkoop, staan dit bekend as UITVOER, en wanneer Suid-Afrika goedere vanaf die buiteland aankoop, word dit INVOER genoem. SUID-AFRIKA SE UITVOERE bestaan hoofsaaklik uit primêre produkte soos mynbouprodukte, waaronder goud, diamante, platina, mangaan, chroom, steenkool, ystererts en asbes, sowel as landbouprodukte soos wol, suiker, velle en vrugte. SUID-AFRIKA SE INVOERE bestaan hoofsaaklik uit kapitaalgoedere en masjinerie, sowel as rekenaars en elektroniese produkte. Met die geld wat Suid-Afrika uit sy uitvoere verdien, kan daar betaal word vir die produkte wat ingevoer is, en in die proses word in die talryke behoeftes van Suid-Afrikaners voorsien.

Aktiwiteit 7

LU 1.2

INVOER EN UITVOER

Stel ‘n lys saam van produkte wat Suid-Afrika invoer en uitvoer. Gee ook ‘n aanduiding waarvandaan die invoere kom, en waarheen die uitvoere versend word.

  • Uit bogenoemde is dit duidelik dat geen ruiltransaksies of handelsooreenkomste aangegaan kan word indien daar nie genoegsame produksie is nie. Goedere moet deur die fabrieke of nywerhede geproduseer word en daarna kan die verspreiding daarvan plaasvind, hetsy binnelands of buitelands. Nywerhede benodig groot hoeveelhede geld of kapitaal om met produksiebedrywighede te kan begin en is dit onwaarskynlik dat ‘n nyweraar of entrepreneur genoeg kapitaal op sy eie kan byeenbring om so ‘n groot onderneming te begin. Die entrepreneur kan by die bank ‘n lening aangaan vir die begin van sy produksiebedrywighede. Om sodanige fondse beskikbaar te kan stel, sal die bank van die fondse wat ander kliënte of beleggers by die bank belê het, moet gebruik. Om sodanige fondse beskikbaar te kan stel, sal die bank van die fondse wat ander kliënte of beleggers by die bank belê het, moet gebruik. Vir die bank om sodanige fondse beskikbaar te stel, sal hulle van die fondse wat ander kliënte of beleggers by die bank belê het, moet gebruik maak. Die geld kan hulle dan teen ‘n bepaalde rentekoers vir ‘n ooreengekome termyn aan die entrepreneur beskikbaar stel. In ekonomiese terme sê ons dus dat die fondse wat op so ‘n wyse gebruik of aangewend word, ‘n INVESTERING verteenwoordig, met ander woorde “geld wat beskikbaar gestel word om verdere produksie moontlik te maak”. Wat ons egter moet onthou, is dat die fondse / kapitaal alleen beskikbaar gemaak kan word indien daar ander beleggers was wat bereid was om hul SPAARGELD (of BESPARINGS) by die bank te deponeer. Die bank is dus die middelman wat die investering kan fasiliteer.

Aktiwiteit 8

LU 1.2

BESPARINGS

Raadpleeg ‘n bank of ander finansiële instelling om uit te vind watter fasiliteite hulle het om spaargeld van die publiek te lok.

  • FINANSIëLE INSTELLING(S)
  • FASILITEITE

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
DIE EKONOMIESE KRINGLOOPDie leerder sal in staat wees om kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van ‘die ekonomiese’ probleem te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • 1.1 die historiese ontwikkeling van geld en die rol daarvan in samelewings en hul ekonomieë kan beskryf;
  • 1.2 die wyse kan bespreek waarop handel (invoer en uitvoer) die ekonomiese probleem (keuse- en geleentheidskoste) aanspreek, asook die rol van banke in belegging in die ekonomie;
  • 1.3 kan verduidelik hoe verskillende ekonomiese sisteme die ekonomiese probleem aanspreek (bv beplande, mark- en gemengde ekonomieë);
  • 1.4 die rol, regte en verantwoordelikhede van vakbonde kan bespreek; (en)
  • 1.5 kan verduidelik wat inflasie is en redes vir veranderinge in die inflasiekoerse kan bespreek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask