<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 8

Die ekonomiese siklus

Module 2

Handel en ekonomiese probleem

  • BY VOLTOOIING VAN HIERDIE AFDELING SAL JY KAN AANDUI HOE HANDEL (INVOERE EN UITVOERE) DIE EKONOMIESE PROBLEEM (KEUSE EN GELEENTHEIDSKOSTE) AANSPREEK, ASOOK WAT DIE ROL VAN BANKE IS TEN EINDE INVESTERING IN DIE EKONOMIE AAN TE MOEDIG.

DIE KERNVRAAGSTUK VAN DIE EKONOMIE:

Die mees basiese kenmerk van ekonomiese bestaan is die “VEELHEID VAN MENSLIKE BEHOEFTES en daarteenoor die SKAARSHEID VAN MIDDELE om die behoeftes mee te bevredig”. Ten spyte van groot tegnologiese en wetenskaplike vooruitgang oor die afgelope dekades wat tot ‘n aansienlike toename in produksie aanleiding gegee het, is die mens se BEHOEFTES nog steeds GROTER as die MIDDELE om daardie behoeftes te bevredig. Omdat daar altyd behoeftes is wat onbevredig sal bly, moet die mens dus voortdurend KEUSES MAAK oor watter behoeftes om te bevredig en watter om onbevredig te laat. Vergelyk jou eie situasie met betrekking tot jou sakgeld: Jou sakgeld laat jou beslis nie toe om alles te koop wat jy graag wil hê nie. En daarom sal jy deurlopend tussen verskeie alternatiewe moet KIES om jou behoefte / begeerte na die beste te bevredig. Net so moet die sakeman, die owerheid en elke private indiwidu elke dag ‘n veelheid van keuses maak ten einde daardie keuse te maak wat DIE MEESTE BEVREDIGING (maksimum behoeftebevrediging) sal gee.

Aktiwiteit 1

LU 1.2

BEHOEFTES

Stel ‘n lys op van die dinge waaraan jy nou en ook in die toekoms ‘n behoefte sal ondervind.

Aktiwiteit 2

LU 1.2

INDELING VAN BEHOEFTES

Vergelyk die lys van behoeftes van die verskillende lede in jul groep en skryf dit onder die volgende hofies in:

  • Natuurlike
  • Noodsaaklike
  • Luukse
  • Beskerming
  • Kulturele
  • Geestelike

Lei nou hieruit af die VIER / VYF mees basiese behoeftes van die mens, met ander woorde die behoeftes waarsonder die mens nie sal kan bestaan nie. Gee voorbeelde van elk.

  • Uit bogenoemde is dit duidelik dat mense / ondernemings nie al hul behoeftes kan bevredig nie. Om een behoefte te bevredig, beteken dat ‘n ander behoefte of behoeftes onbevredig sal moet bly, of opgeoffer moet word. Die OPOFFERING WAT GEMAAK WORD, illustreer die beginsel van GELEENTHEIDSKOSTE, met ander woorde, “die keuse wat jy gemaak het vir jou groter behoeftebevrediging / bruikbaarheid vergeleke met die bevrediging wat jy sou gekry het indien jy eerder die ander produk sou gekies het”. In ekonomiese terme word die behoeftebevrediging/ bruikbaarheid wat uit die gebruik van ‘n produk verkry word, die NUT of nuttigheidswaarde wat daardie spesifieke produk verskaf, genoem. Dit beteken dus dat die nut wat opgeoffer is deur die produk nie te kies nie, moet vir jou altyd kleiner wees as die nut van die produk wat wel gekies is. “Die nuttigheidswaarde (of koste) van jou behoeftebevrediging is daarom altyd gelyk aan die nuttigheidswaarde (of koste) van die produk wat jy opgeoffer het”. Dit staan bekend as GELEENTHEIDSKOSTE.

Aktiwiteit 3

LU 1.2

GELEENTHEIDSKOSTE

Indien jy as ‘n eenmalige geskenk ‘n keuse tussen die volgende produkte moet maak, watter een van die produkte sal jy in elke geval kies? (Met ander woorde watter produk verkies jy waarsonder jy kan klaarkom, gegewe jou behoeftes op hierdie stadium?)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask