<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Wees ‘n voorbeeld vir die kind deur te wys dat jy ander se gevoelens, geloof en kultuur respekteer.
  • Beklemtoon die kind se positiewe eienskappe en help hom om agressie en negatiewe gevoelens te verwerk en selfvertroue te ontwikkel.
  • Dus: laat die kind besef dat, hoewel jy sy verkeerde optrede / gedrag nie aanvaar nie, jy hom nog steeds as mens aanvaar.
  • Moedig groepspel en deelname daaraan aan.
  • KOGNITIEWE ONTWIKKELING - probleemoplossingsvaardighede

(Kognitiewe vaardighede is denkvaardighede wat ‘n mens help om doeltreffend te leer).

Probleemoplossingsvaardighede

Lei die kind om probleme te identifiseer en ‘n oplossing daarvoor te vind deur kreatiewe en kritiese denke. Graad R-opvoeders bied uitdagings aan hulle leerders om hulle te motiveer om hulle volle potensiaal te bereik sodat hulle in kritiese en kreatiewe denkers en probleemoplossers kan ontwikkel.

  • PERSEPTUELE ONTWIKKELING (persepsie is die akkurate waarneming, organisasie en interpretasie van inligting wat vanaf die sintuie na die brein gestuur word).

Die stimulasie van visuele en ouditiewe perseptuele vaardighede is belangrik by die voorskoolse kind omdat hierdie vaardighede voorvereistes is vir effektiewe leer.

  • VISUELE PERSEPSIE (die akkurate waarneming, organisasie en interpretasie van inligting wat vanaf die oë na die brein gestuur word)
  • Liggaamsbeeld (die bewustheid en die ervaring wat ‘n mens van sy eie liggaam het)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Instruksies, bv. raak met jou hand aan jou knie, ens.
  • Identifiseer liggaamsdele aan ‘n pop
  • Trek hande af op papier en knip dit uit
  • Legkaarte van liggaam (kinders kan self een maak deur ‘n prent uit te knip)
  • Visuele diskriminasie (die vermoë om ooreenkomste en verskille waar te neem)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Ou tydskrif – kind moet bv. al die s ’e en r ’e omkring
  • Bingo / Lotto speletjies (soek sy maat)
  • Visuele geheue (die vermoë om stimuli, deur die oë waargeneem, te kan onthou)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Plaas ongeveer 6 voorwerpe op ‘n skinkbord – kind kyk ongeveer 3 sekondes – bedek – kind moet opnoem wat hy gesien het / neem 1 voorwerp weg – kind moet sê wat verwyder is
  • Flits prent – kind moet vertel wat hy gesien het
  • Audibloks – visuele kaarte
  • Visuele vormkonstantheid (die vermoë om die konstantheid van vorms waar te neem, ongeag hul grootte, kleur, oriëntasie in die ruimte, ens.)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Vormspeletjies, bv. vormbord / lotto
  • Uitsoek van dieselfde vorms en benoeming daarvan
  • Assosiasie van vorms met voorwerpe, bv.  (horlosie);  vuurhoutjiedosie
  • Posisie in die ruimte (die persepsie van die verhouding van ‘n voorwerp tot die waarnemer)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Rigtingspeletjies, bv. wie staan voor / agter / links / regs van jou?
  • Na-pak van patrone met blokkies of pennetjies
  • Voorgrond-/agtergrondpersepsie (die vermoë om op relevante visuele inligting te fokus en dit van ander minder belangrike inligting te onderskei)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Soek spesifieke voorwerpe in ‘n besige prent
  • Soek spesifieke voorwerpe in die omgewing, bv. palmboom
  • Omlyn voorwerpe wat mekaar oorvleuel
  • Legkaarte
  • Visuele sluiting (die vermoë om inligting aan te vul en te voltooi wanneer sekere gedeeltes ontbreek)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Graad r 'n leerprogram. OpenStax CNX. Oct 28, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11134/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Graad r 'n leerprogram' conversation and receive update notifications?

Ask