<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 5   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Getalbegrip, optelling en aftrekking

Optelling

Opvoeders afdeling

Memorandum

1.

1.1 9 + (8 + 7) = 24

1.2 121 + 32 = 153 / 140 + 13 = 153

1.3338 + 100 = 438 / 396 + 42 = 438

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om wette te herken, te beskryf en te gebruik [lo 1.12]

1. Net soos elke land sekere wette het om die bestuur van die land te laat vlot, is daar in Wiskunde ook sekere “wette” of “eienskappe” wat jou kan help om antwoorde makliker te bereken. So is daar bv. die kommutatiewe en assosiatiewe eienskap van optelling. Voltooi die volgende en kyk hoe dit werk!

1.1 (9 + 8) + 7 = 9 + _______________ = _______________

1.2 121 + (19 + 13) = 121 + _______________ = _______________

(121 + 19) + 13 = _______________ + 13 = _______________

1.3 338 + (58 + 42) = 338 + _______________ = _______________

(338 + 58) + 42 = _______________ + 42 = _______________

1.4 Bespreek met jou klasmaats: Watter groepering van opteltalle was die maklikste?

Hoekom?

Het jy geweet?

Wanneer ons getalle wil optel, kan ons die antwoord vinnig bereken deur die getalle AF TE ROND!

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.12: Dit is duidelik wanneer die leerder herken, beskryf en gebruik:

1.12.3 die kommutatiewe, assosiatiewe en distributiewe eienskappe van heelgetalle (leerders behoort in staat te wees om die eienskappe te gebruik sonder om noodwendig die name te ken).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask