<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 4

Die kafee op die hoek

Module 5

Hoe die kafee bedryf word

Kom ons gaan loer in by die kafee op die hoek.

A.besigheidsperseel

Het jy al ooit gewonder waarom die kafee-eienaar besluit het om ‘n kafee juis in die middel van ‘n woonbuurt te begin?

Aktiwiteit 1

Om te besin oor die voor- en nadele van ‘n kafee in ‘n woonbuurt [lu 1.3]

Gesels gou in jou kleiner groepe oor die voordele en nadele van ‘n kafee wat in ‘n woonbuurt geleë is en skryf dit dan in die volgende tabel neer.

Voordele Nadele

B.voorraad

Wat wil jy hê moet op die rakke van jou kafee op die hoek wees?

Lekkergoed, koeldrank, tydskrifte, vars pasteie elke dag, roomyse en vele meer. Jou ma en pa het weer heel ander behoeftes as jy. Pa hoop om elke dag die koerant daar te koop, terwyl Ma gedurig daar moet stop vir brood en melk. En wat van daardie keer toe Ma gaste vir ete gekry het en daar nie genoeg rys in die huis was nie!

Ja, die kafee is baie belangrik as dit kom by daardie verbruiksartikels wat ons van dag tot dag nodig het.

Aktiwiteit 2

Om bewus te raak van die behoefte aan verbruiksgoedere [lu 1.1]

Maak ‘n lys van artikels wat jy en jou gesin gereeld by die plaaslike kafee koop.

................................................................................................................

................................................................................................................

................................................................................................................

................................................................................................................

................................................................................................................

................................................................................................................

................................................................................................................

................................................................................................................

Hoe bekom die kafee-eienaar sy voorraad?

Wie voorsien die kafee van sy voorraad en hoe gereeld?

Aktiwiteit 3

Om te verstaan dat die aflewering van voorrade nodig is om in die verbruiker se behoeftes te voorsien [lu 1.1]

Gesels in julle groepe hieroor en gee terugvoering aan die klas.

‘n Kafee op die hoek is gewoonlik redelik ver uit die sentrale sakekern geleë. Die eienaar is afhanklik van afleweringsvoertuie wat sy voorraad aflewer. Sommige voorraad ( bederfbaar ) moet gereeld aangevul en vervang word, terwyl die nie-bederfbare voorraad slegs volgens behoefte aangevul word. Dit is byvoorbeeld nie nodig om elke dag vars lekkergoed en blikkieskos aan te vul nie.

Besoek jou plaaslike kafee en maak ‘n lys van bederfbare en nie-bederfbare produkte wat ons gewoonlik op die rakke aantref.

Bederfbaar Nie-bederfbaar

Die kafee-eienaar kan óf sy voorraad laat aflewer, óf dit self na sy besigheid aanry. Daar is egter sekere produkte wat jy en jou gesin graag elke dag vars wil koop en daarom is dit belangrik dat dit van dag tot dag op die perseel vervaardig moet word. Só bak hulle byvoorbeeld elke dag vars brood en pasteie vir die klante.

Wat gemaak met die voorraad wat nie meer vars is nie?

Het jy al ooit gewonder wat doen die eienaar met die vrugte en groente ( bederfbare voorraad ) wat van dag tot dag minder vars en onbruikbaar raak?

C.personeel

Wanneer jy weer jou plaaslike kafee besoek, maak ‘n punt daarvan om uit te vind hoeveel mense in diens van die kafee is, watter skofte hulle werk en wat elkeen se taak presies behels. Die bakker sal byvoorbeeld in die kombuis wees, terwyl die assistente die kasregisters beman. Daar behoort ook altyd ‘n bestuurder aan diens te wees.

Aktiwiteit 4

Om meer te leer van die bestuur van ‘n besigheid [lu 4.2]

Kyk nou of jy die volgende tabel kan voltooi:

Personeellid Posbeskrywing Ure
Bv. Bestuurder Beheer al die afdelings van die besigheid 08:00 – 17:00Hy moet egter altyd beskikbaar wees vir enige noodgeval.

D.toerusting:

Aktiwiteit 5

Om begrip te kry van hoeveel uitrusting in ‘n kafee benodig word [lu 3.2]

Bestudeer die volgende vloerplan van ‘n tipiese kafee en kyk dan of jy al die nodige toerusting kan identifiseer:

Toerusting

Daar is ook baie aktiwiteite wat agter die “skerms” in ‘n kafee plaasvind. Vra gerus die bestuurder of jy as deel van jou navorsing met jou volgende besoek die koelkamers en stoorkamers mag besoek.

Assessering

Leeruitkoms 1: die ekonomiese kringloop

Die leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • die rol van lede van huishoudings beskryf as verbruikers en produsente in die proses van “behoeftebevrediging”;

1.3 die rol van formele en informele sake-ondernemings in ‘n samelewing beskryf.

Leeruitkoms 3: bestuurs-, verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede

Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.2 drie verskillende soorte plaaslike sakeondernemings onderskei.

Leeruitkoms 4: entrepreneurskennis en –vaardighede

Die leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • verduidelik hoe entrepreneurs arbeid (werk), kapitaal (geld, masjinerie (gereedskap) en natuurlike hulpbronne (grondstowwe) kombineer om wins te maak.

Memorandum

Bladsy 1

Na afloop van ‘n klasgesprek oor “die kafee op die hoek”, maak die leerders ‘n lys van die voor- en nadele daarvan.

Bladsy 2 en 3

Die leerders voltooi hierdie selfaktiwiteit aan die hand van sy/haar persoonlike ervarings.

Bladsy 4

Miskien kan die leerders onderhoude gaan voer met die personeel van die plaaslike kafee om meer uit te vind oor hul posbeskrywings en werkure.

Bladsy 5

Met hierdie aktiwiteit probeer ons die leerders bewus maak van die geweldige verskeidenheid toerusting wat nodig is ten einde ‘n kafee suksesvol te bestuur. So moet daar mengers, oonde en koelrakke in die bakkery wees, yskaste vir koue voorraad, rakke, ens.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11085/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask