<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 8

Voedselprosessering

Module 8

Voedselprosessering en apparate wat by voedselprosessering gebruik word

Voedselprosessering

Aktiwiteit 1:

Om die term prosessering in terme van die tegnologiese proses te kan beskryf

Inleiding

Die term prosessering dek ’n baie wye area. Dit het te doen met die verwerking van materiale en/of produkte tot ’n ander finale vorm of produk. Dit behels die verwerking van enigiets bv. die verwerking van koring tot meel tot brood, die verwerking van hout tot meubelstukke en die verwerking van materiale tot kledingstukke. In hierdie module gaan ons fokus op voedsel terwyl ons in graad 9 weer gaan fokus op weerstandsmateriale (hout, metaal, plastiek en papier).

Jy gaan die geleentheid kry om ’n voedselstalletjie vir die komende wêreldskou te beplan en op te rig. Die stalletjie moet ’n spesifieke land verteenwoordig en die land se kitskosse vervaardig en verkoop. Voordat jy kan begin, is dit belangrik dat jy meer kennis aangaande kombuisapparaat, veiligheid, higiëne, eerstehulp, meting en die verskillende voedselgroepe sal bekom.

1.1 Definieer die term prosessering.

1.2 Gee twee voorbeelde van prosessering wat in jou dorp/omgewing gedoen word en beskryf elkeen kortliks.

1.3 Gebruik een van die voorbeelde in 1.2 en beskryf nou die term prosessering in terme van die tegnologiese proses. Gebruik die terme ontwerp, maak . . . . .

LU 1.5 LU 2.2

Aktiwiteit 2:

Om die apparate wat algemeen by voedselprosessering gebruik word, asook die funksies van elk, te beskryf

  • Tydens die prosessering van voedsel sal jy ’n verskeidenheid apparate nodig hê. Dit is belangrik dat jy met sommige van die apparate kennis maak en leer hoe om dit met selfvertroue en vir die regte doel te gebruik.
  • Apparaat kan in vyf hoofgroepe ingedeel word volgens die funksie wat dit verrig. Die hoofgroepe is:
  • Meetapparaat
  • Mengapparaat
  • Kookapparaat
  • Bak- en braai-apparaat
  • Allerlei
  • Watter apparaat word algemeen in die kombuis gebruik?
  • Skryf die naam van elke apparaat neer. Dui ook aan in watter een van die vyf groepe jy die apparaat sal plaas en wat die funksie van elkeen is.

Groep: Smeerapparaat

Groep: Mengapparaat

Groep: Kookapparaat

Groep: Bak- en Braai-apparaat

Groep: Allerlei

LU 1.10

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
tegnologiese prosesse en vaardighede Die leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
ondersoek:1.1 die agtergrondkonteks, die aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense wat betrokke is wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid in ‘n nasionaal relevante konteks gegee word ondersoek;
1.2 bestaande produkte wat met die probleem verband hou, ondersoek;
1.3 praktiese toetse in die tegnologiese veld ontwikkel en uitvoer;
1.4 gepaste soorte tegnologie en metodes gebruik om die volgende te doen:
  • versamel toepaslike data uit verskillende bronne of hulpbronne;
  • gebruik soektegnieke;
  • verkry toepaslike data;
  • maak sinvolle opsommings;
  • gebruik inligting om besluite en idees te staaf en te ondersteun.
ontwerp:1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag skryf vir die ontwikkeling van ‘n produk of stelsel in reaksie op ‘n gegewe of geïdentifiseerde situasie;
1.7 verskeie alternatiewe oplossings genereer en aantekeninge skryf oor idees wat met die ontwerpstelling en -spesifikasies verband hou;
maak:1.9 ‘n plan ontwikkel vir die maak van ‘n produk, met besonderhede oor al die volgende:
  • hulpbronne benodig
  • sketse wat die afmetings of hoeveelhede aandui
  • al die stappe wat nodig is om die produk te maak;
1.10 gepaste gereedskap en materiaal kies om produkte deur middel van gepaste tegnieke te maak deur verskillende soorte materiaal akkuraat te meet, uit te merk, te knip/sny of te skei, te vorm of te vervorm, te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.12 veilige werkpraktyk gebruik en ‘n bewustheid toon van doeltreffende maniere om materiaal en gereedskap te gebruik;
evalueer:1.13 die produk of stelsel met ‘n mate van objektiwiteit toets en evalueer, gebaseer op objektiewe kriteria wat met die ontwerpopdrag, spesifikasies en beperkings verband hou, en stel sinvolle verbeteringe of wysigings voor;
kommunikeer:1.15 idees aanbied deur van twee-dimensionele of drie-dimensionele sketse, stroombaandiagramme of stelseldiagramme gebruik te maak wat al die volgende kenmerke insluit:
  • benutting van SA tekenkonvensies (bv. dimensielyne, benoeming, lyntipes, simbole);
  • notas om ontwerpkenmerke en beredenering te kommunikeer; bevordering van betekenisvolle sketse soos finale oplossing-sketse.
Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
tegnologiese kennis en begrip Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit word bewys as die leerder:
verwerking:2.2 kennis en begrip toon van hoe stowwe/materiaal verwerk kan word om die eienskappe daarvan te verander of te verbeter deur dit te wysig ten einde dit geskik vir spesifieke doeleindes te maak:
  • om kragte te kan weerstaan (spanning, kompressie, buiging);
  • om sterkte of lewensduur te laat toeneem;
  • hoe spesifieke kenmerke wat vir verpakking geskik is, bewerkstellig kan word.

Memorandum

AKTIWITEIT 2

  • Gebruik die prente vir hierdie aktiwiteit. Die prente is deurmekaar geplak en moet in die tabelle wat daarop volg, georden word, soos in hierdie memo aangedui.
  • Die funksie van elke apparaat moet ook bygeskryf word.

Groep 1: Meetapparaat

Apparaat Funksie
1. Meetlepels Om kleinhoeveelhede vloeistof of droë bestanddele af te meet.
2. Meetkoppie Om klein hoeveelhede droë bestanddele af te meet.
3. Meetbeker Afmeet van vloeistowwe en droë bestanddele.
4. Skaal Om droë en soliede bestanddele af te weeg.

Groep 2: Mengapparaat:

1. Mengbak Om koekmengsels en mengsels soos botterbroodjies, brood of koekies aan te maak.
2. Houtlepel Om stysel- of melkmengsels te roer of te klop. Om bestanddele deur ’n sif te vryf.
3. Paletmes Invou van styfgeklitste eierwit. Vir smeerdoeleindes, bv. versiersel. Omkeer van plaatkoekies.
4. Deegskraper Om mengsels uit bakke, skottels en kastrolle te skraap sodat daar geen vermorsing is nie. Om voedsel uit borde en skottels te skraap voor dit opgewas word.
5. Ballonklitser Klits van eiers en ander vloeibare mengsels.

Groep 3: Kookapparaat:

1. Kastrol Om voedsel in te kook, te stoom of te stowe; souse te maak; konfyt te kook
2. Dubbelkoker Gaarmaak van voedsel deur middel van stoom, bv. eiervlasous, rys of vis

Groep 4: Bak- en Braai-apparaat:

1. Bakplaat Om botterbroodjies en klein koekies te bak.
2. Brood- en koekpanne Om koeke en brood te bak.

Groep 5: Allerlei:

1. Sif Sif van meel en droë bestanddele.
2. Vergiettes Dreineer van rys en groente. Was blaarslaai en ander groente daarin.
3. Rasper Rasper van groente, kaas, neute, lemoenskil.
4. Ketel Om water te kook.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 8. OpenStax CNX. Sep 13, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11051/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask