Vergelyking van ‘n reguitlyn-grafiek vanuit ‘n diagram
AKTIWITEIT 1
Om die vergelyking van ’n reguitlyn-grafiek vanuit ’n diagram te bepaal
[LU 2.5]
As ons die waardes van
m en
c
kan uitwerk, kan ons hierdie waardes direk in die algemene vergelyking
y =
mc +
c instel om sodoende die bepalende vergelyking van die lyn te verkry. Hier is ’n voorbeeld uit die diagram.
Dis maklik om c te bepaal, aangesien dit dié waarde (positief of negatief) is waar die lyn die y-as sny. Substitueer hierdie waarde (dis –1) vir c.
Nou is die vergelyking y = mх – 1. Om die gradiënt (die waarde van m) te bepaal, konstrueer ons die reghoekige driehoek tussen twee geskikte punte op die lyn, waar die grafiek presies deur twee hoekpunte van die grafiekpapier gaan.
Ons weet m is ’n breuk, t.w..
verandering in vertikale afstand
verandering in horisontale afstand
Ons lees die aantal eenhede van die hoogte en van die basis van die driehoek om die teller en die noemer onderskeidelik te kry.
Ons bepaal ook die teken van m deur te kyk of die lyn opwaarts of afwaarts na regs loop.
Nou het ons:
(onthou om die breuk te vereenvoudig).
Hierdie waarde vervang nou vir m in die vergelyking:
. Dit is die bepalende vergelyking van die lyn.
Gebruik nou hierdie metode om die bepalende vergelykings van die agt grafieke in die eerste twee diagramme van die vorige deel uit te werk.
2 Wat van horisontale en vertikale lyne? Hulle is die maklikste!
’n Horisontale lyn het die algemene vergelyking
y =
c . Ons moet ’n waarde vind om
c mee te vervang. Hierdie waarde word van die grafiek afgelees – die
y -afsnit! Substitueer vir
х
en daar het jy die bepalende vergelyking.
Die algemene vergelyking van ’n vertikale lyn is
х =
k . Bepaal
k deur van die grafiek te lees waar die lyn die
х –as sny, en substitueer hierdie waarde vir
k . Dit gee ons die bepalende vergelyking.
Bepaal nou die vergelykings van die vier lyne in die laaste diagram van die vorige deel.
Die antwoorde is:
y = 1 en
y = –1,5 is die horisontale lyne, en
х = –1 en
х = –2,5 is die twee vertikale lyne.
Hier is nou ’n mengsel lyne om jou vaardighede mee te toets!
4 Het jy opgelet dat die gradiënte (
m ) van lyne G en H dieselfde is? Waarom?
AKTIWITEIT 2
Om die gradiënt van ’n reguit lyn vanuit twee gegewe punte te bereken
[LU 2.5]
As die koördinate van twee punte op ’n sekere reguit lyn bekend is, is dit maklik om die lyn te trek, soos jy weet. Ons kan ook die gradiënt aflei uit ’n skets. Maar dit is nie nodig om ’n skets te hê om die gradiënt te bepaal nie.
Hier is ’n voorbeeld: Die punte (3 ; –1) en (4 ; 2) lê op ’n sekere reguit lyn.
Eers bepaal ons die vertikale afstand tussen die punte deur die tweede punt se
y -koördinaat van die eerste punt se
y -koördinaat af te trek. Dit gee die teller van die gradiënt.
Dan bereken ons die horisontale afstand tussen die twee punte deur die tweede punt se
х -koördinaat van die eerste punt se
х -koördinaat af te trek. Nou het ons die noemer van die gradiënt.
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,