<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Wilde diere

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

In Graad 2 sal die leerders voortbou op die woordeskat wat in Graad 1 bekend gestel is. Baie geleenthede moet geskep word om hul luister- en praatvaardighede te ontwikkel sodat lees en skrif daarop kan volg.

‘n Uitgebreide woordeskat is noodsaaklik. Terwyl reeds bekende woorde vasgelê word, word nuwe woordeskat in stories, rympies, gediggies en speletjies ingevoer.

Leerders word aangemoedig om vrae te beantwoord en deel te neem aan besprekings en gesprekke in die addisionele taal.

Leerders se aandag word gevestig op die verskil in die indiwiduele klanke van die nuwe taal. Leerders ontdek dat sommige klanke dieselfde bly en sommige verander. Die opvoeder sal toevallig aandag gee aan die korrekte uitspraak.

TYDSKEDULE VIR MODULES 1 - 5

Daar word voorgestel dat al die leerders al vyf modules voltooi.

Opvoeder lees eers die leesstuk.

  • Almal lees saam.
  • Bespreek die woorde en betekenis.
  • Gesels oor soogdiere;

Eienskappe:

  • soogdiere lê nie eiers nie.
  • word lewendig gebore
  • drink die mamma se melk.
  • Flits woorde vir leerders.
  • Opvoeder lees die sinne saam met leerders.
  • Opvoeder: Lees en bespreek elke sin; Almal lees die sinne ‘n paar keer saam. Opvoeder lees dan enige sin – leerder wys met vinger watter sin gelees is.

Leerders afdeling

Inhoud

Olifante

Olifante is soogdiere.

Die olifant is die grootste landdier in die wêreld. Daar is baie olifante in Afrika. Olifante het groot tande wat van ivoor gemaak is.

‘n Olifant se slurp groei uit sy bo-lip.

Olifante gebruik hul slurpe om takke af te breek en in hul monde te stop en ook om water te drink. Hulle suig die water in hul slurpe op en spuit dit in hul kele af.

Olifante beweeg in ‘n trop. Die olifantkoeie en hul kalfies stap saam, maar die bulle stap eenkant.

Olifante staan en slaap. ‘n Olifant hou van ‘n lekker modderbad!

  • Kom ons gesels oor soogdiere.
  • Wat weet jy van soogdiere?

Trek ‘n kring om al die soogdiere

  • Hoekom is eende nie soogdiere nie?
LU 5.2.3
  • Soek die regte woord in die leesstuk.

1. Olifante is .................................................................................................. diere.

2. Daar is baie olifante in ........................................................................................

3. Olifante se tande is van ......................................................................... gemaak.

4. ‘n Olifant gebruik sy ............................................................. om water te drink.

5. ‘n Mamma-olifant is ‘n ........................................................................................

6. ‘n Pappa-olifant is ‘n ..........................................................................................

7. ‘n Baba-olifant is ‘n .............................................................................................

8. Olifante hou van ‘n lekker ...................................................................................

LU 4.3

Teken ‘n prent wat pas by die sin.

‘n Olifant wat slaap. ‘n Olifantbul met twee groot ivoortande
‘n Olifantkoei en haar kalfie wat bad. ‘n Olifant wat water spuit met sy slurp.
LU 3.1.5

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder prente om geskrewe teks te verstaan gebruik:

3.1.5 teken ‘n prent om ‘n sin te illustreer;

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder sinne voltooi deur ontbrekende woorde in te vul.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal om te dink gebruik:

5.2.3 klassifiseer dinge deur soortgelyke dinge saam te sit en die een wat nie pas nie, te identifiseer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11111/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask