<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 8

Elektrisiteit

Module 14

Stroombane, geleiers, isolators

Aktiwiteit:

Om

  • basiese kennis van stroombane, geleiers en isolators te bemeester [LU 1.3]
  • praktiese toetse in die area van Stelsels en Beheer te doen[LU 2.1]
  • ’n stroombaandiagram te teken[LU 2.4]

In ’n stelsel het elke onderdeel ’n funksie om te verrig om die stelsel te laat werk. Elektriese stelsels is geensins anders nie. Elke onderdeel, in dié geval die komponent, het ’n spesifieke funksie om te verrig. Die komponente kan nie afsonderlik funksioneer nie en moet by mekaar ingeskakel wees in wat ons ’n stroombaan noem.

’n Stroombaan moet ’n kragbron hê, bv. ’n battery. Dit moet geslote wees en dit moet ’n funksie hê, bv. ’n gloeilamp wat lig gee. Jy gaan in hierdie module met baie eenvoudige elektriese stelsels werk.

Sekere materiale is geskik om elektrisiteit goed te gelei en word binne stroombane gebruik. Hulle staan bekend as geleiers, bv. silwer, koper, aluminium en goud. Jy vertrou elke dag jou lewe op isolators as jy bv. aan die haardroër se koord vat. Isolators is materiale wat nie elektrisiteit gelei nie, omdat dit geen vry elektrone bevat nie. Voorbeelde is rubber, PVC, plastiek en asbes.

Opdrag 1:

  • Jou opvoeder sal ’n eenvoudige stroombaan met ’n gloeilamp aan jou gee waarmee jy die volgende items kan toets of hulle geleiers of isolators is:
Item Materiaal Isolator Geleier
Liniaal
Spyker
Skuifspeld
Wol
Karton
Tinfoelie
  • Die vloei van elektriese stroom het hoofsaaklik drie gevolge, nl.
  • ’n verhittingseffek;
  • ’n magnetiese effek; en
  • ’n chemiese effek.

Indien jy ’n ou radio oopmaak,sal jy ’n klomp gekleurde komponente op groen borde sien. Hierdie gevorderde stroombane en die uitleg word met behulp van ’n rekenaar ontwerp. Alvorens daar met die bou van ’n stroombaan begin kan word, moet daar ’n stroombaandiagram geteken word wat die presiese uitleg aandui. Ons gaan slegs kyk na enkele basiese komponente om ons in staat te stel om ’n eenvoudige stroombaan vir ’n artikel te ontwerp en te vervaardig. Ons klassifiseer die komponente volgens hulle funksie in drie kategorieë: Inset, Proses en Uitset.

Proses Uitset
Drukskakelaar Weerstand Gloeilamp
Sel
Battery
Verstelbare weerstand
LED *
Gonser
Skuifskakelaar Diode

* LED staan vir “Light Emitting Diode”. Dus ’n ligafgewende diode. ’n Diode is ’n apparaatjie wat stroom slegs in een rigting laat vloei. Dit kan dus op een manier in die stroombaan gekoppel word.

Opdrag 2

2.1 Teken ’n eenvoudige stroombaan wat die volgende komponente bevat:

BATTERY, SKUIFSKAKELAAR, GLOEILAMP, GELEIER

2.2 Gee twee voorbeelde van elk waar die verhittingseffek, magnetiese effek, en chemiese effek van ’n elektriese stroom aangewend word.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
tegnologiese prosesse en vaardighede Die leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
ondersoek:1.1 die agtergrondkonteks, die aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense wat betrokke is wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid in ‘n nasionaal relevante konteks gegee word ondersoek;
1.2 bestaande produkte wat met die probleem verband hou, ondersoek;
1.3 praktiese toetse in die tegnologiese veld ontwikkel en uitvoer;
LU 2
tegnologiese kennis en begrip Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit word bewys as die leerder:
stelsels en beheer:2.4 kennis en begrip toon van hoe elektriese stroombane met meer as een inset- of beheertoestel sal werk, gebaseer op verskillende logiese toestande (“EN – en “OF” –logika), en stel dit deur middel van stroombaandiagramme, stelseldiagramme en waarheidstabelle voor.

Memorandum

Opdrag 1

  • Bou die onderstaande stroombaan. Daar is twee knypers wat gebruik kan word om die items mee vas te hou. Die resultate behoort soos volg te wees.
Item Materiaal Isolator Geleier
Liniaal Perspex Ja Nee
Spyker Staal Nee Ja
Skuifspeld Koper Nee Ja
Wol - Ja Nee
Karton - Ja Nee
Tinfoelie Aluminium Nee Ja

Opdrag 2

2.2 Verhitting: verwarmer, warmwatersilinderMagneties: elektriese motor, huis/deurklokkie, flikkerligte van motorChemies: swembadchlorineerder, oortrek van voorwerpe met metaal

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 8. OpenStax CNX. Sep 13, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11051/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask