<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Streshantering

Module 9

Stressimptome

Aktiwiteit:

[LU 3.1, 3.2]

  • Dikwels voel ’n mens gespanne oor iets, bv. ’n toets. Wanneer die spannings­volle oomblik verby is, dan ontspan jy weer. Soms voel ’n mens net nie lekker nie, maar jy weet nie eintlik wat fout is nie. As jy altyd hoofpyn het of bewerig is, moet jy eers na ’n dokter toe gaan om seker te maak dat daar nie ’n fisiese of liggaam­like oorsaak is vir hoe jy voel nie. Baie tieners groei vinnig en ly soms aan bloed­armoede, wat jou moeg kan laat voel. Indien die dokter niks fout kry met jou nie, is dit wys om na te dink of daar dinge is wat jou pla. Kyk dan na die stresfak­tore en besluit of daar dinge is wat jou algemene welsyn beduiwel.

Beantwoord die volgende vraelys om te sien of jou stresvlakke laag, middelmatig of hoog is. Onthou, dis nie ’n gestandaardiseerde toets nie en is dus slegs ’n aanduiding en nie ’n diagnose nie.

Dit werk so:

  • Daar is twee skale, A en B. Die A-skaal dui aan hoe erg (intensiteit) en die B-skaal dui aan hoe dikwels (frekwensie). Beide A en B sal hoë tellings hê, indien die stresvlakke hoog is.
  • 4 = amper ondraaglik (A) en amper altyd (B)
  • 3 = baie steurend (A) en dikwels (B)
  • 2 = merkbaar (A) en gereeld (B)
  • 1 = nie hinderlik nie (A) en soms (B)
  • 0 = waarvan praat jy?
Simptoom A-telling B-telling
  • onrustigheid
  • sweterige hande
  • hoofpyn
  • skouer en nekpyn
  • naarheid
  • maagpyn
  • slaap sleg
  • slaap te veel
  • altyd moeg
  • geïrriteerd
  • drink of gebruik dwelms
  • voel alleen, eensaam
  • huilerig
  • kan nie konsentreer nie

Belangrik : As jy baie 4-tellings het in die A- en die B-kolomme, doen jouself ’n guns. Gaan gesels met ’n volwassene wat jy vertrou. Dit kan ’n ouer, ’n leerkrag, predikant, pastoor of ouma of oupa wees. Jy kan ook hierdie lys na ’n sielkundige of huisdokter neem, en hulle kan jou verder uitvra en hulp aanbied. Jy hoef nie onder ’n donker wolk van spanning rond te loop nie; daar is baie planne. Hierdie module sal vir jou van hierdie planne aan die hand gee. Maar moenie jou bekommernisse alleen probeer dra nie – daar is mense wat jou graag sal wil help. Vra net!

Lees verder.

Kom ons bekyk van die simptome van naderby

1. Onrustigheid . Voel jy asof iets jou jaag? Voel jy asof daar nie genoeg tyd in jou dag is vir al die take nie? Dalk help dit as jy ’n lysie maak van al die dinge wat jou kwel - en dan trek jy die goed met ' n lekker dik pen dood soos jy dit afhandel. Organisasie is die wagwoord hier. Neem beheer daaroor. As jy so onrustig voel, beteken dit ook dat jy nie juis op belangrike take (en skoolwerk) kan konsentreer nie. Dit lei nou weer tot moeilikheid met onnies en ouers, of hoe?

2. Pyne. Wanneer ’n mens baie gespanne is, is jou spiere styf en word later seer. Selfs jou maag kan pyn, want die maag is ’n onwillekeurige spierorgaan. Dis goed om oefening te kry, want dan skei mens endorfiene af wat jou laat beter voel.

3. Slaapprobleme. As jy oorspanne is, kan jy dalk nie slaap nie, of jy slaap en word kort-kort wakker. Dit beteken dat jy die volgende dag nog moeër en meer gestres gaan wees. Dis belangrik dat jy ’n roetine volg sodat jou slaappatroon kan normaliseer. Gaan neem ’n lou bad en drink ’n glas melk voor jy gaan slaap. ’n Paar druppels laventelolie in die bad of op die kussing gaan jou help om te slaap. Moenie iets doen voor slapenstyd wat te veel inspanning verg nie. As jy weet waaroor jy so bekommerd is, takel die probleem lank voor slaaptyd.

4. Moegheid. Bly jy moeg al slaap jy? Was jy by die dokter vir ’n bloedtoets om bloedarmoede en ander oorsake uit te skakel? Wanneer ’n mens vir ’n lang tyd baie stres ondervind het, raak jou liggaam se "reserwes" uitgeput. Jy is soos ’n battery wat nie kan herlaai nie. Ons sal by metodes kom om hierdie toestand te verbeter.

5. Huilerig, geïrriteerd? Mense reageer nie dieselfde wanneer hulle stres ondervind nie. Jong meisies is geneig om huilerig te wees, terwyl mans geïrriteerd voel en gou kwaad word. Ons gaan in die res van hierdie module na oplossings kyk vir oormatige stres.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy of haar wêreld te reageer
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
3.1 faktore wat selfbeeldontwikkeling en selfmotivering beïnvloed, ontleed en bespreek;
3.2 besin oor gepaste gedrag in verskillende soorte interpersoonlike verhoudings;
3.5 ’n persoonlike plan vir die voorkoming en hantering van stres ontwerp en implementeer.

Questions & Answers

what is variations in raman spectra for nanomaterials
Jyoti Reply
I only see partial conversation and what's the question here!
Crow Reply
what about nanotechnology for water purification
RAW Reply
please someone correct me if I'm wrong but I think one can use nanoparticles, specially silver nanoparticles for water treatment.
Damian
yes that's correct
Professor
I think
Professor
what is the stm
Brian Reply
is there industrial application of fullrenes. What is the method to prepare fullrene on large scale.?
Rafiq
industrial application...? mmm I think on the medical side as drug carrier, but you should go deeper on your research, I may be wrong
Damian
How we are making nano material?
LITNING Reply
what is a peer
LITNING Reply
What is meant by 'nano scale'?
LITNING Reply
What is STMs full form?
LITNING
scanning tunneling microscope
Sahil
how nano science is used for hydrophobicity
Santosh
Do u think that Graphene and Fullrene fiber can be used to make Air Plane body structure the lightest and strongest. Rafiq
Rafiq
what is differents between GO and RGO?
Mahi
what is simplest way to understand the applications of nano robots used to detect the cancer affected cell of human body.? How this robot is carried to required site of body cell.? what will be the carrier material and how can be detected that correct delivery of drug is done Rafiq
Rafiq
what is Nano technology ?
Bob Reply
write examples of Nano molecule?
Bob
The nanotechnology is as new science, to scale nanometric
brayan
nanotechnology is the study, desing, synthesis, manipulation and application of materials and functional systems through control of matter at nanoscale
Damian
Is there any normative that regulates the use of silver nanoparticles?
Damian Reply
what king of growth are you checking .?
Renato
What fields keep nano created devices from performing or assimulating ? Magnetic fields ? Are do they assimilate ?
Stoney Reply
why we need to study biomolecules, molecular biology in nanotechnology?
Adin Reply
?
Kyle
yes I'm doing my masters in nanotechnology, we are being studying all these domains as well..
Adin
why?
Adin
what school?
Kyle
biomolecules are e building blocks of every organics and inorganic materials.
Joe
anyone know any internet site where one can find nanotechnology papers?
Damian Reply
research.net
kanaga
sciencedirect big data base
Ernesto
Introduction about quantum dots in nanotechnology
Praveena Reply
what does nano mean?
Anassong Reply
nano basically means 10^(-9). nanometer is a unit to measure length.
Bharti
do you think it's worthwhile in the long term to study the effects and possibilities of nanotechnology on viral treatment?
Damian Reply
absolutely yes
Daniel
how did you get the value of 2000N.What calculations are needed to arrive at it
Smarajit Reply
Privacy Information Security Software Version 1.1a
Good
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get the best Algebra and trigonometry course in your pocket!





Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask