<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kwantitatiewe data

  • 'n Maatskappy wat selfone vervaardig mag moontlik data versamel oor hoe dikwels mense nuwe selfone koop en watter faktore hul besluit beïnvloed. Sodoende kan die selfoonmaatskappy bepaal op watter fasiliteite en eienskappe hulle moet fokus om hul produk meer aantreklik te maak vir kopers.
  • 'n Lid van die stadsraad wil moontlik weet hoeveel ongelukke by 'n spesifieke padkruising gebeur om te besluit waar verkeersligte opgerig moet word. Die raadslid kan dan die plaaslike polisiekantoor besoek en hul rekords nagaan om die nodige data te bekom.
  • 'n Supermarkbestuurder mag vra: "Watter tipes gaskoeldrank moet ek in my supermark in voorraad hê?" Daar mag dan aan klante gevra word: "Wat is jou gunsteling gaskoeldrank?" Op grond van hoeveel mense 'n spesifieke gaskoeldrank verkies, kan die bestuur dan 'n ingeligte besluit neem van watter gaskoeldrank om aan te hou.

Dit is belangrik om daarop te let dat verskillende vrae, verskillende fasette van die 'n situasie na vore bring en dat dit die begrip van die situasie sal beïnvloed. Byvoorbeeld, die eerste vraag op die lys kan geformuleer word om te vra: "Het jou huis elektrisiteit?". Indien die gebruiker "Ja" antwoord hierop, terwyl hy krag van sy buurman af herlei, sal dit die verkeerde indruk gee dat die betrokke persoon nie krag nodig het van die amptelike verskaffer nie.

Metodes van dataversameling

Die metode of strategie van dataversameling moet ooreenstem met die vrae wat gevra word. 'n Paar voorbeelde van dataversamelingsmetodes is:

  1. Vraelyste, meningspeilings en onderhoude
  2. Eksperimente
  3. Ander bronne (vriende, familie, koerante, boeke, tydskrifte en die Internet)

Die belangrikste aspek van elke metode van dataversameling is om die vrae wat beantwoord moet word duidelik te formuleer. Die tipe dataversamelingsmetode moet gekies word om by jou vrae te pas.

Byvoorbeeld vraelyste, meningspeilings en onderhoude sal die beste pas by die vrae in die voorbeelde in "Die Doelwit van die Versameling van Primêre Data" .

Steekproef en bevolking (populasie)

Voordat daar begin word met die datainsameling is dit belangrik om te besluit hoeveel data nodig is sodat die resultate 'n verteenwoordigende aanduiding sal gee van die antwoord op 'n sekere vraag. In die ideale geval sal die studie so ontwerp word dat die maksimum hoeveelheid inligting verkry word met die minimum hoeveelheid moeite. Die konsepte bevolking en steekproef is baie belangrik ten einde die energie- en koste-uitset so min as moontlik te hou.

Die volgende terme behoort bekend te wees:

  • beskryf die hele groep wat in die studie in ag geneem word. Byvoorbeeld, as jy wil weet hoeveel leerders in jou skool in die winter verkoue gekry het, dan sal jou bevolking al die leerders in jou skool wees.
  • beskryf 'n groep wat gekies word om die bevolking te verteenwoordig. Byvoorbeeld, vir die opname oor verkoue in die skool kan jy miskien net 'n paar leerders kies - byvoorbeeld een uit elke klas.
  • beskryf 'n steekproef wat op so manier uit die bevolking gekies word dat elke lid van die bevolking 'n gelyke kans het om gekies te word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask