<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe

Aardrykskunde

Graad 8

Kaartwerk

Module 11

Rigting en peiling

1. Waarom moet ons ’n kaart kan lees?

’n Kaart is ’n verkleining van die werklikheid soos dit van reg bo gesien word, geteken volgens ’n sekere skaal. Hierdie skaal dui aan hoeveel keer die werklikheid verklein is.

Op ’n goeie kaart is ligging, rigting, afstand, reliëf, roetes en ander inligting beskikbaar. Dit is dus vir ’n kaartleser maklik om inligting af te lees en noukeurig afleidings te maak.

Vir die doel van hierdie studie gaan van die 1:50 000 topografiese kaartreeks van Suid-Afrika gebruik gemaak word. Dit is ’n versameling kaarte wat die hele land dek. Elke kaart in die reeks het ’n nommer wat presies aandui waar die kaart inpas en wat sy koördinate is. (Sien afdeling 2.2.3)

  • ’n Topografiese kaart beeld nie net die verskynsels van die landskap uit nie, maar ook die topografie (reliëf) van die landskap deur middel van kontoerlyne (sien afdeling 2.5.3).
  • Hierdie kaarte is almal op ’n skaal van 1:50 000 geteken. Dit beteken dat elke een sentimeter op die kaart 50 000 sentimeter in die werklikheid is. Die ware grootte is dus 50 000 keer verklein (sien afdeling 2.4).
  • Om die kaart te kan verstaan en te kan interpreteer, moet die kaartsimbole geken en verstaan word (sien afdeling 2.5).

2. Die basiese elemente van ’n kaart

2.1 Rigting en peiling

’n Bruikbare kaart moet altyd ’n rigtingwyser hê wat aantoon waar noord geleë is. As dit nie die geval is nie, moet jy die kaart so draai dat dit leesbaar is. Woorde moet dus van wes na oos vloei. Dan is die noordekant van die kaart aan die verste kant weg van die leser.

2.1.1 Rigting

Verskillende plekke se rigting ten opsigte van mekaar kan bepaal word deur van die 16 hoofkompasrigtings gebruik te maak.

Die kompasrigtings

AKTIWITEIT 1

  • Voltooi die 16 verskillende hoofkompasrigtings in figuur 2.
  • [LU 1.1]
  • Let net altyd baie goed op VANAF watter punt NA watter punt daar gewerk moet word.

Voorbeeld:

  • Wat is die rigting VAN A na B = ONO
  • Wat is die rigting VAN B na C = S
  • Wat is die rigting VAN C na D = W
  • Wat is die rigting VAN C na A = NW
  • Wat is die rigting VAN B na D = SW
  • Wat is die rigting VAN D na A = NNW
  • Wat is die rigting VAN A na D = SSO2.1.2 Peiling
  • Peiling is ’n meer akkurate meting as rigting omdat dit as ’n HOEK uitgedruk word.
  • Alle peilings word vanaf NOORD regsom (kloksgewys) met ’n gradeboog gemeet.
  • Let weer baie goed op VANAF watter punt NA watter punt daar gewerk moet word.
  • Stappe wat gevolg moet word:
  • Verbind die twee punte met ’n potloodlyn.
  • Trek ’n noordlyn deur die punt VANAF waar daar gemeet moet word.
  • Plaas die gradeboog in posisie met 0º teenoor die noordlyn en die middel by die punt vanaf waar gemeet moet word.
  • Meet die hoek vanaf die noordlyn regsom (kloksgwys) tot by die verbindingslyn (potloodlyn van stap 1).

AKTIWITEIT 2

  • Bestudeer die sketskaart en bereken dan die rigting en peiling.
  • [LU 1.1]
  • Wat is die rigting?
  • Wat is die peiling?
a) Vanaf A na B? ......................... a) Vanaf A na B? .........................
b) Vanaf C na B? ......................... b) Vanaf C na B? .........................
c) Vanaf C na D? ......................... c) Vanaf C na D? .........................
d) Vanaf D na E? ......................... d) Vanaf D na E? .........................
e) Vanaf E na B? ......................... e) Vanaf E na B? .........................

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Aardrykskundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid geografiese en omgewingsbronne identifiseer en selekteer wat relevant tot die navorsing is;1.2 inligting vanaf kaarte en atlasse, asook grafiese en statistiese bronne, interpreteer;1.3 afstandberekening doen op kaarte en dit vergelyk met werklike afstand;1.4 fisiese en mensgemaakte eienskappe op lugfoto’s en kaarte identifiseer.

Memorandum

KAARTWERK – MENSE EN PLEKKE

AKTIWITEIT 1:

AKTIWITEIT 2:

DIE RIGTING DIE PEILING IS
a. Vanaf A na B SW 180 + 33 = ± 213 °
b. Vanaf C na B WSW 180 + 69 = 249 °
c. Vanaf C na D ONO ± 75°
d. Vanaf D na E SSW ± 23°
e. Vanaf E na B WNW ± 94°

AKTIWITEIT 3

  1. 31°11'S, 24°56'O
  2. 33°57'S, 25°34'O
  3. 26°09'S, 28°00'O
  4. 29°50'S, 31°01'O
  5. 33°56'S, 18°52'O

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11035/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask