<< Chapter < Page Chapter >> Page >

“Dit was sommer behoorlike chaos” het mnr. Dirkie Hougaard (49), van Tulbagh gesê. “Ek het destyds by die telefoonsentrale gewerk en was alleen toe die grond so kort-kort begin raas het. Maar ‘n aardbewing was die heel laaste ding waaraan ek, en ek glo ook die meeste ander, ooit gedink het.”

Kort voor tienuur die aand het hy effens onrustig begin word toe die gedreun al hoe harder en meer gereeld geword het. Voordat enigeen nog kon uitpluis wat werklik aan die gang was, was daar ‘n geweldige skudding. Dit was vier minute oor tien.

“Die hele aarde het gebewe. Die lampskerms het uit die dak geskud, mure het gewankel en plek-plek ingetuimel. Krane het losgeskud en water het oral gestroom. Meteens is die krag onderbreek. Ek het besef ek moet uithardloop. Buite het dit soos mistige weer gelyk soos die stofwolke oor die dorp gehang het. En almal was paniekerig.”

Mnr. Hougaard het daarna die kragopwekker van die poskantoor aan die gang gekry, en hulp van die Polisie, afdelingsraad en later ook die Weermag is ontbied.

BEDRAG

Omdat die poskantoor die enigste plek op die dorp met elektrisiteit was, het dit as ‘n basis gedien vir die reddingswerkers. Soos mnr. Hougaard telefonies verneem het van inwoners wat erg deur die skudding getref is, is helpers uitgestuur.

“Maar die lyne was verskriklik oorlaai, want almal het paniekerig gebel om te hoor wat gebeur het en waarheen hulle kon gaan.”

Mnr. Hougaard het kort hierna by sy eie huis, wat hy kort tevore nuut gekoop het, ‘n draai gaan maak. Hoewel hy nie die bedrag kan onthou nie, was die skade aan die huis meer as wat hy vir sy huis betaal het.

En sy vrou, wat hul tweede baba verwag het, het ‘n wond aan haar kop opgedoen toe ‘n pluimbaltrofee van die gordynkap op haar kop geval het. Sy het maande daarna nog geweier om snags in die huis te slaap.

Mnr. N.C. Krone, eienaar van Twee Jonge Gezellen en onder-voorsitter van die destydse Bolandse Rampkomitee, het gesê die meeste inwoners op Tulbagh het erg deurgeloop. Tog is die gees van samewerking en bystand ‘n wonderlike herinnering.

“Noodhulp het onmiddellik na die rampdorpe gestroom, en ‘n omvattende noodlenigingsprogram is reeds die nag na die aardbewing deur die Weermag in werking gestel, met die medewerking van die Polisie en plaaslike instansies.”

Op Tulbagh is die volgende dag 400 tente opgeslaan, op Wolseley 250 en op Ceres 100. ‘n Veldhospitaal is ook deur die Leër op Wolseley opgerig.

Waternood is twee dae later verlig, en nuwe waterpype is na die berge gebring om pype te vervang wat deur vallende rotse beskadig is.

Skenkings

Die sowat R13 miljoen wat die Ramp-komitee beheer het, waarvan byna R1,3 miljoen skenkings deur die publiek was, is byna alles bestee.

My opsomming:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask