<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Refleksie van ʼn punt

Wanneer jy voor ʼn spieël staan, is die afstand tussen jou en die spieël gelyk aan die afstand tussen jou refleksie en die spieël.( d )

Ons kan dieselfde idee toepas op ʼn punt wat reflekteer word in die x -as, die y -as en die lyn y = x .

Refleksie in die x -as

Wanneer ʼn punt reflekteer word in die x -as, moet die refleksie dieselfde afstand onder die x -as wees as wat die punt bo die x -as is en vice-versa, asof dit ʼn spieelbeeld is.

Punte A en B word reflekteer in die x -as. Die oorspronklike punte word aangedui deur en die gereflekteerde punte word aangedui deur .
Wanneer ʼn punt reflekteer word in die x -as, verander slegs die y -koördinaat van die punt.

Bepaal die koördinate van die refleksie van punt P in die x -as. Die koördinate van P is (5;10).

  1. Ons het die koördinate (5;10) van punt P en moet die koördinate van die refleksie van die punt in die x -as kry.

  2. Die punt P is bo die x -as, daarom sal sy refleksie dieselfde afstand onder die x -as wees. Daarom is y =-10.

    Vir ʼn refleksie in die x -as, bly die x -koördinaat onveranderd. Daarom is x =5.

  3. Die koördinate van die gereflekteerde punt is (5;-10).

Refleksie in die y -as

As ʼn punt reflekteer word in die y -as, moet die refleksie dieselfde afstand links en regs van die y -as wees.

Punte A en B word reflekteer in die y -as. Die oorspronklike punte word aangedui deur en die gereflekteerde punte word aangedui met .
Wanneer ʼn punt reflekteer word in die y -as, verander net die x -koördinaat van die punt. Die y -koördinaat bly dieselfde.

Bepaal die koördinate van die refleksie van punt Q (15;5) in die y -as.

  1. Ons het punt Q (15;5) en moet die koördinate van die refleksie daarvan in die y -as kry.

  2. Die punt Q regs van die y -as, daarom sal sy refleksie dieselfde afstand links van die y -as wees as wat dit regs van die y -as is. Daarom is x =-15.

    Vir ʼn refleksie in die y -as, bly die y koördinaat onveranderd. Daarom is y =5.

  3. Die koördinate van die gereflekteerde punt is (-15;5).

Refleksie in die lyn y = x

Die laaste tipe refleksie wat ons gaan behandel, is refleksie in die lyn y = x .

Gevallestudie : refleksie van ʼn punt in die lyn y = x

Bestudeer die gegewe inligting en voltooi die volgende tabel:

Punt Refleksie
A (2;1) (1;2)
B (- 1 1 2 ;-2) (-2;-1 1 2 )
C (-1;1)
D (2;-3)

Wat kan jy aflei omtrent die koördinate van die punte wat reflekteer word in die lyn y = x ?

Die x - en y - koördinate van punte wat in die lyn y = x reflekteer word, ruil net om. Dit beteken dat die x -koördinaat van die oorspronklike punt, die y -koördinaat van die nuwe punt word. Soortgelyk word die y -koördinaat van die oorspronklike punt, die x -koördinaat van die nuwe punt word.

Punte A en B word reflekteer in die lyn y = x . Die oorspronklike punte word aangedui met en die reflekteerde punte word aangedui met .
Die x - en y - koördinate van die gereflekteerde punte in die lyn y = x word dus omgeruil.

Bepaal die koördinate van die refleksie van punt R (-5;5) in die lyn y = x .

  1. Ons het punt R (-5;5) en moet die refleksie daarvan in die lyn y = x bepaal.

  2. Die x -koördinaat van die gereflekteerde punt is die y -koördinaat van die oorspronklike punt. Daarom is x =5.

    Die y -koördinaat van die gereflekteerde punt is die x -koördinaat van die oorspronklike punt. Daarom is y =-5.

  3. Die koördinate van die reflekteerde punt is (5;-5).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask