<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Muggie deel 1

Opvoeders afdeling

Memorandum

Inleiding

Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.

Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.

Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules . Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Module 3 is die eerste van drie modules wat handel oor Muggie. Muggie is ‘n muisie wat met die leerders per brief kommunikeer. Leerders kry geleenthede om briewe aan Muggie te skryf en oplossings te soek vir die geraas in die klas.

Muggie skryf ook vir die klas ‘n raaisel in “muistaal”, naamlik “Wat het muise wat ander diere nie het nie?” Antwoord: Babamuise.

  • SKRIF
:
:
:
,
  • KLANKE EN WOORDBOU

Woorde wat eindig op ng en nk; ‘n “d” of ‘n “t”; woorde wat begin met ge-, be-, en ver-.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees.
aandhandhondhardbrood voetkantstraathartkaart swaardhoedstortgroot
  • Toets jouself. Hou Muggie se woorde toe en kyk of jy nou

weet of die woord 'n “d” of ‘n “t” moet hê.

1. Ek eet botter en ....................................................................................................

2. My ................................................................................................. het afgewaai.

3. Ek stap in die .................................................................................................. af.

4. Hy het 'n doring in sy ..........................................................................................

5. Ek probeer ................... om my ............................. aan die ................................. van die sypaadjie te hou.

  • Merk jou sinne. Hoeveel het jy reg?
LU 3.4.1
  • Wat sê jy nou? 'n Piepklein muisie in jou lessenaar?

Praat met jou beste maat daaroor.

  • Teken:
  • Verdeel in klein groepies en bespreek hoe julle die klaskamer ‘n stiller plek kan maak sodat Muggie sy rus kan kry.
  • Skryf al jul planne hier neer.
  • Lees dan julle planne vir die klas en kyk of jy hulle samewerking kan kry.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask