<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 3   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Bonnie en tommie se skool hou kermis

Opvoeders afdeling

Memorandum

Dit is van die allergrootste belang dat die opvoeder met die inhoud van die module vertroud moet wees voordat dit aan enige leerder uitgedeel word, want in hierdie module is heelwat gevorderde en verrykings werk, maar leerders van die eerste twee groepe behoort dit as ‘n uitdaging te beskou en te kan bemeester. Moenie leerders blootstel aan take wat bo hulle vermoëns is en hulle daardeur ontmoedig nie. (Selekteer volgens hulle vermoëns).

Die aktiwiteite van bl. 23 tot 27, die maak van die bewertjies, kan met die hele klas aangepak word. Dit kan saam met Tegnologie gedoen word.

Getalbegrip tot 1 500

Bewerkings:

Optel-, aftrek- en vermenigvuldig – twee- en driesyfergetalle, met en sonder hergroepering van tiene en honderde;

Deel – tweesyfergetal, met hergroepering van tiene en met ‘n res , bv. 66 ÷ 4 =

In Module 7 word getalbegrip uitgebrei tot 1500. Alle optel-, aftrek- en vermenigvuldigbewerkings word gedoen met twee- en driesyfergetalle, met en sonder hergroepering van honderde en tiene. Deling word slegs met tweesyfergetalle met hergroepering van tiene en met 'n res gedoen, bv. 66 ÷ 4 =

'n Bespreking oor die kermis is nodig sodat die leerders hul gedagtes kan orden en die prent vooraf kan beplan.

Die leerders moet die aantel vanaf eenduisend baie goed verstaan. Maak gebruik van soortgelyke getalleblokke van 1 101 tot 1200, 1201 tot 1300, 1301 tot 1400 en 1401 tot 1500 indien dit nodig blyk te wees.

Winkelspeletjies word aanbeveel om die leerders te help om kleingeld te kan bereken.

Gee spesiale aandag aan die gelyke waardes en mℓ.

Gebruik die plakkate vir nog berekeninge en gee vir die leerders geleentheid om vir mekaar te vra om sekere berekeninge te doen.

Dit is 'n aktiwiteit wat fisies iewers op die terrein uitgevoer kan word. Laat die leerders dit gaan afmeet met 'n klikwiel (trundle wheel).

Dit word van die leerders verwag om in 'n taal anders as die taal van onderrig te kan tel. Indien daar leerders in die klas is wat 'n ander taal magtig is, gee vir hulle die geleentheid om in hul eie taal te tel.

Dit is konsolidering en vaslegging van bewerkings. Gee aandag aan probleem areas. Leerders sal moontlik ‘n ekstra vel papier nodig hê waarop hulle die bewerkings kan doen.

Die berekening van breuke van getalle mag dalk vir sommige leerders probleme veroorsaak. Moedig hulle aan om te probeer en ten minste net die maklikstes te doen.

Die 8x en ÷ word saam met agstes gedoen, alhoewel dit nie 'n vereiste is dat hulle dit moet ken nie.

Vermenigvuldiging word met hergroepering van honderde en ook tiene gedoen.

Hierdie aktiwiteit is om die leerders se kennis van getalle en hul redenasievermoëns te toets.

Deling met hergroepering van die tiene en ook 'n res is 'n bewerking wat vele konkrete werk vereis. Hulle moet kan vertel hoe hulle dink en wat hulle doen, voordat hulle die geskrewe werk kan doen. Gee baie soortgelyke werk.

Moedig die leerders aan om hulle bewerkings te toets.

Hierdie aktiwiteit kan nie op 1 dag afgehandel word nie Dit kan saam met Tegnologie gedoen word. Indien daar nie genoeg tyd beskikbaar is nie, kan die leerders in groepe van 5 gedeel word sodat elke leerder dan slegs 1 vorm voltooi in watter geval die groep dan 'n gesamentlike bewertjie sal moet maak en hulle alle kennis met mekaar moet deel. Indien die leerders dit moeilik vind om die keël en die silinder se rondings in te vou en vas te plak, kan hulle dit aan die buitekant vasplak of die rondings afsny.

Die vorms moet verkieslik op manilla gedupliseer word, maar indien dit nie beskikbaar is nie, gebruik gewone papier.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: maak jou eie bewertjie [lu 3.1, lu 3.2]

  • Hierdie 3 D-vorms is oopgesny. Herken jy hulle?

Op die volgende bladsye is hulle vergroot. Volg die instruksies en maak jou eie bewertjie (mobile) vir jou kamer.

  • Voltooi slegs een vorm op 'n slag.

Instruksies vir al 5 vorms:

1. Skryf jou naam liggies met 'n gewone potlood op al die vorms.

2. Sny 1 van die vorms netjies op die buitelyne (swart lyne) uit.

3. Druk gaatjies soos waar dit gemerk is met 'n o.

4. Versier die buitekant van die vorm met jou eie patrone.

5. Maak voue op al die stippellyne.

6. Merk die grys dele. Dit is die dele wat moet oorvou om vas te plak.

Oefen eers die oorvou voordat jy gom smeer.

7. Smeer gom aan een grys deel op 'n slag en plak vas.

8. Voltooi die vorm en los dit sodat die gom kan droog word.

9. Volg dieselfde stappe totdat al die vorms voltooi is.

10. Pas die 3 D-vorms by die 2 D-vorms op p.23 en skryf die naam by.

11. Bind 'n stukkie dun vislyn aan elke vorm vas.

12. Bind die vorms aan 'n plankie vas en daar hang jou eie bewertjie!

Assessering

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder herken, identifiseer en benoem tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die omgewing en in prente;

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder beskryf, sorteer en vergelyk tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in prente en in die omgewing.:

Questions & Answers

the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
what is cell divisoin?
Aron Reply
Diversity of living thing
ISCONT
what is cell division
Aron Reply
Cell division is the process by which a single cell divides into two or more daughter cells. It is a fundamental process in all living organisms and is essential for growth, development, and reproduction. Cell division can occur through either mitosis or meiosis.
AI-Robot
What is life?
Allison Reply
life is defined as any system capable of performing functions such as eating, metabolizing,excreting,breathing,moving,Growing,reproducing,and responding to external stimuli.
Mohamed
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask