<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Planeet aarde en die heelal

Die aarde

Opvoeder afdeling

Memorandum

Opdrag 5:

  • (skets)

Opdrag 6:

1. waar

2. waar

3. onwaar; eerste maanlanding in 1969 toe die Amerikaners, Neil Armstrong en Edwin Aldrin met Apollo II op die maan geland het.

4. waar

5. onwaar; gedurende dooiegety is die getye effens laer as normaalweg

6. onwaar; die maan lyk groter as ander voorwerpe omdat dit die naaste hemelliggaam aan die aarde is.

7. waar

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die eienskappe van ons maan en die invloed daarvan op die aarde te identifiseer [lu 1.3, lu 2.3]

INLEIDING

  • Die aarde het een maan wat in ‘n wentelbaan om die aarde gaan. Die maan het geen lig van sy eie nie, maar reflekteer slegs die son se lig. Dit neem die maan 29,5 dae om om die aarde te wentel. Daar is geen lewe, lug, wind of water op die maan nie. Komete, asteroïdes en meteore wat met die maan gebots het, het reuse-kraters op die oppervlakte gelaat. Temperature op die maan wissel van –200 grade Celsius tot 120 grade Celsius.
  • Op verskillende tye van die maand sal die maan verskillende vorms aanneem. Dit is omdat die menslike oog verskillende dele van die maan sien wat deur die son verlig word namate die maan om die aarde wentel.
  • Soos wat die maan beweeg, beïnvloed dit ook die vlak van die see, aangesien die maan sy eie aantrekkingskrag het wat inwerk op die see. Hierdie veranderinge in die vlak van die water word getye genoem.

MAANFASES

  • Wanneer die maan presies tussen die son en die aarde is, kan dit nie gesien word nie. Dit staan bekend as Nuwemaan . Hierna lyk die maan soos ’n sekel en word Sekelmaan genoem. Dan kan slegs ’n klein, smal gedeelte van die maan gesien word. Soos die maan om die aarde beweeg, word die sigbare deel van die maan groter totdat dit die eerste kwartier bereik. Die sonverligte gedeelte van die maan word al groter totdat die Volmaan gesien word. Hierna word die sonverligte gedeelte van die maan weer kleiner totdat dit die laaste kwartier bereik. Dan krimp die maan weer tot ‘n Sekelmaan voordat die volgende Nuwemaan begin.

GETYE

  • Omdat die maan soveel nader aan die aarde is as die son, oefen die maan ‘n baie sterker aantrekkingskrag op die aarde uit. Met volmaan en nuwemaan (dit wil sê twee keer per maand) trek die Son en die Maan egter beide in dieselfde lyn die aarde aan. Dit veroorsaak dat die getye van die seë effens hoër as normaalweg is. Dit staan bekend as Springgety.
  • Wanneer die maan in die eerste en laaste kwartier is, trek die son en die maan reghoekig teen mekaar en dan is die getye laer as gewoonlik. Dit staan bekend as Dooiegety. Die aarde roteer een keer in 24 uur om sy eie as, dus sal daar twee hoë en twee lae getye per dag wees.

OPDRAG 5

Gebruik die skets hieronder en verskaf die korrekte byskrifte aangaande die stand van die Maan.

OPDRAG 6

STELLING W O REGSTELLING
Die maan is ‘n satelliet van die aarde.
Die aarde is ‘n satelliet van die son.
Geen ruimtevaarders het al suksesvol op die maan geland nie.
Maansverduistering kom nie voor met elke volmaan nie, omdat die maan die meeste van die tyd nie deur die aarde se skaduwee beweeg nie.
Gedurende Dooiegety is die getye effens hoër as normaalweg.
Die maan lyk groter as ander voorwerpe in die naghemel, omdat die maan ontsaglik groot is. ____________________________
Die eerste en laaste kwartier van die maan kan ook as Halfmaan bekend staan. ____________________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer; veralgemeen ten opsigte van ‘n relevante aspek en beskryf hoe die data die veralgemening steun;

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: identifiseer kernidees in die teks, vind patrone in aangetekende data en maak gevolgtrekkings uit inligting in verskeie vorme (prente; diagramme, ens.).

Questions & Answers

Application of nanotechnology in medicine
what is variations in raman spectra for nanomaterials
Jyoti Reply
I only see partial conversation and what's the question here!
Crow Reply
what about nanotechnology for water purification
RAW Reply
please someone correct me if I'm wrong but I think one can use nanoparticles, specially silver nanoparticles for water treatment.
Damian
yes that's correct
Professor
I think
Professor
what is the stm
Brian Reply
is there industrial application of fullrenes. What is the method to prepare fullrene on large scale.?
Rafiq
industrial application...? mmm I think on the medical side as drug carrier, but you should go deeper on your research, I may be wrong
Damian
How we are making nano material?
LITNING Reply
what is a peer
LITNING Reply
What is meant by 'nano scale'?
LITNING Reply
What is STMs full form?
LITNING
scanning tunneling microscope
Sahil
how nano science is used for hydrophobicity
Santosh
Do u think that Graphene and Fullrene fiber can be used to make Air Plane body structure the lightest and strongest. Rafiq
Rafiq
what is differents between GO and RGO?
Mahi
what is simplest way to understand the applications of nano robots used to detect the cancer affected cell of human body.? How this robot is carried to required site of body cell.? what will be the carrier material and how can be detected that correct delivery of drug is done Rafiq
Rafiq
if virus is killing to make ARTIFICIAL DNA OF GRAPHENE FOR KILLED THE VIRUS .THIS IS OUR ASSUMPTION
Anam
analytical skills graphene is prepared to kill any type viruses .
Anam
what is Nano technology ?
Bob Reply
write examples of Nano molecule?
Bob
The nanotechnology is as new science, to scale nanometric
brayan
nanotechnology is the study, desing, synthesis, manipulation and application of materials and functional systems through control of matter at nanoscale
Damian
Is there any normative that regulates the use of silver nanoparticles?
Damian Reply
what king of growth are you checking .?
Renato
What fields keep nano created devices from performing or assimulating ? Magnetic fields ? Are do they assimilate ?
Stoney Reply
why we need to study biomolecules, molecular biology in nanotechnology?
Adin Reply
?
Kyle
yes I'm doing my masters in nanotechnology, we are being studying all these domains as well..
Adin
why?
Adin
what school?
Kyle
biomolecules are e building blocks of every organics and inorganic materials.
Joe
anyone know any internet site where one can find nanotechnology papers?
Damian Reply
research.net
kanaga
sciencedirect big data base
Ernesto
Introduction about quantum dots in nanotechnology
Praveena Reply
hi
Loga
what does nano mean?
Anassong Reply
nano basically means 10^(-9). nanometer is a unit to measure length.
Bharti
how did you get the value of 2000N.What calculations are needed to arrive at it
Smarajit Reply
Privacy Information Security Software Version 1.1a
Good
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get the best Algebra and trigonometry course in your pocket!





Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask