<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die verantwoordelikheid van ‘n eie begroting wat moet klop, ruk die meeste egter terug na die werklikheid. Dit is harde werk en jou salaris strek nie naastenby so ver as wat jy gedink het nie. Saam daarmee kom boonop die verantwoordelikheid van ‘n loopbaan. Indien jy wil vooruitgang maak in jou beroep, moet jy lang ure werk.

Opdrag

Besoek jou naaste biblioteek en vind bronne oor loopbaanbeskrywings. Maak nou ‘n lys van moontlike loopbane waarin jy sou belangstel. Prioritiseer dit.

Wanneer jy die arbeidsmark betree, is jy ‘n volwaardige lid van die ekonomiese siklus en jou werkgewer (as jy vir iemand anders werk), of jou eie besigheid (as jy vir jouself werk), sal druk op jou uitoefen om resultate te lewer.

Jy ontvang nie nou alleen ‘n groter hap van die ekonomie in die vorm van ‘n salaris/inkomste nie, maar jy ploeg ook ‘n groter deel terug in die ekonomie in ruil vir produkte en dienste wat jy bekom en so vorm jy ‘n belangrike skakel in die ekonomiese siklus van jou land – en indirek van die wêreldekonomie. Ja, net soos ons land ‘n interne ekonomiese siklus het, vorm hy ook deel van die groter wêreldekonomie.

Posisie binne die arbeidsmark

Die arbeidsmark kan gesien word as ‘n leer waarop jy klim met elke verhoging, totdat jy uiteindelik die hoogste sport bereik het.

Direkteur/Eienaar
Senior bestuurder
Afdelingsbestuurder
Posvlak 1 werknemer

Party werknemers verkies om nie in ‘n bestuurshoedanigheid te funksioneer nie en word dan bloot binne hul eie posvlak bevorder en vergoed.

Indien jy jou eie besigheid besit, staan jy in diens van jouself. Jy is dan die werkgewer en het moontlik mense wat vir jou werk – werknemers.

Gesels met jou ouers en familielede wat reeds die arbeidsmark betree het en vind uit op watter posvlakke hul aangestel is. Stel vas of hul salarisse verband hou met die poste wat hulle beklee en stel vas hoeveel van hulle in hul eie diens staan. Doen verslag aan die klas.

LU 1.1

Belegger

Die meeste aktiewe lede van die arbeidsmark doen op een of ander stadium ‘n belegging of beleggings. Sodoende probeer hul nie slegs om hul geld te laat vermeerder nie, maar lewer hulle ook ‘n verdere bydrae tot die ekonomiese siklus.

Voorbeelde:

  • koop ‘n erf en verkoop dit ‘n jaar later teen ‘n verhoogde prys;
  • koop aandele in ‘n snelgroeiende maatskappy teen ‘n relatiewe lae prys per aandeel en verkoop dit dan later teen ‘n hoër prys;
  • neem ‘n uitkeerpolis uit teen ‘n bepaalde maandelikse bedrag; ens.

Gesels met jou ouers en maak ‘n lys van nog maniere oor hoe om geld te belê.

  1. Aftrede

Met aftrede verlaat jy gewoonlik die arbeidsmark. Indien jy voorsiening gemaak het, behoort jy nou ‘n maandelikse pensioen te ontvang wat genoeg behoort te wees om jou lewenstandaard te handhaaf. Afgetredenes vervul steeds ‘n dinamiese rol in die ontwikkeling van die land se ekonomie. Hierdie rol word oor die algemeen egter meer passief uitgeoefen, aangesien die meeste afgetredenes dit verkies om in hierdie fase ‘n rustige bestaan te voer. Hulle word nou hoofsaaklik verbruikers wat nie meer ‘n sterk investeringsrol in die ekonomiese siklus speel nie.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Die Ekonomiese KringloopDie leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder die volgende doen :
1.1 beskryf die rol van huishoudings, sakeondernemings en die staat in die ekonomiese kringloop;
1.4 verduidelik verskillende soorte belasting en hoe dit verbruikers en sakeondernemings affekteer.
LU 2
Volhoubare Groei en OntwikkelingDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink.
Ons weet dit as die leerder die volgende doen :
2.3 identifiseer stappe wat die staat kan doen om historiese wanbalanse en armoede reg te stel (bv. herverspreiding van hulpbronne, geslagsgelykheid, kapasiteitsbou, die herstel van menswaardigheid, die skep van geleenthede vir bemagtiging).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11012/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask