<< Chapter < Page Chapter >> Page >

3.2 Watter naam is aan hierdie wigvormige skrif gegee? Die bibliotekaris kan jou help om die naam in een van die biblioteekboeke te kry.

4. Die Romeine

As ons dink aan hoe ons op ons vingers tel, herinner dit ons aan hoe die Romeinse stelsel gewerk het. Een vinger verteenwoordig, byvoorbeeld, die getal een. Die V tussen ons duim en die vingers van ons oop hand verteenwoordig 5. Hulle het dus letters gebruik om hulle getalle te skryf.

4.1 Kyk of jy die ontbrekende verduidelikings vir sommige Romeinse getalle kan invul:

Romeinse getalle Verduideliking Ons getalle
I 1
II 2
III 3
IV Een minder as vyf 4
V Hoe die spasie tussen die duim en die vingers van ‘n oop hand lyk. 5
VI Een meer as vyf 6
VII Twee meer as vyf 7
VIII Drie meer as vyf 8
IX Een minder as tien 9
X Hande of arms wat gekruis word 10

Die Romeine het baie van "meer as" en "minder as" gebruik gemaak.

4.2 Probeer om die volgende tabel met behulp van die vorige een te voltooi:

Romeinse getalle Verduideliking Ons getalle
Een meer as tien 11
Twee meer as tien 12
Drie meer as tien 13
Een minder as vyftien 14
Tien en vyf 15
Een meer as vyftien 16
Twee meer as vyftien 17
Tien en agt 18
Een minder as twintig 19
Twee keer tien 20

Ander spesifieke letters verteenwoordig groter getalle:

50 60 90 100 500 1 000
L LX XC C D M

4.3 Watter getal is deur die Romeinse “ C ” verteenwoordig?

(Let wel: Wanneer ons meet, is 100 cm = 1 meter)

4.4 Watter getal is deur die Romeinse “ M ” verteenwoordig?

(Let wel: Wanneer ons meet, is 1 000 mm = 1 meter)

5. Die antieke Egiptenare

Die antieke Egiptenare het ‘n stelsel van prenteskrif of piktografie gebruik. Die Egiptiese getalle het soos volg gelyk:

5.1 Bestudeer dit met aandag. Die Romeine het dikwels van V en X gebruik gemaak. Watter getal is deur die Egiptenare gebruik om baie van hulle getalle te skryf?

  • Hoe het die antieke Egiptenare 88 geskryf? (Maak gebruik van die prente hierbo.)
  • Probeer nou om 10 257 te skryf soos die antieke Egiptenare dit sou doen.

(Miskien is ons getallestelsel nie so sleg nie!)

Ons getalle lyk glad nie soos dié van die Babiloniërs, die Romeine of die antieke Egiptenare nie. Waarvandaan kom ons getallestelsel dan?

6. Die Hindoe-Arabiese simbole

Daar was ‘n tyd toe hulle so gelyk het:

Ons het ons 1; 2; 3; 4; 5; 6; 7; 8; 9 vanaf die Arabiere gekry. Ons “0” kom vanaf die Hindoes van Indië, via die Arabiere wat dit oorgeneem het. Kan jy dink hoe ons sonder die “0” kon regkom? Dink net hoe onmoontlik sou dit wees om die getal tweeduisend en tien sonder die “0” te skryf!

HOOFREKENE-TOETS 1

Ken jy hierdie getalkombinasies wat kleiner as 20 is?

1 9 +3 = 11 7 - 4 =
2 7 + 5 = 12 8 - 3 =
3 8 + 7 = 13 11 - 5 =
4 0 + 5 = 14 17 - 8 =
5 7 + 9 = 15 1 - 0 =
6 6 + 8 = 16 13 - 8 =
7 4 + 8 = 17 14 - 9 =
8 6 + 5 = 18 17 - 9 =
9 6 + 7 = 19 13 - 4 =
10 4 + 7 = 20 16 - 7 =

HOOFREKENE-TOETS 2

Hersiening van kombinasies wat groter is:

1 48+ 9 = 11 37 - 4 =
2 68 + 7 = 12 1 001- 3 =
3 87 + 9 = 13 43 - 5 =
4 55 + 9 = 14 66 - 8 =
5 90 + 90 = 15 1 - 0 =
6 50 + 60 = 16 83 - 8 =
7 80 + 50 = 17 35 - 9 =
8 17 + 8 + 6 = 18 170 - 90 =
9 54 + 8 + 7 = 19 130 - 40 =
10 94 + 4 + 7 = 20 160 - 70 =

HOOFREKENE-TOETS 3

Vervang die  met die korrekte verwantskapsteken: = ;  ;<

1 9 + 6  7+ 8 11 9 – 5  4 + 0
2 2 + 9  6 + 6 12 6 + 7  9 + 4
3 13 – 9  11 – 8 13 11 – 7  14 – 8
4 15 – 7  13 – 5 14 12 – 8  4 + 2
5 5 + 8  6 + 7 15 9 + 5  6 + 8
6 13 – 6  11 – 4 16 6 + 9  7 + 7
7 2 – 0  2 + 3 17 15 – 6  17 – 9
8 9 + 7  8 + 7 18 7 + 8  8 + 6
9 17 – 8  15 – 7 19 6 + 14  36 – 16
10 1 – 0  1 + 0 20 15 – 6  34 – 25

HOOFREKENE-TOETS 4

1. Skryf die ontbrekende getalle neer:

1.1 468 = _____ honderde + _____tiene + _____ene

1.2 2 350 = _____ duisende + _____honderde +_____ tiene + 0 _____

1.3 8 642 = _____duisende + _____honderde + _____tiene + _____ene

  • 7 duisende + 9 honderde + 6 tiene + 1 ene = _____
  • 1 tienduisend = _____

2. Skryf die getal neer wat:

2.1 een meer as 999 is _____

2.2 vyf minder as 101 is _____

2.3. tussen 48 en 50 is _____

  • Groter as een duisend en kleiner as eenduisend en twee is _____
  • tien minder as 9 000 is ______

3. Skryf die ontbrekende getalle neer:

  • As 7 + 8 = 15, dan is 17 + 8 = _____ en 70 + 80 = ______
  • As 6 + 7 = 13, dan is 16 + 7 = _____ en 16 + 13 = ______
  • As 14 – 6 = 8, dan is 140 – 60 = _____en 16 + 8 = _____

4. Trek 'n sirkel om die grootste getal: 1 010; 1 001; 1 100

5. Watter getal is 99 meer as 9 901? ______

6. Wat is die waarde van die 3 in die getal 3 456? _____

7. Watter getal is 2 minder as 1 001?_____

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Getalle, Verwerkings en VerwantskappeDie leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 aan- en terugtel in ‘n verskeidenheid intervalle (insluitend 2’s, 3’e, 5’e, 10’e, 25’s, 50’s en 100’e) tussen 0 en minstens 10 000;
1.2 verskeie maniere van tel deur die geskiedenis heen in verskillende kulture (insluitend plaaslik) beskryf en illustreer;

Memorandum

AKTIWITEIT 1 – verskeie manier van tel

1. GETALSPELETJIES

Opdrag

2.1 Hulle moes hulle diere en besittings tel.

2.2 Teken

2.3 Hulle het 'n klippie in 'n sak gesit vir elke dier of besitting.

3. Babiloniërs

3.1 Teken

3.2 wigskrif

4.1 een; dubbel een; drie

4.2 XI; XII; XIII; XIV; XV; XVI; XVII; XVIII; XIX; XX

4.3 100

4.4 1 000

5. Die Egiptenare van die Antieke tyd

5.1 I

5.2 kyk na die diagram

5.3 kyk na die diagram

6 Die Hindoe-Arabiese simbole

Bespreking

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask