<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die voëls is baie kwaad.

“Wat gaan van ons word as ons eiers nie eers meer veilig is nie,” kla almal gelyk.

Koning Leeu beveel al die diere om voor hom te verskyn. Hulle kan sien hoe kwaad hy is. Hy vertel vir hulle wat gebeur het. Almal is verslae! Wie is so gemeen om dit te doen, wonder hulle almal.

Jakkals, Muishond en Slang hou hulle dom en maak of hulle net so verbaas is.

Koning Leeu sê die skuldiges moet vorentoe kom, maar niemand roer nie. Met ‘n harde gebrul beveel hy vir Jakkals, Muishond en Slang om voor hom te verskyn.

“Dis nie my skuld nie!” sê Jakkals.

“Dis nie my skuld nie!” sê Muishond.

“Dis nie my skuld nie!” sê Slang.

“Nee,” brul Koning Leeu. “Ek wonder waarom julle al drie sulke geel bekke het. Ek gaan julle swaar straf.”

LU 3.5
  • Lees die advertensie wat in die Boskoerant verskyn het.

Ons ly honger

Daar is te min gras en groen blare vir die planteters

in die bos.

Die grootwild beskerm hulle kleintjies al beter en nou

kry die vleiseters nie genoeg kos nie.

Ons MOET ‘N PLAN BEDINK!

Kom Dinsdagoggend om 10:00 by die rivier bymekaar.

Die diere van die bos gaan ‘n betoging hou teen die

tekort aan voedsel.

Die betogers sal Koning Leeu versoek om stappe te doen.

WEES DAAR1 KOM ALMAL!

  • Verdeel in groepies van vier en bespreek die volgende:

1. Wat dink julle het die tekort aan voedsel veroorsaak? (Dink aan vloede, droogtes, rampe).

..........................................................................................................................................

2. Wie woon almal in die bos? Skryf neer:

..................................................................................................................................

LU 1.2 LU 2.4 LU 3.1 LU 4.4

3. Bespreek watter diere in die bos is, planteters (herbivore) en watter is vleiseters (karnivore).

..........................................................................................................................................

4. Watter oplossings sal Koning Leeu vir die planteters hê? Skryf neer.

a) ......................................................................................................................................

b) ......................................................................................................................................

c) ......................................................................................................................................

d) ......................................................................................................................................

5. Watter oplossings sal Koning Leeu vir die vleiseters hê? Skryf neer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask