<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 4:

Om afleidings uit koerantberigte te maak

[lu 1.5]

  • Versamel koerantberigte oor die onderwerp en vertoon dit op jul uitstalbord. Berigte wat op ‘n oplossing vir enige soort probleem rondom VIGS dui, moet op ‘n bepaalde manier aangedui word. Besluit self hoe.

Aktiwiteit 5:

Om afleidings uit koerantberigte te maak

[lu 1.5]

  • Lees weer ‘n keer die koerantberig op bl. 40 oor die VIGS ramp wat ons land in die gesig staar, dink ‘n bietjie daaroor en bespreek dit met jou maats. Dit behoort duidelik te wees dat as daar nie vinnig ‘n plan met die verspreiding van die MI Virus gemaak word nie, Suid-Afrika op ‘n ramp sal afstuur.
  • Skryf ‘n paragrafie of twee oor die moontlike probleme waarin jy die volgende woorde en frases gebruik:

V oorsien jou paragraaf van ‘n treffende opskrif.

Aktiwiteit 6:

Om afleidings uit koerantberigte te maak

[lu 1.5]

  • Teen die einde van die koerantberig word iemand aangehaal wat gesê het: “Die oplossing vir die probleem begin by myself.” Sê in een sin wat julle dink hy bedoel het.

Aktiwiteit 7:

Om verslag te doen oor aanpassings op verskillende terreine

[lu 3.1]

Om te oorleef, moet jy aanpas.

Aanpassing is oorlewing.

Hy wat nie aanpas nie, sal nie oorleef nie!

Omdat hulle nie kon aanpas nie, kon hulle nie oorleef nie!

  • Hierbo word dieselfde waarheid op vier maniere gesê. In die lig van die gevaar wat VIGS vir Suid-Afrika inhou, is dit duidelik dat baie aanpassing nodig is vir oorlewing.
  • Bespreek die aanpassing wat op die volgende terreine gemaak moet word om die uitdagings die hoof te bied, en doen verslag aan die klas:
  1. die versorging van weeskinders;
  2. ‘n fabriek se geskoolde werkers word sieker en minder;
  3. die Departement van Gesondheid se kostes verdubbel elke jaar;
  4. die opvoeding.

Aktiwiteit 8:

Om die simboliek van die vigsstrikkie te verduidelik

[lu 1.5]

  • Ons sien so baie dat mense ‘n rooi strikkie dra. Wat sou die doel daarmee wees?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en interpreteer [werk met bronne];
1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwoord];
1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagramme en grafika, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra].
LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identifiseer, met ‘n fokus op bevolkingsgroei en -verandering [identifiseer die vraagstuk];

Memorandum

Aktiwiteit 1:

  • Hierdie getalle sal jaarliks verander.
  • 2002 4 000 000 MIV+ 380 000 vigswesies
  • 2003 4 700 000 MIV+ 450 000 vigswesies en dies meer . . . . . . . .
  • Afhangende van die leerders se behendigheid met die aflees van die statistiek, sal antwoorde verskil.
  • Die kleiner verskille maak nie saak nie. Die doel van die oefening is om die leerder ‘n besef van die omvang van die probleem te gee – om hom dit self te laat vasstel.

Aktiwiteit 5:

Die doel is om te kyk of die leerders die begrippe in die konteks van die Suid-Afrikaanse situasie kan vertolk. Woorde kan in enige volgorde gebruik word.

Die geskoolde werkmag “verdwyn” en fabrieke sal probleme met hul produksie ondervind.

Koopkrag van gemeenskappe neem af omdat geld aan die mediese versorging van siek gesinslede bestee word.

Soldate en polisielede wat MIV-positief is en siek word, veroorsaak dat die veiligheid van die land bedreig word en misdaad verder sal toeneem.

Die versorging van miljoene weeskinders sal ‘n groot las op oorblywende gesinslede en die staat wees.

Aktiwiteit 6:

Moontlikhede:

hy moet sy houding teenoor die siekte verander

hy moet alles in sy vermoë doen om die probleme op te los

Aktiwiteit 7:

  1. ‘n Spesiale beleid om die kinders teen die aanslae van die lewe te beskerm, sal geformuleer moet word.

of

Nuwe soorte weeshuise sal beplan en gebou moet word.

  1. Groter meganisasie (maar dit skep weer ander probleme).
  2. Alle departemente se begrotings sal aangepas moet word om geld vir gesondheidsorg vry te stel.
  3. Mense (kinders sowel as volwassenes) moet opgevoed word om eerstens die verspreiding van MIV te beperk, en tweedens die gevolge van VIGS te hanteer/bestuur.

Aktiwiteit 8:

Mense moet bewus gemaak word van MIV/VIGS. Dit is ‘n werklikheid vir almal, en nie iets wat net ander mense affekteer nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask