<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 4

Kaartwerk

Module 5

Kaartsimbole

Op kaarte word ‘n groot oppervlak meestal in ‘n klein prentjie vertoon. Daar word dan nommers, letters en prentjies gebruik om dinge soos riviere, paaie, spoorlyne, geboue en vele meer aan te dui. Dit word kaartsimbole genoem. Om die simbole op ‘n kaart te verduidelik, word ‘n kaartsleutel gebruik.

1.die plan (kaart) van my klaskamer

Tom het ‘n kaart (plan) van sy klaskamer op geruite papier geteken.

Die klaskamer was te groot om op ‘n vel papier geteken te word en Tom moes die klaskamer VERKLEIN. Die skaal wat hy gebruik het, was: 1 blokkie = 1 tree. Dit beteken dat vir elke een tree wat hy afgetree het, hy een blokkie op die papier gebruik het. Ook die tafel en ander meubels is hiervolgens verklein.

Aktiwiteit 1

Om ‘n plan van die klaskamer te teken [lu 1.3]

Gebruik die simboolsleutel wat jul opvoeder julle sal gee en teken ‘n plan van jul klaskamer soos dit vanuit die lug sal lyk. Vul die sleutel aan, indien nodig. Kleur mag gebruik word, maar werk eers in potlood om te beplan. Gebruik weer een tree vir elke blokkie. Werk op jou eie.

My klaskamer

Sleutel

Mooi so !

Jou opvoeder gee nou vir jou ‘n plan van jou klaskamer wat hy/sy self opgetrek het.

Aktiwiteit 2

Om twee planne met mekaar te vergelyk [lu 1.3]

1. Vergelyk die plan van jul opvoeder met die een wat jy self van jul klaskamer geteken het. Kyk waar jy (of jou opvoeder) foute gemaak het.

2. Tree die klas se lengte af. Dit is ................... treë.

3. Tree die klas se breedte af. Dit is ................. treë.

  1. Kleur jou bank rooi in.
  2. Trek die kortste roete na die klas se deur met ‘n rooi pyl in.

2.die plan van die skoolterrein

  • Vandag gaan ons ‘n groter plan bestudeer. Ons gaan die HELE SKOOLTERREIN op ‘n plan (kaart) voorstel.
  • Ons moet egter eers VELDWERK gaan doen om al die nodige kennis in te samel.

Aktiwiteit 3

Om die skoolterrein op ‘n plan voor te stel [lu 1.4]

Neem ‘n stuk papier en potlood saam om notas en sketse te maak van alles wat julle sien. Kyk goed na die volgende:

1. Die ligging en vorm van die skoolgebou.

2. Die ligging en vorm van ander geboue op die skoolterrein.

3. Die ligging en vorm van die sportvelde.

4. Die ligging en vorm van die speelterrein.

5. Die ligging en vorm van die blomtuine.

6. Die ligging van die hoofingangshek.

7. Die name van die strate aan alle kante van die skoolterrein.

8. Maak seker waar die vier hoofrigtings geleë is.

Terug in die klas

Julle opvoeder deel nou vir julle ‘n klaar getekende plan van julle skoolterrein uit:

1. Draai julle banke so dat julle almal NOORD kyk.

2. Bekyk die plan van die skoolterrein deeglik en besluit waar die vier hoofrigtings is. Dui dit op jou plan aan.

3. Bekyk die plan van die skoolterrein deeglik en vergelyk dit met jou notas. Stem jy saam oor die ligging van die geboue en ander plekke?

4. Gebruik die plan se sleutel en kleur die plan daarvolgens in, byvoorbeeld:skoolgeboue – rooi; sportvelde – groen, ensovoorts.

5. As julle sukkel, kan julle opvoeder julle weer na buite neem om seker te maak van julle feite.

6. Dui die roete vanaf die voordeur van die skoolgebou na die hoofhek met ‘n rooi pyl aan.

7. In watter rigting front die voordeur van die skool?

8. Skryf die verskillende straatname op die korrekte plekke op die plan in.

3.ons onmiddellike omgewing

  • Hier is ‘n straatplan van ‘n gedeelte van Kaapstad.

Aktiwiteit 4

Om ‘n straatplan te lees [lu 1.5]

1. Waarom dink julle is dit nodig dat daar ‘n straatplan van ‘n stad moet wees?

.....................................................................................................................

.....................................................................................................................

2. In watter rigting lê gebou A van gebou C op die straatplan van Kaapstad?

…………………………………………………………………………………….

3. Gebruik rooi om die kortste roete van punt C na punt D op die kaart aan te dui (neem eenrigtingstrate in ag).

4. Jy staan op die hoek van Loop- en Leeuwenstraat. Verduidelik aan ‘n toeris hoe om vanaf hierdie posisie by punt D uit te kom.

.......................................................................................................................

.......................................................................................................................

.......................................................................................................................

Julle opvoeder gaan later vir julle net so ‘n kaart van julle eie omgewing uitdeel. Ons gaan vandag egter eers weer VELDWERK van ons eie omgewing doen.

Julle opvoeder deel nou die kaart van julle onmiddellike omgewing aan elkeen uit. Beantwoord nou die volgende vrae (let op na jou kaartsleutel):

1. Vind jou skool op die straatplan en kleur dit in.

2. Vind jou eie huis, of dié van iemand wat jy goed ken, op die kaart. Kleur dit ‘n ander kleur in.

3. Dui die roete wat julle vir die veldwerkuitstappie gevolg het, op die kaart aan.

4. Watter straat lê suid van jou skool? ................................................

  1. Dui die belangrike geboue en ander kenmerke wat julle opvoeder tydens die uitstappie aangedui het, op jou eie kaart aan.

Assessering

Leeruitkoms 1: aardrykskundige ondersoek

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.3 simbole identifiseer wat in verskillende soorte kaarte gebruik word (insluitend planaansigte, ruitenet- en kaartsleutels).

1.4 plekke se ligging vind deur ‘n eenvoudige ruitenetverwysingstelsel en rigting te gebruik;

  • belangrike staatkundige grense en belangrike menslike en fisiese kenmerke op grootskaalkaarte identifiseer.

Memorandum

  1. Nie verdwaal; vind plekke; vind kortste roete, ens.
  2. S

4. 2 blokke oos (in Leeuwen); 3 blokke suid

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11083/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask