<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Leer nou om hierdie sportsoorte en sportterme korrek te spel.

Aktiwiteit 6:

Om te onthou wat gelees is

[lu 3.2.2]

Lees die onderstaande gedeelte oor tennis se twee super-susters en beantwoord die vrae. Vyf minute word vir die deurlees daarvan toegelaat.

Serena se Titel-Beurt

Herman Jansen

Wimbledon

Sou die twee Williams-susters hierdie keer vergeet van hul bloedbande en mekaar bevlieg met die intensiteit waarmee hulle hul ander teenstanders afmaai?

Sou daar in hierdie historiese kragmeting uiteindelik ‘n stryd tot die dood wees sonder ‘n sweem van ‘n gekokery oor wie gaan wen?

Dié vrae is gister onomwonde vir 14 000 toeskouers beantwoord op Wimbledon se hoofbaan in die vroue-eindstryd.

En dit was die jonger Serena (20) wat ondubbelsinnig met haar raket die praatwerk gedoen het.

Sy het sonder genade in net 78 minute in skoon stelle klaargespeel met Venus (22), wat probeer het om haar derde Wimbledon-enkelspeltitel in ‘n ry te wen.

Klassiek was dit nie, maar verreweg die beste kragmeting nog tussen die twee susters wat wêreldtennis straks baie jare lank gaan oorheers.

Die telling was 7-6 (7/4) 6-3.

“Dis nie pret om jou Wimbledon-kroon te verloor nie. Maak nie saak teen wie dit is nie,” het Venus op ‘n perskonferensie gesê. “Ek dink ek het goed gespeel. Ek het hoë-persentasie-tennis gespeel, maar Serena het aanhou druk en haar houe met krag teruggespeel.

Die twee susters het in 1998 die eerste keer teen mekaar gespeel. Gister was dit die negende botsing en die telling is 5-4 in Venus se guns. Maar Serena het vier van hul laaste vyf kragmetings gewen.

Venus het verlede jaar die Amerikaanse Ope op Flushing Meadows gewen en Serena was verlede maand bobaas op Roland Garros.

Serena was gister sterker en skerper as Venus, wat by tye traag voorgekom het.

“Ons het albei ons beste gelewer. Ons wou albei wen,” het Venus gesê.

Wat gaan sy doen om volgende keer haar suster, wat nou no. 1 in die wêreld is, te klop?

“Ek sal net op die baan moet gaan baklei. Dis die beste antwoord wat ek aan kan dink.”

‘n Verslaggewer het in gebroke Engels gevra of Serena “dapperder en gewelddadiger” as sy is. Venus: “Ek reken jy sal jou eie aannames moet maak.”

Hoe vergelyk gister se vertonings met hul vorige Grand Slam-kragmetings?

“Ons is vermaaklikheidskunstenaars. Ons probeer elke keer om die toeskouers en almal wat die wedstryd dophou, te vermaak.” Venus het gesê dit was nog nooit emosioneel moeilik om teen haar suster te speel nie.

Serena is op die perskonferensie voorgestel as “Wimbledonse kampioen”.

“Ja, dis ek daardie,” het sy met ‘n groot glimlag gesê.

“Ek voel goed. Ek is deel van die (All England Lawn Tennis&Croquet) klub.”

Sy het gesê sy het laas in ‘n toernooi in München teen Venus so goed gespeel soos vandag.

“Ek kan nie selfvoldaan word nie – dan gaan spelers nog harder probeer om my te klop. Ek het aan die begin van die jaar gesê maak nie saak wat gebeur nie, ek wil Wimbledon wen. Die Franse Ope was ‘n bonus. Ek wou lid word van die Wimbledon-klub, lid word van die geskiedenis.

“Ek is geestelik sterker as verlede jaar toe ek hier verloor het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask