<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 6

Uitdrukking en kommunikasie

Module 5

Om rituele te identifiseer

MUSIEK

Aktiwiteit 1:

Om rituele te identifiseer

[lu 4.4]

2Alle kulture in die wêreld het een of ander vorm van geloof wat deur godsdienstige rituele beoefen word.

Kies ‘n spesifieke ritueel uit jou godsdiensbeoefening, vul dit hier onder in en beantwoord dan die vrae. Daarna kan ‘n opname gedoen word om te bepaal watter elemente gewoonlik betrokke is by een of ander vorm van ‘n ritueel van godsdienstige aard.

RITUEEL: JA NEE KlasmeerderheidJa/Nee
Is daar musiek by betrokke?
Is daar beweging by betrokke?
Is daar dans by betrokke?
Is daar sang by betrokke?
Is die woorde van die sang belangrik?
Is die sang hoofsaaklik solo?
Is die sang hoofsaaklik samesang?
Is daar ander elemente wat bydra tot die atmosfeer? (kerse)
Is daar iets wat almal deel? (bv. brood, wyn)
Is daar simbole by betrokke? (bv. water)
Dink jy ‘n ritueel kan op sy eie uitgevoer word?

Aktiwiteit 2:

Om die simboliek in rituele identifiseer

[lu 4.4]

Wat is simboliek?

In rituele speel simboliek ‘n belangrike rol.

  • Dink aan die groet-ritueel.
  • Die hande skud is net ‘n simbool . Dit skep letterlik ‘n band tussen die twee mense en simboliseer (dui op, beteken) vriendskap.
  • Nog ‘n voorbeeld waar water as simboliek gebruik word is die Hatsiatsia (Uitgespreek: Hat-cha-cha)

De Hatsiatsia is ‘n ritueel uit Ghana wat op die eerste Sondag van elke maand gehou word. Mense staan in ‘n kring met ‘n emmer geseënde water in die middel. Hulle dans dan stadig om die emmer en elkeen kry ‘n kans om sy hande in die emmer te steek en dan sy gesig af te vee. Die water word as simbool gebruik om die argumente die afgelope maand met vriende en familie “weg te was” (vergewe en vergeet). Die musiek word op metaalklokke gespeel.

  1. Wat is die simboliek van water in jou geloof /godsdiens?
  1. Hoekom dink jy is die woorde van die sang belangrik in ‘n ritueel?
  1. Wat dink jy is die simboliek van die samesang in ‘n ritueel?

Aktiwiteit 3:

Om die funksie van musiek in rituele te ondersoek

[lu 4.4]

MUSIEK EN SIMBOLIEK

Musiek speel ‘n belangrike rol in rituele. Spesifieke musiek word dikwels geassosieer met sekere rituele.

  • Luister na die musiekvoorbeelde.
  • Besluit dan met watter van die onderstaande rituele jy dit sou verbind.
  • Teken enige simbool wat jy met hierdie rituele sou assosieer.
Skoolbyeenkoms Troue Nasionale vakansiedag Sportbyeenkoms

Voorbeeld 1:

Voorbeeld 2:

Voorbeeld 3:

Voorbeeld 4:

  • Die funksie van Musiek in rituele
  • Almal sing en/of dans saam. ‘n BAND word gevorm
  • Die woorde van die lied wat ons sing dra ‘n BOODSKAP uit.
  • Terwyl ons sing ervaar almal EMOSIES: vrolik, hartseer,trots, opgewondenheid.
  • Die lied skep ‘n spesifieke ATMOSFEER: feestelik, spokerig.

Ondersoek die musiek

  • ‘n Sportritueel

Voltooi nou die volgende t.o.v. die musiek in ‘n sportritueel, bv. in ‘n wedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland:

  • Watter band word gevorm?
  • Watter boodskap word uitgedra?
  • Watter emosies word ervaar?
  • Watter tipe atmosfeer word geskep?
  • ‘n Skoolritueel

Voltooi nou die volgende t.o.v. die musiek in ‘n skoolritueel:

  • Watter band word gevorm?
  • Watter boodskap word uitgedra?
  • Watter emosies word ervaar?

Watter tipe atmosfeer word geskep?

  • ‘n Godsdiensritueel

S tap 1

Lees die volgende, eers in Afrikaans en dan in Xhosa:

S tap 2

Verdeel in groepe en voer die opdragte uit wat Juffrou van julle vra.

Kies die korrekte term:

  • Herhaling / nabootsing / vraag-en-antwoord is wanneer dieselfde patroon deur dieselfde stem herhaal word.
  • Herhaling / nabootsing / vraag-en-antwoord is wanneer dieselfde patroon deur ‘n ander stem herhaal word.
  • Herhaling / nabootsing / vraag -en-antwoord is wanneer twee stemme verskillende patrone gebruik om mekaar op te volg.

S tap 3

MASITHI staan ook bekend as “Die Groot Amen”.

Stephen Molefe (‘n onderwyser) het hierdie Xhosa-lied gekomponeer.

Aan die einde van die erediens is daar gewoonlik ‘n dankseggingsgebed. As slot van die dankseggingsgebed sluit die res van die gemeentelede by die prediker aan met hierdie lied. Die betekenis van die woorde is “Kom ons sê: Amen, Ons prys U”.

S tap 4

Sing die lied!

S tap 5

Voltooi die volgende deur die korrekte woorde te kies:

atmosfeer vraag-en-antwoord boodskap band herhaling dankbaarheid
  1. Die gemeentelede sing saam met die prediker die slotsang. Daar is dus ‘n

_________ tussen die al gemeentelede en die prediker.

  1. Die woorde dra ‘n _________ uit, nl. “Ons prys U” (geloof)
  2. ‘n Gewyde _________ word geskep.
  3. Die emosie wat ervaar word is die van _________ .
  4. Kenmerke van hierdie lied: ________ en _________ .

Aktiwiteit 4:

Om ‘n ritueel te skep en uit te voer

[lu 4.4]

Skep nou julle eie ritueel! Skryf oor die volgende nadat jou groep ‘n finale besluit oor die volgende aspekte geneem het.

  • Spesifieke geleentheid
  • Simbool en simboliek daaragter
  • Beweging
  • Sang en woorde
  • Begeleiding
  • Ander

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder is in staat om te analiseer en om ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
MUSIEK (4.4)
  • musiek wat die simboliek van rituele kan navors, skep en aanbied.
DRAMA (4.2 - 4.3)
  • ‘n kulturele ritueel (religieuse seremonie of sosiale viering) dramatiseer en die gebruik van drama-elemente (bv. patroon, repetisie, sekwens) demonstreer; en
  • die belangrikheid van hierdie ritueel aan die deelnemers kan verduidelik.
DANS (4.1)
  • ‘n sang-en-dansritueel kan navors, probeer en verduidelik (bv. slangdans, rietjiedans, stokdans) deur te verwys na die doel en struktuur – patrone, herhaling en sekwens; en
VISUELE KUNS (4.5 - 4.6)
  • die gebruik van verskeie artefakte in kulturele rituele kan demonstreer en beskryf; en
  • muurskilderye in eie gemeenskap as ‘n vorm van kommunikasie kan navors met die klem op die beoogde boodskap, teikengroep, tegnieke, gepaste materiale, tekens en simbole.

Questions & Answers

what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
What are the treatment for autism?
Magret Reply
hello. autism is a umbrella term. autistic kids have different disorder overlapping. for example. a kid may show symptoms of ADHD and also learning disabilities. before treatment please make sure the kid doesn't have physical disabilities like hearing..vision..speech problem. sometimes these
Jharna
continue.. sometimes due to these physical problems..the diagnosis may be misdiagnosed. treatment for autism. well it depends on the severity. since autistic kids have problems in communicating and adopting to the environment.. it's best to expose the child in situations where the child
Jharna
child interact with other kids under doc supervision. play therapy. speech therapy. Engaging in different activities that activate most parts of the brain.. like drawing..painting. matching color board game. string and beads game. the more you interact with the child the more effective
Jharna
results you'll get.. please consult a therapist to know what suits best on your child. and last as a parent. I know sometimes it's overwhelming to guide a special kid. but trust the process and be strong and patient as a parent.
Jharna
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11006/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask