<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Getalbegrip, optelling en aftrekking

Getalbegrip

Opvoeders afdeling

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om probleme in konteks op te los [lu 1.6.1/2]

Om ‘n reeks tegnieke te gebruik om berekeninge te doen [lu 1.10.1/5]

Om strategieë te gebruik om oplossings te kontroleer [lu 1.11]

In die vorige aktiwiteit het jy jou hoofrekenvaardighede geoefen. Dit is egter belangrik dat ons ook bewerkings met potlood en papier korrek sal kan doen. Verdeel in groepe van drie en kry die nodige papier by jul opvoeder. Voer dan die volgende opdragte netjies en akkuraat uit:

1. Los die volgende probleme op:

1.1 Mnr. Dlamini het ‘n kompetisie gewen en wil graag vir elkeen van sy drie seuns ‘n huis koop. Hy sien die volgende advertensies:

Huis A: R895 000

Huis B: R795 799

Huis C: R799 495

Hoeveel sal die drie huise mnr. Dlamini uit die sak jaag?

1.2 Nancy sien in ‘n museum ‘n uitstalling van dinosourusse. Die drie wat uitgestal is, se massa is soos volg aangedui:

A: 45 875 kg

B: 9 324 kg

C: 26 879 kg

Wat is die gesamentlike massa van die dinosourusse?

1.3 Die inskrywings vir die “Langasem-maraton” lyk soos volg:

2002: 24 513

2003: 31 687

2004: 42 196

Hoeveel atlete het altesaam aan die maratons deelgeneem?

2. Kontroleer jul antwoorde met ‘n sakrekenaar.

3. Verduidelik aan die res van die klas hoe julle groep die antwoorde bereken het.

4. Vergelyk jul metodes. Hoe verskil hulle van mekaar?

Tyd vir groepassessering

Beoordeel jul werk op ‘n skaal van 1 tot 4 deur die toepaslike syfer te omkring.

1 = benodig aandag

2 = redelik goed

3 = baie goed

4 = uitstekend

Kriteria: Benodig aandag Redelik goed Baie goed Uitste-kend
Alle groeplede het aan die aktiwiteite deelgeneem. 1 2 3 4
Lede van die groep het na mekaar geluister. 1 2 3 4
Groeplede het mekaar in die groep gehelp en aangemoedig. 1 2 3 4
Groeplede het by die opdrag gebly. 1 2 3 4
Elkeen het ‘n kans gekry om te praat. 1 2 3 4
Die groep se werk is netjies gedoen. 1 2 3 4
Die antwoorde is korrek bereken. 1 2 3 4

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos in konteks, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, te bevorder soos:

1.6.1: finansiële kontekste (insluitend koop en verkoop, wins en verlies, eenvoudige begrotings, lees en vertolking van rekeninge, en afslag);

1.6.2: meting in die konteks van Natuurwetenskappe en Tegnologie;

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid tegnieke gebruik om sowel skriftelike as hoofberekeninge met heelgetalle te doen, insluitend:

1.10.1: optelling, aftrekking en vermenigvuldiging in kolomme;

1.10.5: gebruik van ‘n sakrekenaar;

Assesseringstandaard 1.11: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om oplossings te kontroleer en die redelikheid van oplossings te beoordeel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask