<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Daar moet meer klem gelê word op die verskaffing van doeltreffende en toeganklike openbare vervoer, terwyl die gebruik van private vervoer op toepaslike wyse ontmoedig word.

Kernwoorde: lugbesoedeling, brandstofverbruik (vermorsing en besparing), onderhoud van paaie, omgewingsvernietiging.

2. Bespreek die volgende stelling:

Sonkragwarmwatersilinders moet verpligtend gemaak word.

  • Verduidelik wat sonkragverhitting is.
  • Hoe werk sonverhitting?
  • Waarvoor kan sonverhitting gebruik word?
  • Is dit goedkoper of duurder as elektrisiteit?

W ater

  • Alle lewe op aarde is afhanklik van water. Suid-Afrika is ‘n droë land en water is dié sleutelfaktor wat toekomstige ontwikkeling aan bande lê. Tog het ons toegelaat dat die produktiwiteit en verskeidenheid van die land se lewensnoodsaaklike varswaterstelsels agteruitgaan, of self vernietig word.
  • Die redes hiervoor was onder meer bosboubedrywighede, landbou-ontwikkeling, nywerheids- en munisipale besoedeling, verstedeliking, die aanplant van indringerspesies, bosbou, en die vernietiging van plantegroei.
  • Terwyl watervoorsiening in die meeste formele stedelike gebiede van hoogstaande gehalte is en waterriolering as vanselfsprekend aanvaar word, het talle mense in landelike en in informele stedelike nedersettings steeds nie bevredigende waterbronne nie. Die water wat wel beskikbaar is, veroorsaak dikwels ernstige gesondheidsprobleme.
  • Die meeste Suid-Afrikaanse riviere word by een of meer plekke opgedam of gereguleer, wat meebring dat hul ekologiese status radikaal verander is. So baie water word op die oomblik uit voorheen standhoudende riviere soos die Letaba en Levuvhu (wat die Kruger-wildtuin van water voorsien) onttrek, dat hulle selfs te midde van goeie reëns lank ophou vloei.
  • Die vraag na water neem toe en word bereken dat ‘n groot deel van Suid-Afrika iewers tussen 2002 en 2040 ‘n toestand van chroniese droogte sal ondervind. Dit spreek vanself dat dit ‘n saak van uiterste dringendheid is dat waterbesparings-maatreëls in alle fasette van die lewe ingestel word.

Aktiwiteit 3:

Om mense in te lig en op te voed oor die belangrikheid van waterbesparing

[lu 3.3]

1. Beplan ‘n doeltreffende reklameveldtog om mense bewus te maak van die noodsaaklikheid van waterbesparing en die volgehoue benutting daarvan.

  • Besluit eerstens wie julle teikenmark gaan wees (landelike of stadsbewoners).
  • Besluit watter media julle gaan gebruik (radio, TV, tydskrifte, koerante).
  • As julle duidelikheid het oor die bogemelde, word daar besluit op die inhoud (teks/kopie) en visuele materiaal wat die boodskap moet oordra.

2. Beplan ‘n opvoedkundige program om leerders in graad 1 bewus te maak van die noodsaaklikheid van waterbesparing.

  • Vleilande speel ‘n belangrike rol in die instandhouding van biodiversiteit. Hierdie stelsels is ook ‘n belangrike waterbron vir talle plattelandse gemeenskappe. Nogtans is baie vleilande drooggelê of versteur deur dreineringsprogramme vir landbougewasse, houtproduksie en opvulling vir paaie en huise.

Aktiwiteit 4:

Om persone bewus te maak van die belangrikheid van vleilande

[lu 3.3]

  • Vleilande speel ‘n belangrike rol in die instandhouding van biodiversiteit. Hierdie stelsels is ook ‘n belangrike waterbron vir talle plattelandse gemeenskappe. Nogtans is baie vleilande drooggelê of versteur deur dreineringsprogramme vir landbougewasse, houtproduksie en opvulling vir paaie en huise.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11035/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask