<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 4

Wie is ek?

Module 6

Tweeling!

Aktiwiteit 1

Om eenvoudige vrae te vra [lu 2.1.1]

Om kort antwoorde op vrae te gee [lu 2.1.2]

OP SOEK NA ‘N IDENTIESE TWEELING (60 MIN.)

( Aan die opvoeder: ‘n Speletjie vir 16 leerders. Die res van die klas is besig met skriftelike stelwerk. Knip twee stelle prente uit en gee vir elk van die 16 leerders ‘n prentjie).

‘n Identiese tweeling lyk dieselfde. Hier volg prente van agt kinders.

  1. Beweeg nou rond in die vertrek om jou broer/suster te soek.
  2. As jy by ‘n maat verbystap, moet jy jouself volgens die prentjies beskryf. Die maat moet ook sy/haar prent beskryf. (Moenie jul prentjies vir mekaar wys nie.)
  3. As julle twee se beskrywings dieselfde is, skree julle: TWEELING!

ONDERHOUD VOER

Vorm groepies van twee en voer ‘n onderhoud met mekaar deur die volgende vragies aan mekaar te stel. Probeer om so ver moontlik in volsinne te antwoord. Die hele klas kan luister en jou maat en opvoeder kan jou assesseringstabel invul.

VRAE:

  1. Wat is jou gunsteling kleur?
  2. Watter vak op skool is jou beste vak?
  3. Hoeveel kinders is julle in die gesin en die hoeveelste kind is jy?
  4. Wanneer verjaar jy en hoe oud is jy nou?
  5. Wat sal jy graag op jou verjaardag wil doen?
  6. Watter sportsoort verkies jy en hoekom?
  7. Wie is jou held?
  8. Wat is jou gunsteling TV-program?
  9. Van watter kossoort hou jy nie?
  10. Waarheen gaan julle as gesin graag met vakansie of op ‘n uitstappie?
  11. Wat wil jy eendag word?
  12. Watter soort dier verkies jy om as troeteldier aan te hou?

ASSESSERINGSTABEL VIR MONDELING: ONDERHOUD VOER

  1. Die vrae verstaan en beantwoord.
  1. Baie min verstaan.
  1. Net sekere vrae verstaan.
  1. Enkele vrae was moeilik.
  1. Almal verstaan.
  1. Duidelik en hoorbaar beantwoord.
  1. Antwoorde maak nie sin nie. Baie onduidelik en te sag gepraat.
  1. Te sag.
  1. Goed gepraat, maar enkele sinne was nie duidelik genoeg nie.
  1. Baie duidelik.
  1. Antwoorde in volsinne waar nodig.
  1. Geen sinne.
  1. In sinne probeer praat, maar nog baie foute begaan.
  1. Enkele foute by sinskonstruksie.
  1. Goeie volsinne.
  1. Die luisteraars leer jou beter ken.
  1. Niemand kan iets nuuts leer nie.
  1. Van die luisteraars kan iets te wete kom.
  1. Die meeste kon iets omtrent jou te wete kom.
  1. Beslis.

Aktiwiteit 2

Om jouself bekend te stel [lu 4.1.1]

AANGENAME KENNIS

Gee dit vir jou ouers om te lees en vra hulle om dit te assesseer. Dalk leer hulle iets wat hulle oor hul eie kind nie geweet het nie.

My naam is .......................................................................................

Ek is ................... jaar oud en in graad .......................

Ek het .............................. hare en .............................. oë.

Ek is my ouers se ....................................kind.

Ek hou van .........................................................................................

maar ek hou nie van ............................................................ nie.

As ek groot word, wil ek ‘n ................................................ word.

Assessering

Leeruitkoms 2: praat

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.1 interaksie in sy/haar addisionele taal voer:

  • eenvoudige vrae vra (soos vrae om duidelikheid te verkry);

2.1.2 kort antwoorde op vrae gee.

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.1 skryf om inligting oor te dra:

4.1.1 byskrifte by eenvoudige kaarte teken en skryf.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask