<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 5

Lewe en lewenswyse

Module 13

Voëls

Aktiwiteit:

Om kennis te neem van hoe enkele voëlsoorte verskillend aangepas is

[lu 2.2]

Wat maak die voëls eiesoortig?

  • Dit is die enigste dier met vere as huidbedekking. Die vere hou die voël warm en droog. Dit help ook die voël om te vlieg.
  • Die voorste ledemate van voëls (hulle “arms”) het verander om vlerke te vorm.
  • Voëls het lugsakke in hul bene wat hulle lig maak sodat hulle kan vlieg.
  • Voëls se borsbeen vorm ‘n kiel waaraan hul sterk vliegspiere vasgeheg is.
  • Voëls het deursigtige vliese oor hul oë sodat hulle hul oë tydens vlieg kan oophou.
  • Hul oë is besonder goed ontwikkel. Dink maar aan arende en valke.
  • Voëls kan nie ruik nie en is dus vir voeding geheel en al van hul smaaksintuie afhanklik.

INTERESSANTE FEITE I.V.M. VOËLS

  • Die volstruis is die grootste voëlsoort en lê die grootste eier.Volstruise word geteël vir hul eiers, vel, vere en vleis.Die volstruis skop sy vyand en kan ook seer pik.
  • Die Bloukransvoël: Nasionale voël van Suid-Afrika.
  • Die Kolgans: Die ou Egiptenare het hierdie voël as heilig beskou.

DIE POTE VAN VOËLS

In pare: Bestudeer die verskillende soorte pote en sê by watter voël hiernaas die pote pas. Motiveer waarom julle so besluit het deur na hul voedingswyse en leefwyse te verwys.

A BC

Jy kan gerus by die huis kyk na die snawels van voëls en hoe hulle by hul voedingswyse aangepas is.

Opdrag: groepwerk

Nie alle voëls bou neste nie.

  1. Noem een soort voël wat nie ‘n nes bou nie.
  1. Maak ‘n eenvoudige skets van die voël. Skets ook waar die eiers gelê word.
  2. Die meeste voëls bou neste. Waarom?
  1. Kies een soort voël wat jy in jou omgewing waarneem.
  1. Identifiseer die soort voël.
  1. Maak ‘n skets van die nes en voël.
  2. Gewaar jy die mannetjie en wyfie? Verskil hulle in voorkoms? Hoe? Hoekom?
  1. Hoe is voëls oor die algemeen aangepas om kos te kan soek en die kos te kan bekom?

Assessering

 

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1   betekenisvolle inligting onthou;

2.2   inligting kategoriseer;

2.3       inligting interpreteer.

 

Memorandum

A - muisvoëls, pote slegs om aan takke te kan klou.

B - arend of valk (alle roofvoëls), sterk kloue om prooi te kan vang.

C - eend, soos alle voëls wat in water swem: swemvlak wat die oppervlak vergroot.

Opdrag:

Groepwerk: Nie alle voëls bou neste nie

1. Nonnetjie uil; rooivalkie (ou neste); belangrikste: kiewiet

  1. Om eiers in te lê aan die begin van die lente. Dit word selde gebruik om in te slaap.

In pare

  • Bokkies, muise, rotte, molle, paddas, voëls, ens.
  • Molslang – vreet muise, molle wat ‘n las in die landerye is.
  • Hulle vreet rietrotte wat die suikerriet vreet.
  • Die eiervreter.
  • Ja – die koraalslang doen dit veral.
  • Eie navorsing.
  • Oë, reuk (tonge).

Aktiwiteit 3.6Om meer kennis op te doen oor die padda as voorbeeld van amfibieëLU 1.1

LU 1.2

Aktiwiteit 3.7Om eie kennis van visse uit te breiLU 1.2

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask