<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 7

Module 16

Die skrywer alphonse daudet

Alphonse Daudet (1840 – 1892) was een van Frankryk se bekendste skrywers.

Hy is in Provence op die Franse platteland gebore waar hy sy kinderjare deurgebring het. In hierdie tyd het hy ‘n lewenslange liefde vir die mense van hierdie streek ontwikkel.

Op 16-jarige leeftyd moes hy skool verlaat vanweë huislike omstandighede. Hy het na Parys vertrek waar hy by sy broer, ‘n joernalis, gaan bly het.

Kort na sy aankoms het hy begin om vir homself naam te maak as skrywer van gedigte, romans en toneelstukke.

Vanweë sy swak gesondheid a.g.v. die ontberings wat hy moes verduur gedurende die eerste twee jaar van sy verblyf in Parys, het hy dikwels na die Franse platteland gereis om te gaan rus en aan te sterk. Tydens hierdie periodes het hy stof versamel vir die kortverhale, of te wel briewe, wat in 1869 sou verskyn in sy bundel, Poskaarte uit my meul .

Die Muil van Avignon is een van die kortverhale wat in Poskaarte uit my meul opgeneem is.

Sy skryfwerk is veral gekenmerk deur deernis en empatie waarmee hy die karakters in sy verhale uitgebeeld het, en ook sy beskrywing van die andersheid van die mense, plekke en dinge in die verhale.

Trouens, hy is daarvan beskuldig dat hy alles en almal verromantiseer het in sy skryfwerk.

Opdrag 1:

Om die skrywer se woordgebruik te verduidelik

[lu 3.1.1]

Alponse Daudet se skryfwerk is gekenmerk deur deernis en empatie . Hy is ook daarvan beskuldig dat hy alles en almal verromantiseer het in sy skryfwerk.

Gebruik ‘n verklarende woordeboek om hierdie woorde te verduidelik:

  • deernis
    1. empatie
    2. romantiseer
  • Skryf ook die betekenis neer van die volgende:
    1. karakteriseer
    2. prosa
    3. poëties

hoofstuk 2

‘n Goeie voorbeeld hiervan was die merkwaardige verhaal van Tistet Vedene. Vroeg reeds was Tistet Vedene ‘n regte klein niksnuts. Sy vader, die goudsmid, het hom weggejaag omdat hy te lui was om te werk. Boonop het hy die ander leerjongens gedurig in die moeilikheid laat beland. Ses maande lank het hy in die strate van Avignon rondgedwaal, veral naby die pous se paleis. Die klein vabond het lank reeds planne beraam om die pous se muil te gebruik tot sy voordeel.

Op ‘n dag toe die pous alleen gaan ry het op sy muil, het hy die karnallie raakgeloop. Die knaap het vol bewondering uitgeroep: “Heilige Vader, wat ‘n pragtige muil!” Hy het die muil gestreel en gesê: “Selfs die keiser van Duitsland se muil is nie mooier nie!” Hy het liefderyk in die muil se oor gefluister: “My juweel, my skat, my kosbare pêrel!” Die pous was diep ontroer. Hy het by homself gedink: “Wat ‘n oulike seun! Kyk hoe gaaf is hy teenoor my muil!” En raai wat gebeur die volgende dag? Tistet het sy ou, geel baadjie verruil vir ‘n koorhemp met ‘n kantkraag en ‘n pers mantel. Hy het een van die pous se koorknape geword. Dit was ‘n voorreg wat slegs bedoel was vir seuns uit die adelstand. Sy gekonkel het vrugte afgewerp, maar dit was maar net die begin.

Toe hy eers in die pous se diens was, het hy voortgegaan om sy speletjie te speel. Hy was astrant teenoor almal behalwe die pous se muil. Teenoor haar was hy baie sorgsaam. Hy het gedurig vir haar hawer en lusern aangedra, en dan het hy seker gemaak dat die pous hom sien. So het dit dan gebeur dat die pous besluit het om die versorging van die muil aan Tistet op te dra. Hy het hom toegelaat om die bak kruiewyn elke aand vir die muil te neem. Hieroor was die kardinale baie suur.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask