<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  1. Verdeel in groepies van twee. Help mekaar om die vrae te beantwoord:
  1. Op watter berg is die lugstasie geleë?
  2. Wat is 'n moderner woord vir lugstasie?
  3. Wat beteken: Die stasie is goed verskole ? Merk die korrekte antwoord.
  • Kinders gaan soontoe om te leer.
  • Die stasie is verskuil sodat dit nie die natuurskoon bederf nie.
  • Hoe weet ons dat daar baie mense by die lugstasie is? (par. 2)
  • Hoe weet ons dat daar baie aktiwiteit by die stasie is? (par. 2)
  • Wat is 'n ander woord vir skeut? (par. 2)
  • Wanneer daar baie minerale in 'n land aangetref word, sê ons die land

is (par. 2)

  1. Skryf 'n versamelnaam vir tasse, koffers, trommels, sakke, ens. neer.

(par. 2)

  1. As Lien-Tsieng sê: "Ek gaan vandag met Suid-Afrika se lugpos huis-toe", beteken dit dat hy:
  • in 'n groot koevert huis toe gepos word
  • die pos vanuit Suid-Afrika saam met hom China toe neem
  • van 'n Suid-Afrikaanse lugredery gebruik maak om na China te reis.

Merk die korrekte antwoord.

Waarvoor staan die afkorting SAL?

  1. Wat bedoel Lien-Tsieng as hy sê dat hy uit Peking per draadloos sal aansluit en alles sien ? (par. 6)

Hoe word die bagasie vanaf die lugstasie bo-op die berg vervoer tot in die middestad? (par. 2)

Opdrag 4:

Om die korrekte betekenis van woorde te kies en in suiwerder afrikaans oor te skryf

[lu 5.1.1]

"Tom, het jy ooit besef hoeveel studente ons in ons Suid-Afrikaanse universiteite het wat uit amper alle oorde van die wêreld kom? Daar is Chinese, Japanese, Laplanders, Skandinawiërs, Finne, Amerikane, Hollanders, Engelse, Grieke en nog ander wat na Suid-Afrika toe kom om allerlei vakke te bestudeer, maar vernaamlik medisyne op Rondebosch en landbou op Stellenbosch."

"Ja, ek het," antwoord Tom. "In die noorde het ons, behalwe die nasies wat jy reeds genoem het, jongkêrels uit Australasië, Indië en die Suid-Amerikaanse republieke. En in my klas is daar selfs 'n vent uit die Suid-Shetland-eilande. Die meeste van hulle spesialiseer in mynwese op die Rand en in Bantoetale of in politieke filosofie op Pretoria."

"Komaan, Tom. Dis hier so 'n oorvermoordende geraas dat 'n man nie maklik oor ons universiteite kan filosofeer nie. Laat ons maar weer in ons ou duifie klim."

Onderwyl hy dit sê, stap die twee vriende na die plein buite die stasie waar hul vliegmasjien tussen 'n menigte ander lugvaartuie staan.

In 'n oogwink is die masjien bo die groot wolk van die suidoostewind wat, soos reeds deur die eeue heen, as 'n ontsaglike, skuimende waterval oor Tafelberg se kruin stort en deur die strate van Kaapstad bulder.

Dis asof die ou suidoostewind, soos hy deur die draadwerk van die vliegtuig suis en fluit, met 'n uitdagende stem die mensdom toeroep:

"Kom, eeu der wetenskap! Komaan, manne van vernuf, van kennis, van snelheid; manne van onvermoeide navorsing en uitvinding! Julle wat die aarde en die watere en die hemele oorrompel. Kom, doen wat julle kan - my sal julle nooit oorwin nie. Vry en ongestoord sal ek my sneeuwit mantel oor Tafelberg sprei en die prag-kranse en rotswande van hierdie monument Gods, - wat reeds deur ontelbare eeue heen, wind en weer trotseer - uit alle krag en met liefde bewaak, vir ewig en vir altyd."

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask