<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 5

Skepping, interpretasie en aanbieding

Module 15

Om die figuur in aksie te verken

VISUELE KUNS

AKTIWITEIT 1

OM DIE FIGUUR IN AKSIE TE VERKEN

[LU 1.12]

  • In vorige Modules het jy onderskeidelik kleur, lyn, toonwaardes, patroon en ‘n verskeidenheid kunsvorme ondersoek.
  • In hierdie Module sal daar na vorm (geometries en natuurlik) en veral vorm in ruimte (drie-dimensioneel) gekyk word. Ontwerp (met die klem op kontras ) in kunsvlyt sal ook verken word.

STAP 1

Soek ‘n verskeidenheid van ongeveer agt tot tien sportfigure in aksie uit tydskrifte en koerante en knip of skeur hulle uit. Dink byvoorbeeld aan rugbyspelers, tennisspelers, atlete, skaatsers, duikers, swemmers, sokkerspelers, ensovoorts.

Vervolgens moet jy ‘n foto-montage (soos ‘n collage, maar waar daar slegs van foto’s en/of prentjies gebruik gemaak word) van die sportfigure in aksie saamstel.

STAP 2

Teken nou op elke gewrig ‘n kolletjie met ‘n pen. Verbind dan die kolletjies met ‘n liniaal (reguit lyne) sodat die figuur se struktuur in beweging aangedui word. (Sien illustrasie hieronder.)

STAP 3

Kies een van die figure en kopieer daardie figuur se kolletjies en lyne op ‘n A4-papier met potlood of pen. Teken dan die figuur in daardie posisie. Die tekening mag slegs in lyn gedoen word en sal vir die volgende aktiwiteit gebruik word.

AKTIWITEIT 2

OM 'N DRIE-DIMENSIONELE FIGUUR IN AKSIE TE MAAK

[LU 1.12]

Stap 1

Bring ten minste drie pypskoonmakers klas toe, as die onderwyser dit nie kan verskaf nie, om jou figuur in aksie van Aktiwiteit 1 te maak. Die pypskoonmakers moet soos volg gebruik word:

PYPSKOONMAKER 1: Draai een ent om ‘n vinger en draai dit om die kop te vorm:

PYPSKOONMAKER 2: Plaas die tweede een oor die ‘nek’ van die eerste pypskoonmaker en draai die twee ente om die twee arms te vorm:

PYPSKOONMAKER 3: Buig die derde een in die middel om die twee bene te vorm en heg dit aan die onderpunt van die eerste pypskoonmaker:

Stap 2

Die liggaam kan nou gebuig word om soos die getekende figuur te lyk. Die ente kan gebuig word om hande en voete te vorm:

Stap 3

Verdere toevoegings kan byvoorbeeld opgesnyde strooitjies wees wat oor elke ledemaat van die pypskoonmaker-figuur getrek word:

AKTIWITEIT 3

OM 'N UITSTALLING TE HOU

[LU 1.13]

  • Na voltooiing van al die figure kan elke leerder se pypskoonmaker-figuur saam met die voorafgaande tekening in die klaskamer uitgestal word.

AKTIWITEIT 4

OM 'N ONTWERP VIR 'N T-HEMP TE MAAK

[LU 1.12]

  • Bring ‘n ou ligkleurige (verkieslik wit) T-hemp van die huis af vir hierdie aktiwiteit. Maar luister eers hoe die T-hemp ontstaan het, jou opvoeder sal die storie aan jou vertel.

Stap 1

Jy gaan ‘n eenvoudige ontwerp vir ‘n T-hemp maak wat by ‘n sportbyeenkoms by die skool gedra kan word. Jy moet eers saam met die res van die klas besluit of julle die skool of ‘n spesifieke span se naam wil gebruik. (Die klas kan ook in groepe/spanne ingedeel word sodat elke groep dan ‘n ander ontwerp sal maak.)

Stap 2

Die klem in hierdie module is op kontras en wanneer die ontwerp gemaak word, moet soveel moontlik kontraste ingebring word (letters met natuurlike vorms en vloeiende rondinge teenoor letters met geometriese, hoekige vorms; letters met koue kleure soos blou en groen teenoor letters met warm kleure soos geel, rooi en oranje; letters met growwe teksture teenoor letters met gladde teksture, ensovoorts.).

Voorbeelde:

Stap 3

Nadat jy jou ontwerp op papier beplan het, kan die buitelyne met ‘n ligte kleur pastel op die T-hemp geteken word. Die tekstielpastelle moet soos gewone waskryt hanteer word. Beheer is baie belangrik en jy moet versigtig wees om nie die materiaal te rek wanneer jy die pastelle ferm wil aanwend of ‘n kleur donkerder wil maak nie. Herhaal eerder dieselfde bewegings om ‘n kleur donkerder of sterker te maak.

Stap 4

Nadat die ontwerp op die T-hemp aangebring is, kan jy dit eers huis toe neem om gestryk te word sodat die ontwerp permanent en kleurvas kan wees. Tydens die strykproses moet die ontwerp bedek wees met ‘n afvallappie. Die hele ontwerp moet vir drie tot vier minute in sirkelbewegings gestryk word. Daarna is die T-hemp wasbaar, hoewel dit raadsaam is om dit vir die eerste keer apart te was.

Assessering

LU 1

SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

VISUELE KUNSTE

1.12 kuns- en kunsvlytwerke ontwerp en skep wat die gebruik van natuurlike en geometriese vorms in twee en drie dimensies verken, in waarnemingswerk, patroonskepping en ontwerp, asook in eenvoudige vlytvoorwerpe;

1.13 werk in die klaskamer kan uitstal.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10976/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask