<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • as die dans meestal uit kurwes en vloeiende lyne bestaan, moet die vloerplan in kurwes en sirkels wees;
  • as die dans sterk bewegings en hoekige posisies bevat, moet die vloerplan bestaan uit reguit lyne, vierkante en driehoeke.

Eksperimenteer met die bewegings van Oefening 2 en met rigting, vlakke (laag, middel en hoog), simmetries en asimmetries, terwyl julle aan die verskillende vloerplanne werk.

Kies ‘n ballade en ‘n populêre vinnige-tempo liedjie met ‘n definitiewe 4/4 maat vir hierdie oefening.

4. Improvisasie

Neem die volgende aspekte in ag wanneer jy vir die volgende oefeninge voorberei:

  • beweeg op enige manier waarop en hoe julle wil, maar julle moet die volgende aspekte gehoorsaam:
  • musiek wat by die stemming van die oefeninge pas;
  • beweging (van een plek na ‘n ander);
  • draai (om om ‘n middelpunt te draai);
  • elevasie (om na ‘n hoër vlak te beweeg);
  • gebare (beweging van die hande, kop of liggaam om ‘n idee of ‘n emosie uit te beeld);
  • gewigsverskuiwing ( om liggaamsgewig van een punt na ‘n ander te skuif);
  • vlakke (middel, hoog, laag);
  • simmetries en asimmetries;
  • tempo en frasering;
  • krag (toegewing en weerstand m.b.t. swaartekrag);
  • aktiewe en passiewe beweging.

Die Bosbrand:

  • Visualiseer julleself as bokkies wat gelukkig in die bos wei.
  • ‘n Vlammetjie (‘n ander leerder) spring op in een groep, dan nog een, totdat die hele bos aan die brand is (leerders is die vlamme), en die bang en benoude bokkies probeer ontsnap.
  • Namate die vuur geleidelik uitbrand, spring die bokkies weg op soek na veiligheid.

Die Kalm en Onstuimige See:

  • Kies om kurke, drywende planke of swemmers te wees.
  • Die see is rustig, die kurke, planke of swemmers dryf op die see.
  • Die see word geleidelik rof en onstuimig, maar kan nie die kurke, planke of swemmers onderkry nie.
  • As daar swemmers is, kan hulle oorleef of sink.

Aktiwiteit 3:

Om danssekwense te skep en aan te bied: die reg om te kies en gestremdheid in dans

[lu 1.3]

1. Die reg om te kies

  • Vorm groepe van ses tot agt.
  • Kies ‘n tema kies vir julle dans uit Kinderregte.
  • Improviseer ‘n dans deur die volgende vereistes in ag te neem:
  • musiek om die stemming van die tema te pas;
  • die vyf basiese liggaamsaktiwiteite (verwys na Graad 6 Module 4: Dans);
  • choreografiese ontwerpkonsepte (verwys na Aktiwiteit 2.2).
  • Oefen die dans.
  • Voer die dans uit.

2. Gestremdheid in dans

  • die klas sal opgedeel word in drie groepe:
  • Groep A: sit op stoele (parapleë).
  • Groep B: staan (soos in groep A, maar wat wel kan staan).
  • Groep C: loop (die wat kan loop – hulle mag dalk geen arms hê nie, of dalk net een, of hulle bene is in ysters, maar sommige het wel goeie beenbeweging en kan selfs hardloop en skop).
  • Plaas julleself in twee groepe, een aan elke kant van die dansarea, sodat julle kan sien wat die ander groep doen.
  • Groep A: elke groep sit op ‘n ry stoele.
  • Groep B: staan in ‘n ry agter die stoele.
  • Groep C: beweeg in ‘n sirkel om dié wat sit en staan.
  • Groepe A en B moet eksperimenteer met arm- en liggaamsbewegings deur die volgende in ag te neem:
  • gebare met volle omvang van beweging;
  • vlakke (hoog, middel, laag);
  • gewigsverskuiwing;
  • rigting (voor, agter, langsaan, onder);
  • simmetries en asimmetries;
  • toegee aan en weerstand teen swaartekrag;
  • aktiewe en passiewe beweging;
  • isolasie en kombinasie van liggaamsdele (arms, kop, bolyf);
    • Groepe A en B kan dieselfde arm- en liggaamsbewegings uitvoer.
    • Soos julle vorder, is dit baie effektief as die bewegings weerspieël word, of julle kan twee verskillende oefeninge terselfdertyd doen om ‘n patroon te vorm.
    • Groep C moet eksperimenteer met loop, voet- en beenbewegings deur die vyf basiese liggaamsaktiwiteite in ag te neem.
    • Die wat kan, kan selfs hardloop of spring.
    • Die wat staan, kan hulle hande klap op maat van die musiek.
    • Groep C moet ook eksperimenteer met vloerpatrone en groepering en moet groepe A&B in ag neem.
    • Choreografeer die dans met musiek van julle keuse.
    • Voer die dans op.

Aktiwiteit 4:

Om die spiere af te koel en te strek na afloop van die oefening

[lu 1.4]

  • Dit is belangrik dat jy jou spiere strek na elke klas. Indien jy nie strek nie, sal jou spiere styf en seer voel die volgende dag. Kies stadige, rustige musiek.

Asemhalingsoefening - staan met voete ‘n heupwydte van mekaar af, arms langs die sye :

  • Asem in deur die neus terwyl jy jou arms bo jou kop lig.
  • Asem uit deur jou mond, laat sak arms en buig knieë terselfdertyd.
  • Herhaal vier keer.
  • Armstrek : neem jou regterarm oor jou bors en trek met die linkerhand die arm na jou liggaam toe – herhaal aan die linkerkant.

Armstrek (triceps):

  • Lig jou regterarm reguit op bokant jou kop.
  • Buig jou arm by die elmboog – arm agter jou kop.
  • Trek die regterarm stadig met jou linkerhand na links – hand op jou elmboog.
  • Voel die strek in jou triceps.
  • Hou die strek vir agt tellings.
  • Ruil arms om.

Bolyfstrek:

  • Staan met jou voete’n heupwydte van mekaar af – knieë effens gebuig – arms langs sye.
  • Strek op na die dak met jou arms – strek liggaam op.
  • Staan op jou tone soos jy opstrek.
  • Ontspan jou arms stadig – hou arms reguit – na die kante.
  • Bring arms vorentoe – hou jou hande vas en trek arms vorentoe.
  • Ontspan stadig en neem arms reguit terug.
  • Hou jou hande vas en trek jou arms weg van jou lyf – leun effens vorentoe – kop af.
  • Ontspan arms langs sye.

Onderlyfstrek:

  • Maak bene oop – knieë gebuig – voete wys na buite (plié).
  • Buig knieë en laat regop bolyf afwaarts beweeg.
  • Hou strek vir agt tellings.
  • Draai liggaam na regs - hou bene oop.
  • Voorste been moet gebuig wees – knie in lyn met jou hak.
  • Agterste been moet reguit wees.
  • Druk jou hak van die reguit agterste been af na die vloer.
  • Plaas jou hande op die boonste deel van die gebuigde been.
  • Hou die kuitstrek vir agt tellings.
  • Ontspan en ruil om na die ander kant.
  • Hou die vorige posisie – buig agterste been en probeer die vloer raak met jou knie.
  • Hou die dyspierstrek vir agt tellings.
  • Ontspan en ruil bene om.

Herstel:

  • Herstel na pliéposisie.
  • Bring bene bymekaar.
  • Skud alle ledemate.
  • Buig na jou opvoeder om dankie te sê vir die klas.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERING Die leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
DANS
1.1 berei die liggaam met veilige danspraktyke voor en gebruik die liggaam op gesonde wyse, byvoorbeeld:
1.1.1 opwarming en afkoeling;
1.1.2 goeie postuurs- en gerigsoplyning;
1.1.3 vrystelling / sagte gebruik van gewrigte;
1.1.4 veilige landing na spronge;
1.1.5 veilige rek-/strekbewegings;
1.2 improviseer om choreografiese ontwerpbegrippe te verken:
1.2.1 ruimte – rigting, vlakke, simmetrie;
1.2.2 tyd – duur, pas, maatslag, frasering;
1.2.3 krag – om toe te gee aan en weerstand te bied teen swaartekrag, aktiewe en passiewe beweging;
1.3 skep en bied dansreekse aan wat, onder andere, op menseregtevraagstukke fokus en dit uitdaag, soos sosiale en kultrurele houdings teenoor dans en houdings teenoor geslag en liggaamlike gestremdheid in dans.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask