<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 8:

Om bewus te word van hoe taal vir verskillende teikengroepe gebruik kan word

[lu 2.4.1]

Ons gebruik taal in ‘n bepaalde register . Ons praat “ anders ” as ons m et ons maats praat as wanneer ons iets meer formeel moet meedeel. Hier is ‘n voorbeeld van ‘n leerder wat ‘n tenniswedstryd by sy/haar skool bygewoon het. Hy/sy gee (i) mondelings verslag aan sy/haar maat (ii) met ‘n saalbyeenkoms en (iii) aan die plaaslike radiostasie .

  • “Jong, gister het Bulletjie ou Smiley Smith van die baan gevee. Na dese sal ou Smiley nie meer so windmakerig wees nie. Smiley kon net een pot wen. Hy is lekker deur Bulletjie opgedons. Wonder wat sê Thea?”
  • Verlede Dinsdag het Desmond Viljoen (alias Bulletjie) vir Johann Smith in ‘n tenniswedstryd gewen om sodoende die eerste plek op die tennisleer in te neem. Die telling was 6 - 1 in Desmond se guns.
  • Gister, Dinsdag 9 Julie, het Desmond Viljoen die eerste plek op die tennisleer ingeneem deurdat hy Johann Smith, kampioen van Die Laerskool Sonop, met 6 - 1 verslaan het. Die wedstryd is hoofsaaklik van die agterbaan beslis en Johann Smith was nie opgewasse teen die kanonafslane van Desmond Viljoen nie. Desmond Viljoen sal nou sy kroon op die spel plaas teen Michael April op Woensdag 17 Julie.

Kies nou enige sportgebeurtenis en gebruik taal in ‘n bepaalde register. Vertel eers aan jou maat in jul algemene spreektaal wat gebeur het, berei dan ‘n mondelinge weergawe voor wat jy met jul saalbyeenkoms met terugrapportering aan jou skoolmaats gaan meedeel en dan berei jy ‘n verslag voor wat jy op die plaaslike radiostasie met die luisteraars gaan deel.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 geniet dit om na verskillende soorte mondelinge tekste te luister en reageer krities daarop (soos stories, legendes, gedigte, toneelstukke, debatte en praatjies).
LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oor:
2.1.6 ontwikkel feitlike en beredeneerde argumente om mening te regverdig;
2.4 gebruik gepaste taal vir verskillende doeleindes en teinkengroepe:
2.4.1 gebruik die gepaste register in onbekende en meer uitdagende situasies en toon bewustheid van verskillende teikengroepe;
2.4.2 manipuleer taal vir verskillende doeleindes, soos om te oorreed, te argumenteer, te inspireer en met iemand te identifiseer.
2.3 gebruik gepaste liggaamstaal en aanbiedingsvaardighede:
2.3.2 wissel volume, toon en0 tempo vir klem en effek;
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe:
4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (soos joernale, gedigte, mites, dialoë);
4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedruk word (soos kennisgewings, verslae);
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.1 gebruik taal om te dink en te redeneer:
5.1.4 kontrasteer teenstellende perspektiewe en gee redes;
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.4 ontwikkel bewustheid en gebruik van styl:
6.4.6 toon kennis van die gebruik van ‘n verskeidenheid idiomatiese uitdrukkings.

Memorandum

Aktiwiteit 1

Leerders se eie bydraes, maar in wese is die boodskappe o.m.

(1) Die invloed van faktore soos die son, die aantrekkingskrag van die aarde, oefening, gesigsbehandeling, veroudering en menslike gene op ‘n mens se voorkoms.

(2) Anna Kournikova is baie aantrekliker (“sexy”) as Amanda Coetzer.

(3) Sommige mans stel net in Anna Kournikova se voorkoms belang en gee nie om of sy presteer nie.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask