<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Ekosisteem en omgewingsbalans

Opvoeders afdeling

Memorandum

Opdrag 18:

Mosplante is uiters aanpasbaar;

Mosplante is uiters aanpasbaar, want hulle oorleef in ‘n verskeidenheid van omgewings. Mosplante is selfs in staat om in verskillende klimaatstreke aan te pas. Hulle kan in vogtige omgewings, droë omgewings en selfs in donker omgewings aanpas. Sommige taai soorte word selfs in die gleuwe van vuurspuwende berge aangetref.

  1. Dit is baie dig en kon die wond seël sodat daar nie kieme inkom nie; dit was volop en maklik bekombaar
  2. Menslike invloed: Uitwissing van diere

Natuurlike rampe; droogtes; vloede

Waar of onwaar?

7.

(a) waar

(b) waar

(c) onwaar

(d) Sodra die sade ontkiem, vaar die rotte die suikerplantasies in en vreet die sade

(e) Gelyktydig beteken een-vir-een en nie alles tesame nie.

Leerkrag afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die natuurlike balans tussen lewende organismes en beskikbare hulpbronne te begryp [lu 2.3]

1. VOEDSELWEBBE

'n Skakel in 'n ketting vorm dikwels 'n deel van die skakels in 'n ander ketting. Geïsoleerde voedselkettings is 'n ongewone verskynsel in die natuur. 'n Onderling verbinde reeks voedselkettings staan bekend as 'n voedselweb.

Bestudeer die bostaande voorbeeld van 'n voedselweb wat skakeling toon met verskeie voedselkettings. Herbivore word deur karnivore en omnivore geëet.

Ongelukkig gaan energie verlore elke keer wanneer een organisme deur 'n ander opgeëet word. Plante verskaf energie aan bokke om te hardloop en asem te haal. Daardie energie is dan later nie vir 'n ander organisme beskikbaar nie.

Hoe korter die voedselketting, hoe meer organismes kan in 'n sekere gebied woon.

Identifiseer soveel voedselkettings as moontlik in die skets op die vorige bladsy. Illustreer hulle deur middel van woorde en pyle:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(a) Harmonie in die ekosisteem

Lewende organismes leef in harmonie in 'n natuurlike ekosisteem. Beide plante en diere word deur die omgewing beïnvloed, en beïnvloed weer die omgewing op hulle beurt. 'n Natuurlike balans bestaan tussen die beskikbare hulpbronne en die organismes wat daarop staatmaak.

(i) Groei van plante uit dieselfde spesie onder verskillende toestande

Die klimaat van ‘n spesifieke streek het ‘n drastiese invloed op die plantegroei. Plante uit dieselfde spesie groei en ontwikkel verskillend onder verskillende klimaatstoestande.

Wanneer jy in ‘n woud of langs ‘n rivier stap, stap jy soms op ‘n digte, groen “tapyt”. Hierdie natuurlike “tapyt” klou stewig aan die grond vas en word mos genoem. Mos groei in baie verskillende plekke. Dit word onder andere ook gevind op boombasse, op takke van plante, asook op dooie stompe. Party groei op klam grond naby riviere of mere en sommige groei ook op rotse en sement. Hierdie plantspesie bestaan uit meer as 350 000 verskillende plante.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask