<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Die planeet aarde en die heelal

Module 42

Die maan en sy rol in ons wêreld

Aktiwiteit:

Om oor die maan en sy rol in ons wêreld te kan gesels

[lu 1.2, 1.3, 3.1]

  • Op die meeste aande word ons lugruim verlig deur ons naaste ruimtebuurman, die maan. Die maan beweeg om die aarde in ongeveer 27 dae. Daar is heerlike stories wat deur oupas en oumas oor die maan vertel word. Vind by hulle uit en kom vertel jou maatjies daarvan.
  • Kyk vir die volgende paar aande na die maan. Dit lyk of die maan van vorm verander, nè? Dit lyk ook of die maan skyn, maar dis eintlik die son se strale wat op die maan terugkaats. Die maan beweeg ook rondom die son en soos dit beweeg, val die sonstrale op dele van die maan. Ons noem dit die fases van die maan. Die vorm van die maan wat ons sien, word bepaal deur die hoeveelheid sonstrale wat op die maan skyn en waar die maan in verhouding met die son en die aarde is.
  • Die maan is ongeveer ‘n kwart van die aarde se grootte. Ons weet mos hoe die maan lyk, want daar is foto’s uit die satelliete daarvan geneem en soms neem ruimtereisigers ook foto’s daarvan. Die maan is ongeveer 3 476 km in deursnee en ongeveer 380 000 km ver van die aarde af. Dit is vol kraters, stof en berge.

Kom ons gaan maan toe!

Ontwerp vir jou ‘n maantuigie om op die maan mee rond te ry.

Fases van die maan

Nuwemaan beteken dat die maan tussen die aarde en die son is, dank an ons dit glad nie sien nie.

Wanneer is die volgende nuwemaan?

Datum:

Teken wat jy daardie aand sien.

Eerste kwartier beteken dat die helfte van die maan verlig word; dis ongeveer ‘n week na nuwemaan. Wanneer is die volgende eerste kwartier?

Datum:

Teken wat jy daardie aand sien.

Volmaan beteken dat die hele maan verlig word; dis weer ongeveer ‘n week later. Wanneer is die volgende volmaan?

Datum:

Teken wat jy daardie aand sien.

Nog ‘n week later is dit weer halfpad verlig, dan is dit weer die laaste kwart . Wanneer is die volgende laaste kwartier?

Datum:

Daarna begin dit weer van voor af.

Doen ‘n kort navorsingstaak oor Neil Armstrong, die Amerikaanse ruimtevaarder wat die eerste tree op die maan in Julie 1969 gegee het. Jou taak moet uit die volgende bladsye bestaan:

1. Voorblad

2. Inhoudsopgawe

3. Kort inhoud

4. Bibliografie

Kulturele tradisies en spesiale gebeurtenisse

Sommige kulturele tradisies en spesiale gebeurtenisse vind plaas met betrekking tot die vorm of posisie van die maan.

Die Khoisan het geglo dat as hulle siektes het of in nood verkeer, hulle net die son, maan en sterre kon roep om te help. Hulle dans ook dikwels as dit volmaan is en dan boots hulle diere of jagtonele na.

Die Khoi-Khoi het die maan aanbid. Hulle het geglo dat die gode die reën voorsien en het gereeld tot die gode gebid onder die vol- en die nuwemaan. Hulle het hulle danspartytjies en feeste tydens volmaan gehou, want die volmaan is beskou as die simbool van geboorte en die dood.

Die belangrikste gebeurtenis op die Moslem-kalender is die Vas van Ramadan wat op die eerste teken van die nuwemaan in Oktober begin. Dan mag Moslems eers na sonsondergang elke dag eet of water drink. Die Vas van Ramadan duur vir ‘n maand.

Vind meer uit oor tradisies waarby die maan betrek word en hou ‘n klasbespreking daaroor. Teken die interessantste ding wat jy vandag uitgevind het, in die blok hieronder.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • ondersoek uitvoer en data versamel;
  • data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LEERUITKOMS 3: WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWING Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis verstaan.

Memorandum

Die maan en sy rol in ons wêreld

  • Die fases van die maan: hou die koerante ook dop en laat die kinders self na die maan kyk om dit te teken.
  • Navorsingstaak oor Neil Armstrong: Laat die leerders hul eie navorsingsmateriaal skool toe bring. Indien hulle nie oor bronne beskik nie, maak ‘n paar afdrukke en laat hulle self die inligting uitsorteer. Leer hulle hoe om navorsing te doen en dat hulle nie plagiaat mag pleeg nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask