<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 4

SKOOLPRET

Module 38

‘N RUGBYDAG

Aktiwiteit 1

Om vrae te beantwoord oor ‘n storie waarna jy geluister het [LU 1.1.6]

('n luister-, mondelinge en skriftelike aktiwiteit)

Luister baie aandagtig na die storie wat jou opvoeder vir jou gaan lees. Die storie is ongelukkig nie voltooid nie. As ‘n groep gaan julle ‘n einde vir die storie uitdink en aan die klas vertel.

Hoe goed het jy geluister?Vul eers die korrekte antwoorde in om te toets of jy die storie ken.

(i) Die rugbywedstryd het op ‘n ................................... plaasgevind.

(ii) Dit was die graad ........................... se ......................................wedstryd.

(iii) Hulle het per ............................................. na die buurskool gery.

(iv) Die seuns se ............................ het ook kom kyk hoe hulle speel

(v) Die afrigter het vir hulle geleer om volgens die ............................rugby te speel.

(vi) Hulle het eers in die tweede rondte gespeel en kon dus eers

....................................... voordat hulle opdraf.

(vii) Halftyd was die telling ......................... met .................drieë elk.

(viii) Die ...................................... het kom help as die seuns ‘n hardehou gekry het.

Aktiwiteit 2

Om ander aan te moedig om hulle tweede taal te praat [LU 1.5.3]

Om ‘n einde vir ‘n storie uit te dink [LU 2.3.1]

  1. Bespreek nou in jul groepe hoe julle dink die storie geëindig het. Vertel dit aan die res van die klas. Assesseer die groepe se stories volgens die assesseringsruit. Vul jou assessering soos deur die ander groepe gedoen, op jou tabel in.

.................................................................................................................

.................................................................................................................

Aktiwiteit 3

Om leestekens korrek te gebruik [LU 4.5.3]

('n lees- en taalaktiwiteit)

Emile en Bennie se skool het 'n sportdag gehou. Die koerantmense was daar om foto's te neem en om 'n verslag te skryf oor die dag. Toe die berig in die koerant verskyn, het die drukker al die leestekens (. , ?) en hoofletters uitgelaat.

Lees die berig en vul die korrekte leestekens en hoofletters met ‘n kleurkryt in. Vergelyk jou berig met die res van jou groep.

HIER WORD RUGBY GESPEEL

verlede saterdag 24 augustus het die laerskool sonstraal van soetekloof 'n rugbydag gehou

nege skole het aan die dag deelgeneem daar was baie ouers opvoeders dogters en seuns het hulle die dag geniet ja elkeen het die dag geniet

die a-span se kaptein tommy tolken het die meeste punte vir sy span aangeteken en die skoolhoof mnr steward het aan hom 'n beker oorhandig

Aktiwiteit 4

Om ‘n kort koerantberig te skryf [LU 4.2.1]

‘N KOERANTBERIG (‘n Skriftelike aktiwiteit)

Net soos hierdie berig oor die rugbydag in die koerant verskyn het, is daar baie ander belangrike gebeurtenisse wat by julle skool plaasgevind het. Skryf hieronder ‘n koerantberig oor een van hierdie belangrike gebeurtenisse. Jou opvoeder sal vir jou help om leiding te gee met die paragrawe. Die kontrolelys sal vir julle help met die beplanning van die berig. Onthou, ‘n koerantberig hoef nie baie lank te wees nie, maar dit moet die belangrikste inligting bevat.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask