<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 8

Module 1

‘n leesstuk met vrae

Aktiwiteit 1

  • Bestudeer die onderstaande leesstuk en beantwoord dan die vrae wat daarop volg:

Deesdae is die lewe so gejaagd dat mense nie meer tyd het vir familie en vriende nie. Almal het so behep geraak met hul beroepe, geld en oorlewing dat daar nie meer tyd gemaak word vir heerlik kuier en ontspan nie.

Ons hoor gedurig van mense wat nie eens meer vir hul eie kinders tyd het nie.

Selfs gesondheid en voorkoms kry nie meer soveel aandag as in die verlede nie.

Navorsing het egter bewys dat die basiese gesin goed is vir die stabiliteit van die samelewing. Daar word ook beweer dat die gesin die aanslae van buite kan absorbeer.

In die lewe wat gekenmerk word deur soveel verandering, soek baie mense vasstaande dinge. ’n Gesin wat mekaar liefhet en deur dik en dun ondersteun, bied dan ook ’n veilige hawe wanneer ons beskerming nodig het.

1. Julle sal oplet dat baie skrywers tussen ’n familie en ’n gesin onderskei. Beskryf kortliks hoe die twee van mekaar verskil.

2. Watter een van die volgende woorde kan die woord “gejaagd” in paragraaf 1 vervang sonder om die betekenis daarvan te verander? (Skryf slegs een woord neer.)

  • hartseer
  • mooi
  • vinnig
  • stadig

3. Stem julle saam dat die lewe gejaagd geword het? Motiveer deur twee voorbeelde uit die eerste drie paragrawe neer te skryf. (Volsinne is nie nodig nie.) Noem nou nog TWEE voorbeelde uit die alledaagse lewe.

4. Kies die antwoord wat nie pas nie. As ons sê dat mense “behep geraak” (paragraaf 1) het, bedoel ons dat hulle . . . :

  • ’n obsessie het om iets te doen.
  • gedwing word om iets te doen.
  • min gepla is.
  • baie gepla is.

5. Beskryf kortliks wat met ’n mens se “beroep” bedoel word ?

6. Noem enige vyf beroepe wat die mense in jul familie beoefen. Voltooi die onderstaande tabel.

Verwantskap (bv. neef) Beroep (bv. onderwyser) Gee kort beskrywing van beroep.
1. .............................. ..................................... ............................................................................................
2. .............................. ..................................... ............................................................................................
3. .............................. ..................................... ............................................................................................
4. .............................. ..................................... ............................................................................................
5. .............................. ..................................... ............................................................................................

7. Gebruik die woordeboek en skryf die betekenis van elk van die volgende woorde of uitdrukkings neer. (Dit is belangrik om daarop te let dat die woordeboek verskeie moontlikhede mag gee. Julle moet dus weer kyk na die betekenis van die woord in sy bepaalde konteks.)

7.1 voorkoms (paragraaf 1)

7.2 stabiliteit (paragraaf 4)

7.3 navorsing (paragraaf 4)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask