<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 1

Speeltyd

Module 4

Speelgoed

  • Plak voorbeelde van speelgoed wat in die winkel te koop is in die blok hier onder. Maak ‘n merkie langs die speelgoed waarvan jy die meeste hou.
  • Kos jou speelding BAIE of MIN?

  • Omkring die regte woord:

Die beertjie kos min / baie

Die pop kos min / baie

Die trein kos min / baie

KLEUR DIE SPEELGOED WAT EWEVEEL KOS ROOI IN.

Kom ons kyk na al die ou speelgoed op die rak.

  • Van watter speelgoed hou jy die meeste?

Teken ‘n prentjie van enige een van die ou speelgoed.

My handskoenpop:

  • Teken ‘n gesiggie vir jou pop.
  • Maak van verskillende vorms soos ‘n driehoek, sirkel en vierkante gebruik.

Assessering

Learning Outcomes(LO’s) Leeruitkomstes(LUs)
EBWLU 1
EKONOMIESE SIKLUS Die leerder kan kennis en begrip van die ekonomiese siklus in die oplossing van die ekonomiese probleem toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.4 begin verstaan dat goedere ‘n prys het.
KUNS EN KULTUURLU1
SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGDie leerder kan werk skep, dit interpreteer en aanbied in elk van die verskillende kunsvorms – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.10 ( Visuele kuns ) - eenvoudige geometriese vorms soos sirkels, lyne, driehoeke en vierkante ontdek en dit kombineer en in patrone rangskik.

Memorandum:

Speelgoed kan in die klas uitgestal word.

Sorg dat daar genoeg tydskrifte beskikbaar is.

VERRYKING:

  • Teken ‘n prent wat vir ons meer van jou storie vertel.
  • Wys vir die leerders die video van Toy Story. Leerders teken hulle gunstelingkarakter .
  • Bespreek die eienskappe van die karakters (vriendelik, onbedagsaam, omgee, ens.).
  • Besoek ‘n speelgoedwinkel.
  • Vergelyk die pryse van verskillende speelgoed.
  • Reël ‘n modeparade met bv. Barbie of ander speelgoed.
  • Trek die klere van verskillende karakters aan, soos Superman, Cowboy, ens.
  • Hou ‘n resies met klein karretjies – werk in groepe.
  • Stasies met verskillende speletjies – tolgooi, touspring, “hop scotch”, rekspring. Leerders beweeg na ‘n sekere tyd en kry geleentheid om by elke stasie te speel.
  • Groepspeletjies – vrot eier; blinde mol; kat en muis, ens.
  • Maak ‘n handskoenpop. Hou eie poppekas.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11102/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede' conversation and receive update notifications?

Ask