<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aan die opvoeder:

Maak ‘n lys van vier regte waarop u voel leerders in u skool geregtig is. Bespreek dit met die klas en stel dan met hulle hulp een lys vir die hele klas saam.

[LU 1.1]

Ons verantwoordelikheid teenoor die regering

Een van die grootste verantwoordelikhede wat ons teenoor ons land het, is om te help met die instandhouding van alle fasiliteite soos paaie, sekere geboue en ontspanningsgeriewe, asook dienste soos onderwys, gesondheid en vele meer. Dit kos geld om hierdie fasiliteite en dienste in ‘n goeie toestand te hou en daarom moet elke landsburger wat ‘n inkomste verdien, belasting betaal.

Afgesien daarvan dat mense jaarliks belasting op hul inkomste en eiendom moet betaal, betaal ons almal ook belasting op byna alles wat ons koop.

  1. Bestudeer die volgende kasregisterstrokie:

T CASH DEALERS

Opdrag

  1. Beantwoord nou die vrae oor die kasregisterstrokie nadat julle dit in julle groepe bespreek het:

Hoe word die belasting op hierdie strokie aangedui?

Waarom dink jy is daar sekere items waarop daar nie belasting gehef word nie?

Waarom is dit belangrik dat alle landsburgers belasting betaal?

Hoe sal dit ons lewenstandaard beïnvloed, indien mense nie belasting betaal nie?

Wat is tans die persentasie belasting wat toegevoeg word op belasbare items?

[LU 1.4]

Kyk of jy die belasting op die volgende items kan bereken met behulp van jou sakrekenaar:

Tekkies @ R195 → ___________

Rekenaar @ R5 600 → ___________

Nuwe skooltas @ R60 → ___________

  1. Hier volg ‘n tipiese kwotasie wat aan ‘n kliënt uitgemaak word vir dienste/produkte wat gelewer sal word. Lees dit noukeurig en kyk veral na die fynskrif aan die regterkant, onderaan.

Posbus 171

KURUMAN

8460

Tel. 891 5555

Kliënt: ____________________________

Adres: ____________________________

____________________________

Aantal: 4 205/60 Goodyear buitebande…..R1 540,00

Kwotasie aanvaar: ______________________

Pryse sluit BTW uit

Daar is geen belasting by hierdie kwotasie ingesluit nie. Die bedrag wat die kliënt dan uiteindelik sal betaal, is die gekwoteerde bedrag plus die belasting wat daarby gevoeg moet word. So word baie mense dikwels gevang, want op groot bedrae maak die persentasie belasting wat toegevoeg word, ‘n baie groot verskil aan die oorspronklike gekwoteerde bedrag.

Daarom probeer die meeste besighede om dit so maklik as moontlik te maak vir hul kliënte deur die belasting uit die staanspoor by alle pryse te voeg sodat die kliënte van die begin af presies weet wat die artikel uiteindelik sal kos.

My bestaan

Almal droom drome – soos van jou eerste salaristjek en wat jy alles daarmee gaan koop. Ons fantaseer oor ons droommotor, daardie oorsese reis en jou droomhuis waarin jy eendag wil woon. Wanneer jy jou oë oopmaak, is jy egter nog steeds ‘n tiener.

Hoe voel jy oor die huidige kwaliteit van jou lewe. Is jy tevrede daarmee en wat sou jy graag wou verander? Watter faktore, dink jy, beïnvloed jou huidige lewenstandaard en wat kan jy doen om dit te verander/verbeter? Dink jy daar is ‘n kans dat jou drome waar kan word? Waarom?

Skryf ‘n paragraaf of twee waarin jy jou bestaan aan die hand van bogenoemde riglyne omskryf.

[LU 1.1]

Assessering

LU 1

DIE EKONOMIESE KRINGLOOP

Die leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

1.1 onderskei tussen verskillende vlakke van behoeftes en verduidelik hoe daar daarin voorsien kan word;

1.2 identifiseer en beskryf die staat se rol in die gebruik van hulpbronne en dienste;

1.4 onderskei tussen direkte belasting (bv. Inkomstebelasting) en indirekte belasting (bv. BTW, belasting op brandstof)

Memorandum

Laat gesprek toe waar nodig ten einde sinvolle response te formuleer

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 05, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10973/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask