<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 6

Module 9

Die boodskap in ‘n teks

Aktiwiteit 1:

Om na teks te luister en die boodskap daarin te identifiseer

[lu 1.1]

Twee artikels oor dieselfde onderwerp gaan aan jou voorgelees word. kyk of jy die verskuilde boodskap kan formuleer nadat jy na die twee gedeeltes geluister het.

Die Buksie Teen die B(l)om - 1

Al wat ek vir Kersfees vra, is Anna se lyf. In al sy twintigjarige glorie. En ek sal beslis nie nee sê vir Amanda se gesiggie nie – maar sal twee keer dink voor ek byna ‘n outydse voet aan lengte sal weggooi vir haar 1,52 m. Maar wat van oor 20 jaar? Wanneer Vader Tyd ook by mes. Kournikova en die dertigjarige Coetzer sy pond vleis kom eis. Daar is sewe tekens dat jou vel begin verouder, volgens ‘n peiling deur Proctor en Gamble se Oil of Olay: plooie en fyn lyntjies, ‘n dowwe voorkoms, vlekke, vergrote porieë en minder glans en soepelheid.

Alle plooie het nie dieselfde oorsaak nie. Sommige is die gevolg van die aantrekkingskrag van die aarde en weefsel wat uitsak – soos onder die oë, die nek en die kaak. Ander is die gevolg van spierbewegings soos fronslyne, plooie om die oë en lyne om die mond. Vel wat met ouderdom al hoe dunner word, is die oorsaak van fyn plooie op die wange. As jy boonop ‘n sonaanbidder is, rook, jou gewig te veel wipplank ry en jy net nie van stres ontslae kan raak nie, kan die plooie erger wees. Dr. Dirk Lazarus, plastiese chirurg van Kaapstad, sê die belangrikste faktor as dit by veroudering kom, is jou gene. “Kyk dus maar hoe lyk jou ma. Dan eers kom dit waaraan jy blootgestel word soos son, stres en rook. ‘n Mens sal bv. nie ‘n Karooboer sien wat nie gou oud lyk nie.”

Kournikova, wat in Rusland gebore is, woon in Miami in die Amerikaanse staat Florida. Coetzer, ‘n boorling van Hoopstad in die Vrystaat, bly meestal op Hilton Head-eiland in Suid-Carolina. Lazarus meen Coetzer is slegter daaraan toe weens haar blootstelling aan toestande in Suid-Afrika. Boonop is haar gesiggie skraler. “Anna se gesig is vetter en haar lippe voller. Vet vul die plooitjies en voue en voller gesigte lyk nie so gou oud nie.” ’n Mens moet natuurlik ook vra wanneer hulle ‘n sonskermmiddel begin gebruik het. ‘n Mens kan selfs aan jou eie liggaam ‘n groot verskil sien tussen die dele wat aan die son blootgestel word, en dié wat meestal bedek is.

Me. Elsa Kruger, skoonheidsredakteur van Women’s Value, sê sy wil nie eintlik een van die twee wees nie. “Tensy hulle getrou sonskerm gebruik, gaan hulle vol vlekke en plooie wees oor 20 jaar van tennisspeel in die son. Maar hulle sal mooi, gespierde lywe hê en beslis nie flappende bo-arms wat aanhou waai lank nadat jou hand opgehou wuif het nie.” Veroudering beïnvloed sportprestasies. Die enigste manier om dit te troef, is om te bly oefen. Tussen 30 en 60 jaar verminder jou spiermassa met minstens 30% en word van die weefsel deur vetweefsel vervang. As jy oefen as jy bo vyftig is, slaan jy boonop probleme soos hoë bloeddruk, meer liggaamsvet, been- en spierverlies, kraakbeen in die knieë en elmboë wat dunner word, osteoporose en kleiner longkapasiteit hok.

Questions & Answers

Ayele, K., 2003. Introductory Economics, 3rd ed., Addis Ababa.
Widad Reply
can you send the book attached ?
Ariel
?
Ariel
What is economics
Widad Reply
the study of how humans make choices under conditions of scarcity
AI-Robot
U(x,y) = (x×y)1/2 find mu of x for y
Desalegn Reply
U(x,y) = (x×y)1/2 find mu of x for y
Desalegn
what is ecnomics
Jan Reply
this is the study of how the society manages it's scarce resources
Belonwu
what is macroeconomic
John Reply
macroeconomic is the branch of economics which studies actions, scale, activities and behaviour of the aggregate economy as a whole.
husaini
etc
husaini
difference between firm and industry
husaini Reply
what's the difference between a firm and an industry
Abdul
firm is the unit which transform inputs to output where as industry contain combination of firms with similar production 😅😅
Abdulraufu
Suppose the demand function that a firm faces shifted from Qd  120 3P to Qd  90  3P and the supply function has shifted from QS  20  2P to QS 10  2P . a) Find the effect of this change on price and quantity. b) Which of the changes in demand and supply is higher?
Toofiq Reply
explain standard reason why economic is a science
innocent Reply
factors influencing supply
Petrus Reply
what is economic.
Milan Reply
scares means__________________ends resources. unlimited
Jan
economics is a science that studies human behaviour as a relationship b/w ends and scares means which have alternative uses
Jan
calculate the profit maximizing for demand and supply
Zarshad Reply
Why qualify 28 supplies
Milan
what are explicit costs
Nomsa Reply
out-of-pocket costs for a firm, for example, payments for wages and salaries, rent, or materials
AI-Robot
concepts of supply in microeconomics
David Reply
economic overview notes
Amahle Reply
identify a demand and a supply curve
Salome Reply
i don't know
Parul
there's a difference
Aryan
Demand curve shows that how supply and others conditions affect on demand of a particular thing and what percent demand increase whith increase of supply of goods
Israr
Hi Sir please how do u calculate Cross elastic demand and income elastic demand?
Abari
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask