<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 7

Uitdrukking en kommunikasie

Module 8

Om die oorsprong, doel en rol van liggaamsversiering te kan bespreek en waardeer

Visuele Kuns

Aktiwiteit 1:

Om die oorsprong, doel en rol van liggaamsversiering te kan bespreek en waardeer (individueel of groepwerk)

[lu 4.4]

Kyk na bogenoemde aanhaling en sê wat die volgende twee woorde vir jou beteken:

  • Persoonlike:
  • Versiering:

Bespreek dan die betekenis wanneer die twee woorde saamgevoeg word en kry EEN definisie.

Voltooi die volgende tabel op jou eie:

Noem die dele van die liggaam wat versier kan word. Hoe en waarmee kan ons daardie liggaamsdele versier? Wat is jou gevolgtrekking oor persoonlike versiering?

Juffrou of Meneer gaan nou na julle antwoorde luister en dit dan diagrammaties voorstel:

Voorbeeld:

Julle gaan in groepe werk om ‘n collage te maak. Kies eers watter liggaamsdeel julle as groep gaan versier, byvoorbeeld die oë, ore, gesig, hare, nek, hande, torso/bolyf, ensovoorts.

Voltooi dan die tabel:

Gesig Hare Ore Kop
Voete/bene Bolyf(torso) Hande/vingers

Gebruik ou tydskrifte en soek voorbeelde van beide liggaamsversiering en geen of nie-liggaamsversiering . Skeur dit uit en plak die prentjies in collage-vorm op die ongedrukte koerantpapier. Plak die voorbeelde van liggaamsversiering aan die linkerkant van die vel papier en die voorbeelde van geen of nie-liggaamsversiering aan die regterkant. So kan julle byvoorbeeld ‘n persoon met ‘n hoed links plak en ‘n persoon sonder ‘n hoed aan die regterkant. Sit al die collages teen die klaskamer se mure op.

Skryf neer watter helfte julle verkies en hoekom.

Deur na die verskillende collages op die mure en veral die illustrasies in julle leerdermodules te kyk, moet julle die volgende vrae op julle eie beantwoord:

  1. Wat is skoonheid?
  2. Beteken skoonheid dieselfde vir almal?
  3. Bestaan daar verskillende tipes skoonheid?
  4. Noem ‘n paar voorbeelde van die veranderinge wat mense deurgaan om skoonheid te verkry.

Bespreek vervolgens die illustrasies op die volgende bladsye soos volg:

  1. Hoe het die persone in die illustrasies hulself versier?
  2. Wat was die doel van die versiering?
  3. Hoe vergelyk hierdie gewoontes van versiering met julle eie kulturele sienings van skoonheid?
  4. Is daar enige ooreenkomste en/of verskille?

Agtergrondinligting

  • LIGGAAMSVERSIERING behels onder andere die verf van die liggaam, tatoeëring, die maak van gaatjies (‘piercing’) en dekoratiewe insnyding of inbranding op die vel (‘scarification’). Die ontstaan van liggaamsversiering was vir rituele, vir estetiese of medisinale doeleindes, asook magiese of godsdienstige byeenkomste. Prehistoriese begrawings, rotsskilderye en -kerfwerk getuig daarvan dat liggaamsversiering reeds in antieke tye bestaan het. Maar dit word vandag nog steeds beoefen. In sekere etniese stamme word dit gedoen om godsdienstige redes of as verbond met ‘n spesifieke god, maar dit kan ook dien as beskerming teen die bose magte, byvoorbeeld siektes. Deur merke op die liggaam aan te bring, dui ook op identifisering met ‘n sekere groep, soos ‘n stam, of as bewys van persoonlike rang of status binne ‘n groep.
  • Voorbeelde van liggaamsverf is die rooi oker wat in prehistoriese uitgrawings gekry is, kohl wat in Asië gebruik word om die skoonheid van die oë te beklemtoon, die gebruik van henna op die vingernaels in die Midde-Ooste en die oorlogverf van sommige Amerikaanse en Afrika-stamme. Mehndi, henna liggaamsversiering en -kuns, het een van die gewildste vorms van tydelike liggaamskuns geword. Mehndi, die antieke Indiese kuns van henna-ontwerp, is deesdae ‘n gewilde bykomstigheid in die modewêreld. Madonna het dit beroemd gemaak in haar ‘Ray of Light’-video en toe weer by die 1998 MTV Video Awards-seremonie met ontwerpe op haar gesig en hande. Liv Tyler het dit op die voorblad van Vanity Fair vertoon en Naomi Campbell op die mode-loopplank.
    Henna-aanwending is ‘n tradisionele manier in die Midde-Ooste en Indiese subkontinent om skoonheid te verhoog. Henna is ‘n natuurlike rooibruin kleursel wat tot ‘n pasta gemaak en op hande en voete geverf word om pragtige patrone en ontwerpe te skep.
  • Die gebruik van henna het in Egipte en die Midde-Ooste ontstaan gedurende antieke tye, nog voor die verspreiding van Islam. Dit is ‘n kulturele aktiwiteit en het nie ‘n godsdienstige funksie nie. Dit het in ongeveer gedurende die 12de eeu na Indië versprei en is tradisioneel gebruik om ‘n bruid voor haar troue mooi te maak. Vandag dra vroue in die Midde-Ooste en Indië dit dikwels na troues of ander groot feeste soos Diwale, die Hindoe Nuwejaar. Maar dikwels dra vroue henna slegs as ‘n modestelling.
  • Henna, ‘n natuurlike rooi poeier, kan in kruideniersware-winkels, wat in Midde-Oosterse en Indiese kosse spesialiseer, gevind word. Die poeier word dan met tee, suurlemoensap of olies gemeng om ‘n pasta te maak. Wanneer dit aangewend word op die vel, vlek dit die boonste lae en hou vir ongeveer vier weke. Dit kan met ‘n verfkwas, tandestokkies of oorpluisies aangewend word. Wanneer die henna eers droog is, kan dit afgetrek word.
  • Vandag is liggaamsverf steeds in gebruik onder vele stamme gedurende rituele en seremonies. In meer ‘beskaafde’ vorm sien ons dit daagliks in die vorm van grimering.
  • Tatoeëring is ‘n verdere uitbreiding van liggaamsverf en is, in teenstelling met liggaamsverf, permanent. Die woord is afgelei van die Tahitiese woord tatau wat beteken ‘om te merk’. Voorbeelde is al so vroeg as 2000 v.C. op Egiptiese en Nubiese mummies gevind. Daar word gereeld na tatoeëring verwys deur klassieke skrywers, veral in verband met die ou Griekse en Romeinse tydperke. Gedurende laasgenoemde tydperk is slawe en misdadigers deur die Romeine getatoeëer, maar met die aanvang van die Christelike geloof is tatoeëring verbied in Europa. In die Midde-Ooste en ander dele van die wêreld het dit egter bly voortbestaan.
  • Tatoeëring is ‘n wêreldwye verskynsel – vanaf Indiaanstamme in Amerika, die Eskimo’s, Polynisiërs en Maleisiërs, die Maori’s in Nieu-Zeeland en die Japannese tot in Afrika. Verskillende tegnieke is aangewend deur die onderskeie groepe, soos byvoorbeeld eenvoudige prikmerke by die Indiane en Eskimo’s tot messnye met kleurpigmente by die Ibo-stam in Nigerië (kyk na die popsanger Seal as voorbeeld).
  • Tatoeëring is herontdek gedurende ontdekkingsreise en so het tatoeëer-salonne ontstaan waarheen Europese en Amerikaanse matrose vir spesiale ontwerpe gegaan het. Die eerste elektriese implement vir tatoeëring is in 1891 in Amerika gepatenteer. Gedurende die 19de eeu is vrygelate Amerikaanse misdadigers en Britse weermagdrosters geïdentifiseer deur tatoeëring en later is gevangenes in Siberiese tronke en in Nazi konsentrasiekampe op dieselfde wyse gemerk. In die 20ste eeu identifiseer straatbendes en motorfietsbendes hulself deur middel van tatoeëring. Daar was ‘n kortstondige modegier laat gedurende die 19de eeu onder die Engelse hoëlui om hulle te laat tatoeëer. Sedert die 1990’s het hernude belangstelling in tatoeëring ontstaan en tot vandag nog is dit ‘n besonder gewilde manier van liggaamsversiering in baie kulture. In sommige lande is tatoeëring egter verbied nadat bevind is dat ontdekking van die MIV –VIGS verspreiding geskied deur onder andere besmette naalde. Voorheen is die Israeliete in die Ou Testament teen tatoeëring gewaarsku. Mohammed het dit verbied en in 787nC. het die Rooms-Katolieke Kerk dit verdoem.
  • Onder die tieners van vandag is liggaamsverwe of aanplaktatoeëring baie gewilder as gevolg van die tydelikheid en veranderlikheid daarvan.
  • Tatoeëring is baie skaars onder die donkerkleurige mense van sub-Sahara-Afrika en Australië, waar permanente liggaamskuns neig na dekoratiewe insnyding of inbranding op die vel (‘scarification’) . Dis baie dieselfde as tatoeëring aangesien kleursel ook dikwels gebruik word. Wanneer kleursel gebruik word in die proses, lyk dit asof die persoon ‘n opgehewe tatoeëring het aangesien dit ‘n opgehewe patroon op die vel laat. Dit is ‘n lang en baie pynlike proses wat Afrika-meisies deurgaan wanneer hulle puberteit bereik. Met puberteit is die meisie gereed om te trou en hierdie patrone is veronderstel om haar aantrekliker vir die mans te maak. Die mans vind die patrone pragtig om na te kyk en daaraan te voel. Die patrone getuig boonop daarvan dat die vrou die pyn van kindergeboorte sal kan hanteer.
  • Hierdie tipe liggaamsversiering was gedurende antieke tye gebruik om slawe letterlik as eiendom te brandmerk. Tot laat in die 19de eeu is die gebruik ook in Europa aangewend om misdadigers uit te ken.
  • Behalwe vir magiese doeleindes of rituele gebruik, is hierdie kunsvorm ook aangewend vir die klaarblyklike helende magte wat dit besit. Verskeie vorms kom in Afrika voor, onder andere die rek van lippe en oorlelle, die slyp van tande en die platmaak van kopbene.
  • In sommige Afrika-kulture dien liggaamsversiering, tesame met musiek, as ‘n manier van nie-verbale kommunikasie. So kan ‘n vrou van Wes-Afrika byvoorbeeld boodskappe aan haar man, familie en vriende oordra deur die spesifieke doek, juweliersware of haarstyl wat sy dra.

Aktiwiteit 2:

Om self liggaamsversiering te ontwerp (individueel)

[lu 4.4]

Gedurende hierdie aktiwiteit kry julle die geleentheid om self kreatief te wees. Nadat jy besluit het watter liggaamsdeel jy ‘n versiering wil ontwerp, moet jy besluit of die ontwerp vir byvoorbeeld aanplak- tatoeëring of henna gaan wees en tydens watter geleentheid, ritueel of seremonie dit gedra sal word.

Die ontwerp kan eers in potlood gedoen word en daarna met ink, waarvan die kleur of kleure gekies kan word.

Wees oorspronklik met jou ontwerp!

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
UITDRUKKING EN KOMMUNKASIE Die leerder is in staat om te analiseer en ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
MUSIEK (4.3)
  • die doel, funksie en rol van verskillende instrumente wat in inheemse, tradisionele of Westerse vorms van musiek in Suid-Afrika gebruik word, kan ondersoek en verduidelik.
DRAMA (4.2)
  • ‘n voorbeeld van inheemse opvoerings soos lofdigte of volksverhale kan navors en aanbied.
DANS (4.1)
  • die doel en funksie van verskillende vorms van tradisionele, klassieke en inheemse danse beskikbaar in Suid-Afrika en wat nasionale erfenis reflekteer, kan ondersoek en aanbied;
VISUELE KUNS (4.4)
  • die oorsprong, doel en rol van tekens, nasionale of tradisionele simbole, standbeelde, gedenkplekke, liggaamsversiering, kunswerke, drag en argitektuur kan ondersoek en aanbied.

Questions & Answers

differentiate between demand and supply giving examples
Lambiv Reply
differentiated between demand and supply using examples
Lambiv
what is labour ?
Lambiv
how will I do?
Venny Reply
how is the graph works?I don't fully understand
Rezat Reply
information
Eliyee
devaluation
Eliyee
t
WARKISA
hi guys good evening to all
Lambiv
multiple choice question
Aster Reply
appreciation
Eliyee
explain perfect market
Lindiwe Reply
In economics, a perfect market refers to a theoretical construct where all participants have perfect information, goods are homogenous, there are no barriers to entry or exit, and prices are determined solely by supply and demand. It's an idealized model used for analysis,
Ezea
What is ceteris paribus?
Shukri Reply
other things being equal
AI-Robot
When MP₁ becomes negative, TP start to decline. Extuples Suppose that the short-run production function of certain cut-flower firm is given by: Q=4KL-0.6K2 - 0.112 • Where is quantity of cut flower produced, I is labour input and K is fixed capital input (K-5). Determine the average product of lab
Kelo
Extuples Suppose that the short-run production function of certain cut-flower firm is given by: Q=4KL-0.6K2 - 0.112 • Where is quantity of cut flower produced, I is labour input and K is fixed capital input (K-5). Determine the average product of labour (APL) and marginal product of labour (MPL)
Kelo
yes,thank you
Shukri
Can I ask you other question?
Shukri
what is monopoly mean?
Habtamu Reply
What is different between quantity demand and demand?
Shukri Reply
Quantity demanded refers to the specific amount of a good or service that consumers are willing and able to purchase at a give price and within a specific time period. Demand, on the other hand, is a broader concept that encompasses the entire relationship between price and quantity demanded
Ezea
ok
Shukri
how do you save a country economic situation when it's falling apart
Lilia Reply
what is the difference between economic growth and development
Fiker Reply
Economic growth as an increase in the production and consumption of goods and services within an economy.but Economic development as a broader concept that encompasses not only economic growth but also social & human well being.
Shukri
production function means
Jabir
What do you think is more important to focus on when considering inequality ?
Abdisa Reply
any question about economics?
Awais Reply
sir...I just want to ask one question... Define the term contract curve? if you are free please help me to find this answer 🙏
Asui
it is a curve that we get after connecting the pareto optimal combinations of two consumers after their mutually beneficial trade offs
Awais
thank you so much 👍 sir
Asui
In economics, the contract curve refers to the set of points in an Edgeworth box diagram where both parties involved in a trade cannot be made better off without making one of them worse off. It represents the Pareto efficient allocations of goods between two individuals or entities, where neither p
Cornelius
In economics, the contract curve refers to the set of points in an Edgeworth box diagram where both parties involved in a trade cannot be made better off without making one of them worse off. It represents the Pareto efficient allocations of goods between two individuals or entities,
Cornelius
Suppose a consumer consuming two commodities X and Y has The following utility function u=X0.4 Y0.6. If the price of the X and Y are 2 and 3 respectively and income Constraint is birr 50. A,Calculate quantities of x and y which maximize utility. B,Calculate value of Lagrange multiplier. C,Calculate quantities of X and Y consumed with a given price. D,alculate optimum level of output .
Feyisa Reply
Answer
Feyisa
c
Jabir
the market for lemon has 10 potential consumers, each having an individual demand curve p=101-10Qi, where p is price in dollar's per cup and Qi is the number of cups demanded per week by the i th consumer.Find the market demand curve using algebra. Draw an individual demand curve and the market dema
Gsbwnw Reply
suppose the production function is given by ( L, K)=L¼K¾.assuming capital is fixed find APL and MPL. consider the following short run production function:Q=6L²-0.4L³ a) find the value of L that maximizes output b)find the value of L that maximizes marginal product
Abdureman
types of unemployment
Yomi Reply
What is the difference between perfect competition and monopolistic competition?
Mohammed
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11026/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask