<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 6

Die sakeplan

Module 7

Wat is ‘n sakeplan?

Die Sakeplan

"Plan your work and work your plan. If you fail to plan, you plan to fail."

Ancient entrepreneurial truth

Ja, dit is waar, daar is vandag baie suksesvolle besigheidsmense wat toevallig, sonder veel beplanning, ‘n sukses van hul “ondernemings” gemaak het. As hulle dit kon doen, dan kan ons seker ook.

Kom ons kyk na die eenvoudige voorbeeld van vleisbraai. Om sonder enige gereedskap vleis te braai, is seker moontlik, maar om dit met behulp van ‘n rooster en braaiknyptang te doen, is darem veel makliker en minder pynlik. Deur die regte gereedskap te gebruik, verhoog ons net ons kanse op sukses.

Wat is ‘n sakeplan?

Dit is ‘n dokument wat deur ‘n entrepreneur opgestel word om aan te dui wat die aard van die besigheid is en watter stappe gevolg gaan word ten einde ‘n suksesvolle besigheid daarvan te maak. Dit is soos ‘n handleiding of padkaart waarteen die entrepreneur hom/haarself voortdurend kan toets om te bepaal of hy/sy nog op die regte spoor is. Daar is veral drie redes waarom dit belangrik is vir enige voornemende sakepersoon om ‘n deeglike sakeplan op te stel:

  • Dit gee die voornemende sakepersoon ‘n aanduiding of hy/sy regtig by daardie spesifieke soort besigheid betrokke moet raak.
  • Die sakeplan behoort die gevaarsones aan te dui.
  • Dit dien as ‘n deurlopende kontrole vir die entrepreneur of hy/sy nog op die regte spoor is.
  • Dit dien as ‘n handige dokument vir buite-instansies, soos banke, om te bepaal of hulle by die besigheid betrokke wil/kan raak.

Watter inligting behoort daar in ‘n sakeplan saamgevat te wees?

‘n Sakeplan behoort antwoorde op die volgende vrae te verskaf:

  • Wie sal belangstel om die produk/diens te koop?
  • Waarom sal hulle dit wil bekom?
  • Hoe gaan die produk/diens bevorder word?
  • Hoeveel gaan die bemarking kos?
  • Wie gaan die produk/diens aflewer/vervaardig en hoeveel gaan dit kos?
  • Hoe gaan die besigheid georganiseer en bestuur word?
  • Waar gaan die geld vandaan kom om die besigheid mee te begin?
  • Gaan die besigheid winsgewend wees?

Assessering

LU 4
ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel.
Ons weet dit as die leerder die volgende doen :
4.2 identifiseer ‘n verskeidenheid moontlike sakegeleenthede in die gemeenskap (skoolkoöperasies, sport, vermaak, toerisme);
4.3 ontwerp ‘n reklameveldtog as promosie vir ‘n produk wat winsgewend sal wees;
4.4 ontwikkel en implementeer ‘n eenvoudige sakeplan vir ‘n handels- of diensonderneming wat van die huis of die skool bedryf kan word;
4.5 beskryf hoe die vier elemente van die bemarkingsamestelling in ‘n eenvoudige sakeaktiwiteit gekombineer word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11012/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask