<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: aardrykskunde

Graad 8

Nedersettings

Module 5

Vervoer

1. Verbeterde verkeersmiddele

In die jare voordat fabrieke opgerig is om produkte op groot skaal te maak het mense op klein skaal by hulle huise of in kleiner geboue hulle werk gedoen. Hulle moes werk toe stap en het dus so na as moontlik aan hulle werk gebly. Teen die middel van die 19de eeu (omtrent 1825 – 1875) het die nywerheidsomwenteling gekom, masjiene is vervaardig, die eerste motors is gebou en fabrieke is opgerig. Daarna het die vervoermiddele vinnig ontwikkel en spoedig was dit nie net die motor nie, maar trems, stoomtreine en later elektriese treine, moltreine, busse en vinnige motors. Skielik kon die mense nou verder van hulle werkplekke bly en dit het veroorsaak dat die grense van dorpe en stede baie vinnig groter geword het. Dit het ‘n groot invloed op die stad se beeld van binne en buite gehad, bv.

  • mense se werkplekke en slaapplekke is al verder weg van mekaar aangetref;
  • verskillende tipes woongebiede (hoëklas, middelklas en werkersklas)- en werkgebiede (kantoorblokke en winkels in die middedorp; fabrieke op die rand van die dorp) het ontstaan;
  • hoë geboue het in die middestad / dorp ontstaan want almal wou daar wees, grond het duurder geword en mense het begin om geboue “bo-op mekaar” (verdiepings) te bou; ‘n nuwe vervoermiddel, die hysbak, het ontstaan;
  • paaie en spoorlyne is gebou en mense het hulle huise en besighede daarlangsaan opgerig – so het dorpe en stede allerhande vorme begin aanneem as jy van bo af sou kyk, bv. die middedorp met al sy paaie en geboue daarlangsaan lyk stervormig. (FOTO VAN DORP SIEN 301)
  • groot dele van dorpe / stede is geteer vir parkering, strate is verbreed en betonoerwoude het ontstaan.;
  • baie van die funksies wat slegs in die middedorp (SSK - Sentrale Sakekern) aangetref is, soos bioskope, groter winkels, kantore, ens. het na die voorstede verskuif. Groot winkelsentrumkomplekse, soos Tygervalleisentrum en Eastgate is gebou en het huisvesting gebied vir ‘n groot aantal funksies bymekaar. Eenstopinkopiegeriewe met genoeg parkeerplek en minder verkeer lok groot getalle mense elke dag;
  • die stad het skielik baie vinnig in feitlik alle rigtings uitgebrei en dit is nou moeilik om te bepaal watter vorm ‘n stad aanneem – meeste stede is basies vormloos.

2. Hoe het hierdie ontwikkeling die mense in ons land geraak?

Ons weet reeds dat die stad ‘n geweldige aantrekkingskrag het en dat letterlik duisende nuwe intrekkers daagliks na groter dorpe en stede trek, sommige omdat hulle verplaas is en reeds werk het en andere met die hoop dat hulle werk sal kry en ‘n beter bestaan kan maak. Kom ons probeer ‘n beeld skep van die gevolge van die geweldige uitbreiding van dorpe en stede:

  • mense beweeg om verskeie redes na die stad soos hierbo gemeld. Daar word bereken dat daar tussen 10 000 en 15 000 nuwe intrekkers elke maand in die groter Kaapstad-gebied intrek. Sommige van hulle (klein groepie) het werk, is verplaas of verander van omgewing en hulle is gewoonlik finansieel sterk. Die oorgrote meerderheid hoop egter hulle kry werk en kom om ‘n beter bestaan te probeer maak. Ons fokus eers meer op hierdie groep;
  • as die mense hier aankom het hulle geen woon- of werkplek nie. Hulle beweeg dus na die buiterand van die stad waar hulle informele huise oprig. Dit het aanleiding gegee tot die ontstaan van reuse dorpsgebiede soos Khayalitsha, Kruispad, Guguletu, Soweto, ens;
  • aangesien die mense nie geld of werk het nie, leef hulle in haglike omstandig-hede. Daar is nie ordentlike sanitêre geriewe nie, ook nie altyd skoon water of wasgeriewe nie. Bowenal is hulle honger en ‘n honger mens sal enigiets doen om kos te kry, ook steel as dit moet;
  • dit veroorsaak dat misdaad toeneem. Werklose mense is bedags by die huis terwyl ander gaan werk. Die werkendes word of deur die dag besteel of hulle word saans deur bendes voorgelê en van hulle geld beroof;
  • aangesien die informele dorpe meestal onbepland is, is die mense ook aan die natuur, soos storms, oorstromings, ens. blootgestel en staan hulle huise menigmaal in die water as dit gereën het;
  • om warm te bly moet hulle vuurmaak en om kos gaar te maak moet hulle of gas of primusstofies, wat met lampolie werk en hoogs ontvlambaar is, gebruik. Ons hoor en lees kort-kort van groot brande wat in die informele dorpe uitbreek en honderde hutte afbrand – partykeer sterf mense en meestal verloor hulle al hulle besittings;
  • diegene wat wel werk het moet soggens die trein of bus of taxi (‘n nuwe bedryf wat ontstaan het a.g.v. tekort aan vervoer) haal en omdat die werkplek partykeer baie ver van die woonplek is, moet hulle al baie vroeg hulle huise verlaat en kom hulle saans baie laat weer terug. So verwaarloos hulle ook hulle eie kinders wat op hulleself aangewese is elke dag;
  • baie jonger mense en kinders begin bedel in die middestad. Kinders gaan nie skool toe nie maar bly op straat en slaap op winkelstoepe, terwyl sommige probeer om informele huise van plastiek en sak op enige moontlike oop ruimte, te bou. ‘n Mens sien hulle selfs op die eilande tussen die hoofpaaie op die N1 en onder brûe;
  • die koms van die motorvoertuig dra ook grootliks by tot lugbesoedeling in die stad en ‘n groot deel van die bruin luglaag wat ons gereeld oor die stad sien hang, is afkomstig van die uitlaatgasse van motorvoertuie;
  • die mense wat finansieel sterk is kan huise bekostig, bly in een of ander van die voorstede en ry met hulle privaatmotors werk toe.

Die finansiële vermoëns van mense bepaal dus watter tipe vervoer hulle gebruik en dit het ‘n groot invloed op waar hulle woon en werk.

  • Mense wat dit kan bekostig maak hoofsaaklik van die privaatmotor en/of ryklubs gebruik om by hulle werk te kom. Dit beteken dat hulle groter vryheid het om ‘n huis te koop waar hulle wil.
  • Mense wat behoeftig of armer is se keuses is beperk. As hulle nie binne stapafstand van hulle werk woon nie, moet hulle of naby ‘n busstop of stasie woon om soggens by hulle werk te kom, anders moet hulle stap. Dit is verbasend hoe baie mense soggens lang afstande werk toe stap omdat hulle nie die vervoer kan bekostig nie.

Aktiwiteit 1:

Om inligting deur middel van opnames te bekom

[lu 1.7]

Hierdie gedeelte oor verkeersmiddele kan as geheel met plaaslike opnames deur leerders gedoen word, bv.

1. Maak ‘n opname in julle klas van hoe leerders by die skool kom. Maak ‘n evalueringsruit (grid) en skryf die verskillende soorte vervoer bo-aan, bv. bus, trein, privaatmotor, stap, ens.

2. Maak ‘n tweede opname en bepaal die afstande wat leerders naastenby van die skool bly en vergelyk dit met die vervoermiddels wat hulle gebruik.

3. Laat individuele leerders elk ‘n eie evalueringsruit opstel en ‘n opname by hulle ouers doen oor die volgende aspekte: waar werk hulle, hoe kom hulle by die werk – verskillende soorte vervoer, ryklubs, ens.

4. Maak ‘n opname by die skool onder die werkers en bepaal waar hulle woon en hoe hulle by die werk kom. Vra vrae soos: hoe laat gaan julle soggens by die huis weg? Hoe laat kom julle by die huis? Hoe kom julle kinders by die skool? ens. vergelyk die verskillende stelle inligting met mekaar – wat vind julle?

5. Maak ‘n lys van probleme wat mense in groot dorpe en stede ondervind wat met verkeer te doen het, bv. verkeersknope; baie tyd wat verlore gaan omdat mense in stadige verkeer sit; swak vervoermiddels in lae sosio-ekonomiese gebiede; gevaar op voorstedelike treine, ens. (Doen op aparte folio en voeg by module)

  • Identifiseer die DRIE grootste of ernstigste probleme. Verdeel die klas in DRIE groepe en elk neem een probleem deur die stappe van probleemoplossing. Doen moontlike oplossings aan die hand en kom dra dit op een of ander manier voor in die klas.
  • Hou ‘n klasbespreking / paneelbespreking oor die rol van verkeersmiddele in die lewens van mense in verskillende sosio-ekonomiese groepe.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • 1.2 inligting uit kaarte en atlasse en uit grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne];
  • 1.5 inligting in die veld waarneem en dit opteken [werk met bronne];
  • 1.7 op verskeie maniere verslag doen oor kennis wat tydens die ondersoek verkry is deur ‘n redenasie gegrond op inligtingsbronne te formuleer; gebruik kaarte, diagramme en grafika; gebruik, waar moontlik, rekenaars in die aanbieding [dra die antwoord oor].

Questions & Answers

Is there any normative that regulates the use of silver nanoparticles?
Damian Reply
what king of growth are you checking .?
Renato
What fields keep nano created devices from performing or assimulating ? Magnetic fields ? Are do they assimilate ?
Stoney Reply
why we need to study biomolecules, molecular biology in nanotechnology?
Adin Reply
?
Kyle
yes I'm doing my masters in nanotechnology, we are being studying all these domains as well..
Adin
why?
Adin
what school?
Kyle
biomolecules are e building blocks of every organics and inorganic materials.
Joe
anyone know any internet site where one can find nanotechnology papers?
Damian Reply
research.net
kanaga
sciencedirect big data base
Ernesto
Introduction about quantum dots in nanotechnology
Praveena Reply
what does nano mean?
Anassong Reply
nano basically means 10^(-9). nanometer is a unit to measure length.
Bharti
do you think it's worthwhile in the long term to study the effects and possibilities of nanotechnology on viral treatment?
Damian Reply
absolutely yes
Daniel
how to know photocatalytic properties of tio2 nanoparticles...what to do now
Akash Reply
it is a goid question and i want to know the answer as well
Maciej
characteristics of micro business
Abigail
for teaching engĺish at school how nano technology help us
Anassong
Do somebody tell me a best nano engineering book for beginners?
s. Reply
there is no specific books for beginners but there is book called principle of nanotechnology
NANO
what is fullerene does it is used to make bukky balls
Devang Reply
are you nano engineer ?
s.
fullerene is a bucky ball aka Carbon 60 molecule. It was name by the architect Fuller. He design the geodesic dome. it resembles a soccer ball.
Tarell
what is the actual application of fullerenes nowadays?
Damian
That is a great question Damian. best way to answer that question is to Google it. there are hundreds of applications for buck minister fullerenes, from medical to aerospace. you can also find plenty of research papers that will give you great detail on the potential applications of fullerenes.
Tarell
what is the Synthesis, properties,and applications of carbon nano chemistry
Abhijith Reply
Mostly, they use nano carbon for electronics and for materials to be strengthened.
Virgil
is Bucky paper clear?
CYNTHIA
carbon nanotubes has various application in fuel cells membrane, current research on cancer drug,and in electronics MEMS and NEMS etc
NANO
so some one know about replacing silicon atom with phosphorous in semiconductors device?
s. Reply
Yeah, it is a pain to say the least. You basically have to heat the substarte up to around 1000 degrees celcius then pass phosphene gas over top of it, which is explosive and toxic by the way, under very low pressure.
Harper
Do you know which machine is used to that process?
s.
how to fabricate graphene ink ?
SUYASH Reply
for screen printed electrodes ?
SUYASH
What is lattice structure?
s. Reply
of graphene you mean?
Ebrahim
or in general
Ebrahim
in general
s.
Graphene has a hexagonal structure
tahir
On having this app for quite a bit time, Haven't realised there's a chat room in it.
Cied
what is biological synthesis of nanoparticles
Sanket Reply
how did you get the value of 2000N.What calculations are needed to arrive at it
Smarajit Reply
Privacy Information Security Software Version 1.1a
Good
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get the best Algebra and trigonometry course in your pocket!





Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11035/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask