<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Die planeet aarde en die heelal

Module 49

Die seisoene in die poolstreke

Aktiwiteit:

Om oor lewe in die poolstreke te kan gesels

[lu 1.3]

As ‘n mens na die aardbol kyk, is die Noordpool bo en die Suidpool is onder. Die noordpoolgebied word ook Arktika, en die suidpoolgebied word ook die Antarktika genoem. Dit is van die koudste dele in die hele wêreld en baie dele is die hele jaar met ys bedek.

Soorte ys

Ys wat op land vorm, word ysdekke genoem.

Ysriviere wat in die berge vorm en stadig deur die land na die see beweeg, word gletsers genoem.

Drywende ys wat op die see vorm, word pakys genoem.

  • Soos die aarde rondom die son wentel, verander die weer in patrone van seisoene. Gedurende die warm maande van die somer bereik meer sonligenergie die aarde as in die koue wintermaande. Hoe nader aan die pole ‘n mens woon, hoe duideliker is die verandering. Baie plante en diere se leefwyse is volgens die seisoene aangepas.

Herfs

  • Gedurende die herfs begin baie diertjies gereed maak vir die winter wanneer dit vir sommige diere moeilik is om kos te vind. Hulle maak dus kos bymekaar en bêre dit op ‘n veilige plek. Sommige voëls migreer na warmer dele van die wêreld.
  • Sommige bome verloor hulle blare in die herfs.

Winter

  • Die meeste diere se pels begin dikker word om aan te pas by die winterkoue. Hulle het net ‘n paar dinge nodig om die winter te oorleef, nl. kos, skuiling en water. Sommige diere eet baie kos net voor die ergste winterkoue en gaan slaap dan om energie te bespaar. Ons sê hulle hiberneer. Jy kan voëls in jou tuin help om te oorleef deur vir hulle kossies op ‘n voertafel te gee.
  • Die bome wat hulle blare verloor het, bewaar die nuwe blaartjies in die botsels vir die volgende jaar.

Lente

  • Die bloeisels en botsels is nou oral te sien wanneer nuwe blaartjies en blomme te voorskyn kom. Diertjies begin nou weer aktief raak en maak hulle skuilings gereed, indien daar dalk kleintjies gaan kom. Diere wat gehiberneer het, word nou wakker. Die warmte van die lente en die lentereën laat die grassies weer groei vir die diere om te eet.
  • Die voëls wat migreer het, kom nou terug en begin nessies bou vir die kleintjies. Wanneer die eiertjies in die laat lente uitbroei, sal daar genoeg insekte vir hulle wees om te eet.

Somer

  • Plante groei nou vinnig, want daar is baie sonlig. Diere soek skuiling in die skaduwee as dit te warm word. Baie diere kry nou kleintjies wat opgepas of versorg moet word. Diere soek water om koel te bly.

Hou ‘n uitstalling van elke seisoen in julle klas. Bring enigiets skool toe wat met ‘n spesifieke seisoen te doen het.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

Memorandum

Mnr. Breinsel:

  • Hoekom is dit so koud by die pole?Antwoord:
  • Wanneer die son op die aarde se middellyn skyn, is al die sonstrale bymekaar en daarom is dit so warm daar. Soos die aarde na bo en onder ‘n bol vorm, versprei die sonstrale oor ‘n wyer area, dus raak die sonstrale swakker en dus is die pole koud.

Mnr. Breinsel:

  • Hoe vorm ‘n ysberg?
  • maak vir jouself een om te kyk watter groot deel onder die water is en watter deel bo uitsteek. watter gevaar hou dit vir skepe in? watter skip het so gesink in 1912?Antwoord:
  • Maak ‘n plastieksakkie vol water en vries dit. Haal die bevrore ys uit die sakkie en sit dit ‘n bak vol water. Kyk nou watter groot deel bly onder die water!
  • Groot dele van die ys van ysdekke en gletsers breek af en dryf op die see, maar soos hulle dieper na die warmer see toe dryf, smelt dit en breek op, maar sommige ysberge kan tot drie jaar neem om te smelt.
  • Titanic

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask